Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Esegiël 26
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Esegiël

      • Profesie teen Tirus (1-21)

        • “Droogmaakplek vir sleepnette” (5, 14)

        • Klippe en grond in water gegooi (12)

Esegiël 26:2

Kruisverwysings

  • +Jl 3:4-6; Am 1:9
  • +Klg 1:1

Esegiël 26:3

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 133

    God se woord, bl. 120-122

    Skepping, bl. 216-217

Esegiël 26:4

Kruisverwysings

  • +Jes 23:11; Am 1:10; Sag 9:4

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 133

    God se woord, bl. 120-122

    Skepping, bl. 216-217

Esegiël 26:5

Kruisverwysings

  • +Ese 27:32

Indekse

  • Navorsingsgids

    Skepping, bl. 216-217

Esegiël 26:6

Voetnote

  • *

    Lett. “dogters”.

Esegiël 26:7

Voetnote

  • *

    Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

  • *

    Lett. “volke”.

Kruisverwysings

  • +Jer 25:9; Ese 29:18
  • +Da 2:37
  • +Hab 1:8
  • +Jer 4:13

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 22

    Skepping, bl. 216-217

Esegiël 26:9

Voetnote

  • *

    Of “aanvalswerktuig”.

  • *

    Of “swaarde”.

Esegiël 26:11

Kruisverwysings

  • +Jes 5:28; Hab 1:8

Esegiël 26:12

Kruisverwysings

  • +Ese 27:32, 33; 28:5, 18; Sag 9:3

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/1/1, bl. 23

    1988/4/15, bl. 23

    “Hele Skrif”, bl. 133

    God se woord, bl. 120-122

Esegiël 26:13

Kruisverwysings

  • +Jes 23:16

Esegiël 26:14

Kruisverwysings

  • +Ese 26:4, 5

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 133

Esegiël 26:15

Voetnote

  • *

    Of “dodelik gewondes”.

Kruisverwysings

  • +Ese 27:28

Esegiël 26:16

Voetnote

  • *

    Of “hoofmanne”.

  • *

    Of “moulose oorklede”.

  • *

    Lett. “met bewing beklee wees”.

Kruisverwysings

  • +Ese 27:35; 32:10

Esegiël 26:17

Voetnote

  • *

    Lett. “Sy en haar”.

Kruisverwysings

  • +Ese 27:32
  • +Am 1:9, 10
  • +Ese 28:2

Esegiël 26:18

Kruisverwysings

  • +Jes 23:5

Esegiël 26:19

Kruisverwysings

  • +Ese 27:34

Esegiël 26:20

Voetnote

  • *

    Of “versier”.

Kruisverwysings

  • +Ese 28:8

Esegiël 26:21

Kruisverwysings

  • +Ese 27:36

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eseg. 26:2Jl 3:4-6; Am 1:9
Eseg. 26:2Klg 1:1
Eseg. 26:4Jes 23:11; Am 1:10; Sag 9:4
Eseg. 26:5Ese 27:32
Eseg. 26:7Jer 25:9; Ese 29:18
Eseg. 26:7Da 2:37
Eseg. 26:7Hab 1:8
Eseg. 26:7Jer 4:13
Eseg. 26:11Jes 5:28; Hab 1:8
Eseg. 26:12Ese 27:32, 33; 28:5, 18; Sag 9:3
Eseg. 26:13Jes 23:16
Eseg. 26:14Ese 26:4, 5
Eseg. 26:15Ese 27:28
Eseg. 26:16Ese 27:35; 32:10
Eseg. 26:17Ese 27:32
Eseg. 26:17Am 1:9, 10
Eseg. 26:17Ese 28:2
Eseg. 26:18Jes 23:5
Eseg. 26:19Ese 27:34
Eseg. 26:20Ese 28:8
Eseg. 26:21Ese 27:36
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Esegiël 26:1-21

Esegiël

26 In die 11de jaar, op die eerste dag van die maand, het Jehovah met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, Tirus het teen Jerusalem gesê:+ ‘Aha! Die poort van die volke is gebreek!+ Alles sal na my kant toe kom, en ek sal ryk word noudat sy verwoes is.’ 3 Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Kyk, ek is teen jou, o Tirus, en ek sal baie nasies teen jou bring, soos die see sy golwe laat opkom. 4 Hulle sal die mure van Tirus vernietig en die torings afbreek,+ en ek sal grond wegskraap en dit ’n blink, kaal rots maak. 5 Die stad sal ’n droogmaakplek vir sleepnette in die see word.’+

“‘Want ek het gepraat,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘en dit sal deur die nasies beroof word. 6 En die stad se omliggende dorpies* wat in die platteland is, sal met die swaard vernietig word, en mense sal moet weet dat ek Jehovah is.’

7 “Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek bring koning Nebukadneʹsar* van Babilon uit die noorde teen Tirus.+ Hy is ’n koning van konings,+ met perde,+ strydwaens,+ perderuiters en ’n leërmag met baie soldate.* 8 Hy sal jou omliggende dorpies wat in die platteland is met die swaard vernietig, en hy sal ’n beleëringsmuur teen jou bou en ’n beleëringswal teen jou oprig en ’n groot skild teen jou opstel. 9 Hy sal jou mure met sy stormram* slaan en jou torings met sy byle* afbreek. 10 Hy sal met soveel perde kom dat hulle jou met stof sal bedek, en die geluid van die perderuiters, die wiele en die strydwaens sal jou mure laat skud wanneer hy deur jou poorte inkom, soos manne wat ’n stad met afgebreekte mure bestorm. 11 Die hoewe van sy perde sal al jou strate vertrap.+ Hy sal jou volk met die swaard doodmaak, en jou sterk pilare sal op die grond neerstort. 12 Hulle sal jou van jou rykdom en jou handelsware beroof+ en jou mure en jou mooi huise afbreek. Dan sal hulle jou klippe en jou houtwerk en jou grond in die water gooi.’

13 “‘Ek sal ’n einde maak aan die geluid van jou liedere, en die geluid van jou harpe sal nie meer gehoor word nie.+ 14 En ek sal jou ’n blink, kaal rots maak, en jy sal ’n droogmaakplek vir sleepnette word.+ Jy sal nooit herbou word nie, want ek, Jehovah, het dit gesê,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.

15 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir Tirus sê: ‘Sal die eilande nie bewe wanneer hulle die geluid van jou ondergang hoor, wanneer die sterwendes* kreun, wanneer daar ’n slagting in jou plaasvind nie?+ 16 Al die leiers* van die see sal van hulle trone afklim en hulle mantels* en hulle geborduurde klere uittrek, en hulle sal bewe.* Hulle sal op die grond sit en die hele tyd bewe en jou verbaas aankyk.+ 17 En hulle sal ’n treurlied oor jou sing+ en vir jou sê:

“Hoe het jy vergaan,+ jy die stad wat bewoon is deur mense van die seë, die beroemde stad!

Jy en jou* inwoners was sterk op die see+

en het al die inwoners van die aarde met vrees gevul.

18 Die eilande sal bewe op die dag wanneer jy val.

Die eilande van die see sal ontsteld wees wanneer jy nie meer bestaan nie.”’+

19 “Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Wanneer ek jou verwoes, soos die stede wat nie bewoon word nie, wanneer ek die onstuimige waters oor jou laat kom en die groot waters jou bedek het,+ 20 dan sal ek jou en dié wat saam met jou in die graf afgaan, na die mense van lank gelede bring. Ek sal jou in die onderste plek laat woon, soos die plekke van lank gelede wat verwoes is, saam met dié wat in die graf afgaan,+ sodat jy nie bewoon sal wees nie. Dan sal ek die land van die lewendes verheerlik.*

21 “‘Ek sal skielike rampspoed oor jou bring, en jy sal nie meer daar wees nie.+ Hulle sal na jou soek, maar jy sal nooit weer gevind word nie,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel