Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Kronieke 2
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Kronieke

      • Voorbereidings vir bou van tempel (1-18)

2 Kronieke 2:1

Kruisverwysings

  • +De 12:11; 1Kr 22:10
  • +1Kn 7:1

2 Kronieke 2:2

Voetnote

  • *

    Of “lasdraers”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 5:15
  • +1Kn 5:16; 9:22; 2Kr 2:17, 18

2 Kronieke 2:3

Kruisverwysings

  • +1Kn 5:1
  • +2Sa 5:11

2 Kronieke 2:4

Voetnote

  • *

    D.w.s. die offerbrode.

Kruisverwysings

  • +Eks 30:7
  • +Eks 25:30
  • +Nu 28:4
  • +Nu 28:9
  • +Nu 28:11
  • +De 16:16

2 Kronieke 2:5

Indekse

  • Navorsingsgids

    Geniet die lewe vir ewig!, les 4

2 Kronieke 2:6

Kruisverwysings

  • +1Kn 8:27; Jes 66:1; Han 17:24

2 Kronieke 2:7

Kruisverwysings

  • +1Kn 7:13, 14
  • +1Kr 22:15

2 Kronieke 2:8

Kruisverwysings

  • +1Kn 5:6, 8; 2Kr 3:5
  • +1Kn 10:11
  • +1Kn 5:9
  • +1Kn 5:14

2 Kronieke 2:10

Voetnote

  • *

    ’n Kor was gelyk aan 220 l. Sien Aanh. B14.

  • *

    ’n Bat was gelyk aan 22 l. Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +1Kn 5:11

2 Kronieke 2:12

Kruisverwysings

  • +1Kn 5:7
  • +2Kr 1:11, 12

2 Kronieke 2:13

Kruisverwysings

  • +1Kn 7:13, 14; 2Kr 4:11-16

2 Kronieke 2:14

Kruisverwysings

  • +2Kr 3:14
  • +Eks 31:2-5

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2005/12/1, bl. 19

2 Kronieke 2:15

Kruisverwysings

  • +2Kr 2:10

2 Kronieke 2:16

Kruisverwysings

  • +1Kn 5:6, 8
  • +Jos 19:46, 48; Esr 3:7
  • +1Kn 5:9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1989/9/1, bl. 16

2 Kronieke 2:17

Kruisverwysings

  • +2Kr 8:7, 8
  • +1Kr 22:2

2 Kronieke 2:18

Voetnote

  • *

    Of “lasdraers”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 5:17, 18; 1Kr 22:15
  • +1Kn 5:15, 16

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2005/12/1, bl. 19

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Kron. 2:1De 12:11; 1Kr 22:10
2 Kron. 2:11Kn 7:1
2 Kron. 2:21Kn 5:15
2 Kron. 2:21Kn 5:16; 9:22; 2Kr 2:17, 18
2 Kron. 2:31Kn 5:1
2 Kron. 2:32Sa 5:11
2 Kron. 2:4Eks 30:7
2 Kron. 2:4Eks 25:30
2 Kron. 2:4Nu 28:4
2 Kron. 2:4Nu 28:9
2 Kron. 2:4Nu 28:11
2 Kron. 2:4De 16:16
2 Kron. 2:61Kn 8:27; Jes 66:1; Han 17:24
2 Kron. 2:71Kn 7:13, 14
2 Kron. 2:71Kr 22:15
2 Kron. 2:81Kn 5:6, 8; 2Kr 3:5
2 Kron. 2:81Kn 10:11
2 Kron. 2:81Kn 5:9
2 Kron. 2:81Kn 5:14
2 Kron. 2:101Kn 5:11
2 Kron. 2:121Kn 5:7
2 Kron. 2:122Kr 1:11, 12
2 Kron. 2:131Kn 7:13, 14; 2Kr 4:11-16
2 Kron. 2:142Kr 3:14
2 Kron. 2:14Eks 31:2-5
2 Kron. 2:152Kr 2:10
2 Kron. 2:161Kn 5:6, 8
2 Kron. 2:16Jos 19:46, 48; Esr 3:7
2 Kron. 2:161Kn 5:9
2 Kron. 2:172Kr 8:7, 8
2 Kron. 2:171Kr 22:2
2 Kron. 2:181Kn 5:17, 18; 1Kr 22:15
2 Kron. 2:181Kn 5:15, 16
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Kronieke 2:1-18

Die tweede boek van Kronieke

2 Salomo het toe beveel dat ’n huis vir Jehovah se naam+ en ’n paleis vir homself gebou moet word.+ 2 Salomo het 70 000 manne as arbeiders* laat werk, en 80 000 manne as klipkappers in die berge.+ Hy het ook 3 600 opsieners oor hulle aangestel.+ 3 En Salomo het die volgende boodskap aan Hiram,+ die koning van Tirus, gestuur: “Stuur asseblief vir my sederhout net soos u vir my pa, Dawid, gedoen het toe hy vir hom ’n paleis wou bou.+ 4 Ek gaan nou ’n huis vir die naam van Jehovah my God bou. Ek sal dit vir hom heilig sodat ek geurige reukwerk+ voor hom kan brand, sodat die stapelbrode*+ altyd daar gesit kan word en sodat brandoffers gebring kan word in die oggend en in die aand,+ op die Sabbatte,+ op die nuwemane+ en gedurende die feestye+ van Jehovah ons God. Dit is die dinge wat Israel altyd moet doen. 5 Die huis wat ek bou, sal groot en indrukwekkend wees, want ons God is groter as al die ander gode. 6 Maar wie sal ooit vir hom ’n huis kan bou? Want die hemel, selfs die hoogste hemele, kan hom nie bevat nie.+ Wie is ek dan dat ek vir hom ’n huis sou bou? Al wat ek kan doen, is om ’n huis te bou waar ek vir hom offerandes kan offer. 7 Stuur dan nou vir my ’n vaardige ambagsman wat met goud, silwer, koper,+ yster, pers wol, donkerrooi garing en blou garing kan werk en wat graveerwerk kan doen. Hy sal in Juda en in Jerusalem saam met my vaardige ambagsmanne werk, wat deur my pa, Dawid, uitgekies is.+ 8 En stuur vir my sederhout, jenewerhout+ en sandelhout+ van die Liʹbanon-berge, want ek weet goed dat u knegte ervare houtkappers is wat weet hoe om die bome van die Liʹbanon-berge+ af te kap. My knegte sal saam met u knegte werk+ 9 en baie hout vir my gereedmaak, want die huis wat ek gaan bou, sal baie groot en indrukwekkend wees. 10 Ek sal kos voorsien aan u knegte,+ die houtkappers: 20 000 kor* koring, 20 000 kor gars, 20 000 bat* wyn en 20 000 bat olie.”

11 Toe het Hiram, die koning van Tirus, hierdie boodskap in ’n brief aan Salomo gestuur: “Jehovah het sy volk lief, en daarom het hy u as hulle koning aangestel.” 12 Hiram het ook gesê: “Mag Jehovah, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het, geloof word, want hy het vir koning Dawid ’n wyse seun gegee+ wat goeie oordeel en begrip het+ en wat ’n huis vir Jehovah en ’n paleis vir homself sal bou. 13 Ek stuur vir u Hiram-Abi,+ ’n bekwame ambagsman met die nodige kennis. 14 Hy is die seun van ’n vrou uit die stam van Dan, maar sy pa was ’n man van Tirus. Hy het baie ondervinding en kan werk met goud, silwer, koper, yster, stene, hout, pers wol, blou garing, goeie materiaal en donkerrooi materiaal.+ Hy kan enige soort graveerwerk doen en enigiets ontwerp wat hy gevra word om te maak.+ Hy sal saam met u vaardige ambagsmanne werk en saam met die ambagsmanne van my heer, u pa, Dawid. 15 Stuur asseblief die koring, gars, olie en wyn wat u aan u knegte belowe het.+ 16 Ons sal bome in die Liʹbanon-berge afkap,+ soveel as wat u nodig het. En ons sal die hout saambind en dit vir u as vlotte oor die see na Joppe+ stuur, en u kan dit dan na Jerusalem neem.”+

17 Salomo het toe al die uitlanders in Israel+ getel, net soos sy pa, Dawid, gedoen het,+ en daar was altesaam 153 600. 18 Hy het 70 000 van hulle as arbeiders* laat werk, 80 000 as klipkappers+ in die berge en 3 600 as opsieners om toesig oor die werkers te hou.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel