Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Nehemia 10
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Nehemia

      • Volk stem in om Wet te gehoorsaam (1-39)

        • “Ons sal nie die huis van ons God verwaarloos nie” (39)

Nehemia 10:1

Voetnote

  • *

    Of “die Tirsata”, ’n Persiese titel vir ’n goewerneur van ’n provinsie.

Kruisverwysings

  • +Ne 9:38

Nehemia 10:5

Kruisverwysings

  • +Esr 2:1, 39

Nehemia 10:6

Kruisverwysings

  • +Esr 8:1, 2

Nehemia 10:9

Kruisverwysings

  • +Esr 3:9; Ne 12:8

Nehemia 10:12

Kruisverwysings

  • +Ne 12:24

Nehemia 10:14

Kruisverwysings

  • +Ne 7:6, 11

Nehemia 10:28

Voetnote

  • *

    Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.

  • *

    Of moontlik “almal wat oud genoeg was om te verstaan”.

Kruisverwysings

  • +Ne 8:1; 9:2

Nehemia 10:30

Kruisverwysings

  • +Eks 34:15, 16; De 7:3, 4

Nehemia 10:31

Kruisverwysings

  • +Eks 20:10
  • +Eks 12:16; Nu 29:1, 12
  • +Eks 23:10, 11; Le 25:4, 5
  • +De 15:1-3

Nehemia 10:32

Voetnote

  • *

    ’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.

  • *

    Of “tempel”.

Kruisverwysings

  • +Eks 30:13

Nehemia 10:33

Voetnote

  • *

    D.w.s. die offerbrode.

Kruisverwysings

  • +Le 24:5-7
  • +Eks 29:40, 41
  • +Nu 28:9
  • +Nu 28:11-13; 1Kr 23:31
  • +De 16:16
  • +Le 16:15

Nehemia 10:34

Kruisverwysings

  • +Le 1:7; 6:12, 13

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2006/2/1, bl. 11

    1986/2/15, bl. 26

Nehemia 10:35

Kruisverwysings

  • +Eks 23:19; Nu 18:8, 13; De 26:2

Nehemia 10:36

Kruisverwysings

  • +Eks 13:2; Nu 18:15
  • +Nu 18:8, 11; 1Kor 9:13

Nehemia 10:37

Voetnote

  • *

    Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.

  • *

    Of “eetsale”.

Kruisverwysings

  • +Nu 15:20
  • +Le 27:30
  • +Nu 18:8, 12; De 18:1, 4
  • +2Kr 31:11
  • +Nu 18:21

Nehemia 10:38

Voetnote

  • *

    Of “eetsale”.

Kruisverwysings

  • +Nu 18:26

Nehemia 10:39

Voetnote

  • *

    Of “eetsale”.

Kruisverwysings

  • +De 12:5, 6
  • +De 14:23
  • +Ne 13:10, 11

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1998/10/15, bl. 21-22

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Neh. 10:1Ne 9:38
Neh. 10:5Esr 2:1, 39
Neh. 10:6Esr 8:1, 2
Neh. 10:9Esr 3:9; Ne 12:8
Neh. 10:12Ne 12:24
Neh. 10:14Ne 7:6, 11
Neh. 10:28Ne 8:1; 9:2
Neh. 10:30Eks 34:15, 16; De 7:3, 4
Neh. 10:31Eks 20:10
Neh. 10:31Eks 12:16; Nu 29:1, 12
Neh. 10:31Eks 23:10, 11; Le 25:4, 5
Neh. 10:31De 15:1-3
Neh. 10:32Eks 30:13
Neh. 10:33Le 24:5-7
Neh. 10:33Eks 29:40, 41
Neh. 10:33Nu 28:9
Neh. 10:33Nu 28:11-13; 1Kr 23:31
Neh. 10:33De 16:16
Neh. 10:33Le 16:15
Neh. 10:34Le 1:7; 6:12, 13
Neh. 10:35Eks 23:19; Nu 18:8, 13; De 26:2
Neh. 10:36Eks 13:2; Nu 18:15
Neh. 10:36Nu 18:8, 11; 1Kor 9:13
Neh. 10:37Nu 15:20
Neh. 10:37Le 27:30
Neh. 10:37Nu 18:8, 12; De 18:1, 4
Neh. 10:372Kr 31:11
Neh. 10:37Nu 18:21
Neh. 10:38Nu 18:26
Neh. 10:39De 12:5, 6
Neh. 10:39De 14:23
Neh. 10:39Ne 13:10, 11
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
  • 35
  • 36
  • 37
  • 38
  • 39
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Nehemia 10:1-39

Nehemia

10 Die persone wat dit bevestig het deur hulle seël daarop te sit,+ was:

Nehemiʹa, die goewerneur,* die seun van Hagalʹja,

en Sedekiʹa, 2 Seraʹja, Asarʹja, Jeremia, 3 Pasgur, Amarʹja, Malkiʹa, 4 Hattus, Sebanʹja, Mallug, 5 Harim,+ Meʹremot, Obadʹja, 6 Daniël,+ Ginʹneton, Barug, 7 Mesulʹlam, Abiʹa, Mijaʹmin, 8 Maäsʹja, Bilgai en Semaʹja. Hulle is die priesters.

9 Ook die Leviete: Jeʹsua, die seun van Asanʹja, Binʹnuï van die seuns van Heʹnadad, Kadʹmiël+ 10 en hulle broers Sebanʹja, Hodiʹa, Keliʹta, Pelaʹja, Hanan, 11 Miga, Rehob, Hasabʹja, 12 Sakkur, Serebʹja,+ Sebanʹja, 13 Hodiʹa, Bani en Beniʹnu.

14 Die hoofde van die volk: Paros, Pahat-Moab,+ Elam, Sattu, Bani, 15 Bunni, Asgad, Bebai, 16 Adoʹnia, Bigwai, Adin, 17 Ater, Hiskiʹa, Assur, 18 Hodiʹa, Hasum, Besaï, 19 Harif, Aʹnatot, Nebai, 20 Magpiʹas, Mesulʹlam, Hesir, 21 Mesesaʹbel, Sadok, Jadʹdua, 22 Pelatʹja, Hanan, Anaʹja, 23 Hoseʹa, Hananʹja, Hassub, 24 Halloʹhes, Pilha, Sobek, 25 Rehum, Hasabʹna, Maäseʹja, 26 Ahiʹa, Hanan, Anan, 27 Mallug, Harim en Baäna.

28 Die res van die volk het die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers en die tempelknegte* ingesluit, sowel as elkeen wat hom van die volke van die lande afgesonder het om die Wet van die ware God te volg,+ saam met hulle vrouens, hulle seuns en hulle dogters, almal wat kennis en begrip gehad het.* 29 Hulle het aangesluit by hulle broers, hulle belangrike manne, en hulle het hulleself onder ’n vloek en ’n eed geplaas. So het hulle belowe om te bly by die Wet van die ware God, wat deur middel van Moses, die kneg van die ware God, gegee is en om al die gebooie, oordele en wetsvoorskrifte van Jehovah ons Here noukeurig te gehoorsaam. 30 Ons sal nie ons dogters aan die volke van die land gee nie, en ons sal nie hulle dogters vir ons seuns neem nie.+

31 As die volke van die land hulle handelsware en allerhande soorte graan inbring om op die Sabbatdag te verkoop, sal ons niks op die Sabbat+ of op ’n heilige dag+ by hulle koop nie. Ons sal ook in die sewende jaar+ nie die grond bewerk nie, en ons sal enige uitstaande skuld kanselleer.+

32 Ons het onsself ook verplig om elke jaar ’n derde van ’n sikkel* te gee vir die diens van die huis* van ons God,+ 33 vir die stapelbrode,*+ vir die gereelde graanoffer,+ vir die gereelde brandoffer van die Sabbatte+ en die nuwemane+ en vir die vasgestelde feeste,+ vir die heilige dinge, vir die sonde-offers+ om vir Israel versoening te doen en vir al die werk van die huis van ons God.

34 Ons het ook die lot gewerp om te bepaal op watter vasgestelde tye van die jaar elke familie van die priesters, die Leviete en die volk hout na die huis van ons God moet bring sodat dit op die altaar van Jehovah ons God gebrand kan word, volgens wat in die Wet geskryf is.+ 35 Ons sal ook die eerste opbrengs van ons land en die eerste ryp vrugte van elke soort vrugteboom jaar ná jaar na die huis van Jehovah bring,+ 36 sowel as die eersgeborenes van ons seuns en ons vee+ – volgens wat in die Wet geskryf is – en die eersgeborenes van ons beeste en ons kleinvee. Ons sal hulle na die huis van ons God bring, na die priesters wat in die huis van ons God dien.+ 37 Ons sal ook die eerste* van ons growwe meel,+ ons bydraes, die vrugte van elke soort boom,+ nuwe wyn en olie+ na die priesters bring, na die stoorkamers* van die huis van ons God.+ Ons sal ook die tiende van ons land na die Leviete bring,+ want dit is die Leviete wat die tiendes in al ons landboustede insamel.

38 En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete wees wanneer die Leviete die tiende insamel, en die Leviete moet ’n tiende van die tiende na die huis van ons God bring,+ na die kamers* van die pakhuis. 39 Want die Israeliete en die kinders van die Leviete moet die bydrae+ van die graan, die nuwe wyn en die olie+ na die stoorkamers* bring, en dit is waar die voorwerpe van die heiligdom is, sowel as die priesters wat diens doen, die poortwagters en die sangers. Ons sal nie die huis van ons God verwaarloos nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel