Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Galasiërs 1
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Galasiërs

      • Groete (1-5)

      • Geen ander goeie nuus nie (6-9)

      • Goeie nuus wat Paulus verkondig, kom van God (10-12)

      • Paulus se bekering en vroeë bedrywighede (13-24)

Galasiërs 1:1

Kruisverwysings

  • +Han 9:15; 26:15, 16
  • +Han 22:14, 15

Galasiërs 1:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 217

Galasiërs 1:4

Voetnote

  • *

    Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +1Jo 2:1, 2
  • +Joh 15:19
  • +1Ti 2:3, 4

Galasiërs 1:6

Kruisverwysings

  • +2Kor 11:3, 4; Ga 5:7

Galasiërs 1:7

Kruisverwysings

  • +Ga 5:10

Galasiërs 1:11

Kruisverwysings

  • +1Te 2:13

Galasiërs 1:13

Voetnote

  • *

    Lett. “tot die uiterste”.

Kruisverwysings

  • +Han 23:6
  • +Han 8:3; 9:1, 2; 22:4; 26:9-11

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (1999),

    1999/6/15, bl. 29-30

Galasiërs 1:14

Kruisverwysings

  • +Han 22:3; Flp 3:4-6

Galasiërs 1:15

Voetnote

  • *

    Lett. “wat my van my moeder se baarmoeder afgesonder het”.

Kruisverwysings

  • +1Kor 15:10

Galasiërs 1:16

Voetnote

  • *

    Lett. “vlees en bloed”.

Kruisverwysings

  • +Han 9:15; Ro 11:13

Galasiërs 1:17

Kruisverwysings

  • +Han 9:19

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/5/15, bl. 22

    2005/1/15, bl. 28

Galasiërs 1:18

Voetnote

  • *

    D.w.s. Petrus.

Kruisverwysings

  • +Han 9:26
  • +Joh 1:42; 1Kor 15:5

Indekse

  • Navorsingsgids

    Getuig, bl. 12

    Die Wagtoring,

    2007/6/15, bl. 15-17

Galasiërs 1:19

Kruisverwysings

  • +Mt 13:55; Han 12:17

Indekse

  • Navorsingsgids

    Getuig, bl. 112

    Die Wagtoring,

    2007/6/15, bl. 16-17

Galasiërs 1:21

Kruisverwysings

  • +Han 9:29, 30

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2000/7/15, bl. 26

Galasiërs 1:23

Kruisverwysings

  • +Ga 1:13
  • +Han 8:3

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Gal. 1:1Han 9:15; 26:15, 16
Gal. 1:1Han 22:14, 15
Gal. 1:41Jo 2:1, 2
Gal. 1:4Joh 15:19
Gal. 1:41Ti 2:3, 4
Gal. 1:62Kor 11:3, 4; Ga 5:7
Gal. 1:7Ga 5:10
Gal. 1:111Te 2:13
Gal. 1:13Han 23:6
Gal. 1:13Han 8:3; 9:1, 2; 22:4; 26:9-11
Gal. 1:14Han 22:3; Flp 3:4-6
Gal. 1:151Kor 15:10
Gal. 1:16Han 9:15; Ro 11:13
Gal. 1:17Han 9:19
Gal. 1:18Han 9:26
Gal. 1:18Joh 1:42; 1Kor 15:5
Gal. 1:19Mt 13:55; Han 12:17
Gal. 1:21Han 9:29, 30
Gal. 1:23Ga 1:13
Gal. 1:23Han 8:3
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Galasiërs 1:1-24

Aan die Galasiërs

1 Van Paulus, ’n apostel, wat nie deur mense aangestel of gestuur is nie, maar deur Jesus Christus+ en God, die Vader,+ wat Christus uit die dood opgewek het, 2 en van al die broers by my. Aan die gemeentes van Galaʹsië:

3 Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus. 4 Hy het homself vir ons sondes gegee+ om ons te red van die huidige slegte wêreld.*+ Dit is die wil van ons God en Vader.+ 5 Aan hom behoort die eer vir ewig en altyd. Amen.

6 Dit verbaas my dat julle so gou wegdraai van die Een wat julle met Christus se onverdiende goedheid geroep het en dat julle ’n ander soort goeie nuus aanvaar.+ 7 Nie dat daar ’n ander goeie nuus is nie, maar daar is sommige wat julle deurmekaarmaak+ en die goeie nuus oor die Christus wil verdraai. 8 Maar selfs as ons of ’n engel uit die hemel goeie nuus aan julle bekend maak wat anders is as die goeie nuus wat ons aan julle bekend gemaak het – laat hom vervloek wees. 9 Wat ons voorheen gesê het, sê ek nou weer: Wie ook al aan julle goeie nuus bekend maak wat anders is as wat julle aanvaar het – laat hom vervloek wees.

10 Is dit in werklikheid mense wat ek nou probeer oorreed, of is dit God? Of probeer ek mense se goedkeuring kry? As ek nog steeds mense se goedkeuring probeer kry, sou ek nie Christus se slaaf wees nie. 11 Want ek wil hê julle moet weet, broers, dat die goeie nuus wat ek aan julle bekend gemaak het, nie van mense af kom nie,+ 12 want ek het dit nie van ’n mens ontvang nie, en niemand het dit aan my geleer nie, maar ek het dit deur ’n openbaring van Jesus Christus ontvang.

13 Julle het natuurlik gehoor hoe ek my vroeër gedra het toe ek nog ’n lid van die godsdiens van die Jode was,+ dat ek die gemeente van God wreed* bly vervolg en probeer uitroei het,+ 14 en ek het groter vooruitgang in die godsdiens van die Jode gemaak as baie ander van my ouderdom in my nasie, omdat ek baie yweriger vir die tradisies van my vaders was.+ 15 Maar God, wat my geboorte veroorsaak het* en my deur sy onverdiende goedheid geroep het,+ het dit goedgedink 16 om sy Seun deur my te openbaar sodat ek die goeie nuus oor Jesus Christus aan die nasies bekend sou maak.+ Toe dit gebeur het, het ek nie dadelik gegaan om by mense* raad te vra nie, 17 en ek het ook nie na Jerusalem gegaan, na dié wat apostels was voordat ek een was nie. Maar ek het na Arabië gegaan, en toe terug na Damaskus.+

18 Toe, drie jaar later, het ek na Jerusalem gegaan+ om Sefas*+ te besoek, en ek het 15 dae by hom gebly. 19 Maar ek het nie een van die ander apostels gesien nie, net Jakobus,+ die Here se broer. 20 Ek verseker julle voor God dat die dinge wat ek aan julle skryf, nie leuens is nie.

21 Daarna het ek na die gebiede van Sirië en Siliʹsië gegaan.+ 22 Maar die gemeentes van Judeʹa wat in eenheid met Christus was, het my nie persoonlik geken nie. 23 Hulle het net gehoor dat daar gesê word: “Die man wat ons vroeër vervolg het,+ maak nou die goeie nuus bekend oor die geloof wat hy vroeër probeer uitroei het.”+ 24 En as gevolg van my het hulle God begin eer.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel