Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Esegiël 32
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Esegiël

      • Treurlied oor Farao en Egipte (1-16)

      • Egipte begrawe saam met onbesnedenes (17-32)

Esegiël 32:2

Voetnote

  • *

    Of “’n jong maanhaarleeu”.

  • *

    Lett. “hulle”.

Kruisverwysings

  • +Jes 51:9, 10; Ese 29:3

Esegiël 32:4

Kruisverwysings

  • +Ese 29:5

Esegiël 32:5

Kruisverwysings

  • +Ese 31:12

Esegiël 32:6

Voetnote

  • *

    Lett. “en die stroombeddings sal vol word van (met) jou”.

Esegiël 32:7

Kruisverwysings

  • +Jes 13:1, 10

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/10/15, bl. 17

Esegiël 32:8

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/10/15, bl. 17

Esegiël 32:9

Kruisverwysings

  • +Ese 29:12; 30:26

Esegiël 32:11

Kruisverwysings

  • +Jer 43:10, 11; 46:25, 26; Ese 30:24

Esegiël 32:12

Kruisverwysings

  • +Ese 30:10, 11; Hab 1:6
  • +Ese 29:19

Esegiël 32:13

Kruisverwysings

  • +Ese 30:12
  • +Ese 29:8, 11

Esegiël 32:15

Kruisverwysings

  • +Ps 107:33, 34; Ese 29:12
  • +Ese 30:26

Esegiël 32:20

Kruisverwysings

  • +Ese 29:8

Esegiël 32:21

Voetnote

  • *

    Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Esegiël 32:22

Kruisverwysings

  • +Jes 37:36; Sag 10:11

Esegiël 32:23

Voetnote

  • *

    Of “graf”.

Esegiël 32:24

Kruisverwysings

  • +Ge 10:22; Jer 49:34, 35

Esegiël 32:26

Voetnote

  • *

    Lett. “haar”.

Kruisverwysings

  • +Ge 10:2; Ese 38:2

Esegiël 32:27

Voetnote

  • *

    Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

  • *

    Moontlik ’n verwysing na vegters wat met hulle swaard begrawe word, met militêre eer.

Esegiël 32:29

Kruisverwysings

  • +Ge 25:30; Jes 34:5; Ese 25:12, 13; Am 1:11; Ob 1; Mal 1:4
  • +Jer 9:25, 26

Esegiël 32:30

Kruisverwysings

  • +Ge 10:15; Ese 28:21

Esegiël 32:31

Kruisverwysings

  • +Ese 31:16

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eseg. 32:2Jes 51:9, 10; Ese 29:3
Eseg. 32:4Ese 29:5
Eseg. 32:5Ese 31:12
Eseg. 32:7Jes 13:1, 10
Eseg. 32:9Ese 29:12; 30:26
Eseg. 32:11Jer 43:10, 11; 46:25, 26; Ese 30:24
Eseg. 32:12Ese 30:10, 11; Hab 1:6
Eseg. 32:12Ese 29:19
Eseg. 32:13Ese 30:12
Eseg. 32:13Ese 29:8, 11
Eseg. 32:15Ps 107:33, 34; Ese 29:12
Eseg. 32:15Ese 30:26
Eseg. 32:20Ese 29:8
Eseg. 32:22Jes 37:36; Sag 10:11
Eseg. 32:24Ge 10:22; Jer 49:34, 35
Eseg. 32:26Ge 10:2; Ese 38:2
Eseg. 32:29Ge 25:30; Jes 34:5; Ese 25:12, 13; Am 1:11; Ob 1; Mal 1:4
Eseg. 32:29Jer 9:25, 26
Eseg. 32:30Ge 10:15; Ese 28:21
Eseg. 32:31Ese 31:16
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Esegiël 32:1-32

Esegiël

32 En in die 12de jaar, in die 12de maand, op die eerste dag van die maand, het Jehovah weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, sing ’n treurlied oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom:

‘Jy was soos ’n sterk jong leeu* van die nasies,

maar jy is stilgemaak.

Jy was soos ’n seemonster+ wat in jou riviere te kere gaan,

wat die waters modderig maak met jou pote en die* riviere laat vuil word.’

 3 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:

‘Ek sal my vangnet oor jou uitsprei deur middel van ’n groot groep nasies,

en hulle sal jou in my sleepnet optrek.

 4 Ek sal jou op die land laat lê,

en ek sal jou op die oop veld neergooi.

Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat woon,

en ek sal die wilde diere van die hele aarde met jou versadig.+

 5 Ek sal jou vlees op die berge gooi

en die valleie vul met die stukke wat van jou oorbly.+

 6 Die bloed wat ek uit jou sal laat uitstroom, sal oral in die land wees, tot op die berge,

en dit sal die strome vol maak.’*

 7 ‘Wanneer jy geblus word, sal ek die hemel bedek en die sterre laat donker word.

Ek sal die son met wolke bedek,

en die maan sal nie sy lig laat skyn nie.+

 8 Ek sal die ligte wat in die hemel skyn, laat donker word as gevolg van jou,

en ek sal jou land met duisternis bedek,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.

 9 ‘Ek sal die harte van baie volke ontstel wanneer ek jou gevangenes na ander nasies lei,

na lande wat jy nie ken nie.+

10 Ek sal baie volke met ontsag vervul,

en hulle konings sal van skok bewe as gevolg van jou wanneer ek my swaard heen en weer voor hulle swaai.

Hulle sal bly bewe, en elkeen sal vir sy lewe vrees

op die dag van jou ondergang.’

11 Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:

‘Die swaard van die koning van Babilon sal oor jou kom.+

12 Ek sal jou leërmag laat val deur die swaarde van sterk vegters,

die wreedste manne van die nasies, hulle almal.+

Hulle sal die trots van Egipte tot ’n val bring, en haar hele leërmag sal vernietig word.+

13 Ek sal al haar vee langs haar oorvloedige waters vernietig,+

en geen voet van ’n mens of hoef van ’n dier sal dit weer modderig maak nie.’+

14 ‘In daardie tyd sal ek hulle waters helder laat word,

en ek sal hulle riviere soos olie laat vloei,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.

15 ‘Wanneer ek Egipte ’n verwoeste plek maak, ’n land wat leeggemaak is van alles wat daarin was,+

wanneer ek al die inwoners daarin doodmaak,

sal hulle moet weet dat ek Jehovah is.+

16 Dit is ’n treurlied, en mense sal dit beslis sing.

Die dogters van die nasies sal dit sing.

Hulle sal dit oor Egipte en oor haar hele leërmag sing,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”

17 Toe, in die 12de jaar, op die 15de dag van die maand, het Jehovah met my gepraat en gesê: 18 “Mensekind, huil oor die leërmag van Egipte en laat haar afgaan na die land daar onder, sy en die dogters van magtige nasies, saam met dié wat in die graf afgaan.

19 “‘Dink jy dat jy mooier is as ander? Gaan af en lê by dié wat nie besny is nie!’

20 “‘Hulle sal val tussen dié wat met die swaard doodgemaak is.+ Sy is oorgelewer aan ’n swaard. Sleep haar en haar hele leërmag weg.

21 “‘Uit die dieptes van die Graf* sal die sterkste vegters met hom en sy helpers praat. Hulle sal beslis afgaan en lê net soos dié wat nie besny is nie, wat met die swaard doodgemaak is. 22 Assiʹrië is daar met haar hele leërmag. Hulle grafte is rondom hom, almal wat met die swaard doodgemaak is.+ 23 Haar grafte is in die dieptes van die put,* en haar leërmag is rondom haar graf. Hulle is almal met die swaard doodgemaak omdat hulle vrees veroorsaak het in die land van die lewendes.

24 “‘Elam+ is daar met haar hele leërmag rondom haar graf, almal wat met die swaard doodgemaak is. Hulle het afgegaan na die land daar onder en was nie besny nie, dié wat die land van die lewendes vol vrees gemaak het. Nou sal hulle hulle skande dra saam met dié wat in die graf afgaan. 25 Hulle het vir haar ’n bed gemaak onder dié wat doodgemaak is, saam met haar hele leërmag wat rondom haar grafte is. Nie een van hulle is besny nie, en hulle is almal met die swaard doodgemaak, want hulle het vrees veroorsaak in die land van die lewendes, en hulle sal hulle skande dra saam met dié wat in die graf afgaan. Hy is neergelê tussen dié wat doodgemaak is.

26 “‘Meseg en Tubal+ is daar met hulle* hele leërmag. Hulle grafte is rondom hom. Nie een van hulle is besny nie, en hulle is almal met die swaard deurboor, want hulle het vrees veroorsaak in die land van die lewendes. 27 Sal hulle nie by sterk vegters lê wat nie besny is nie, wat doodgemaak is en wat met hulle oorlogswapens na die Graf* afgegaan het nie? En hulle sal hulle swaarde onder hulle koppe sit* en hulle sondes op hulle beendere omdat hierdie sterk manne die land van die lewendes vol vrees gemaak het. 28 Maar jy sal stukkend gebreek word onder dié wat nie besny is nie, en jy sal by dié lê wat met die swaard doodgemaak is.

29 “‘Edom+ is daar, haar konings en al haar hoofmanne, wat ten spyte van hulle krag neergelê is tussen dié wat met die swaard doodgemaak is. Hulle sal ook by dié lê wat nie besny is nie+ en by dié wat in die graf afgaan.

30 “‘Al die leiers van die noorde is daar, saam met al die Sidoniërs.+ Hulle het in skande afgegaan saam met dié wat doodgemaak is, ten spyte van die vrees wat hulle deur hulle krag veroorsaak het. Hulle, dié wat nie besny is nie, sal by dié lê wat met die swaard doodgemaak is en sal hulle skande dra saam met dié wat in die graf afgaan.

31 “‘Farao sal hulle almal sien, en hy sal vertroos wees wanneer hy sien wat met sy leërmag gebeur het.+ Farao en sy hele leërmag sal met die swaard doodgemaak word,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.

32 “‘Omdat hy vrees in die land van die lewendes veroorsaak het, sal Farao en sy hele leërmag neergelê word by dié wat nie besny is nie, by dié wat met die swaard doodgemaak is,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel