Job
3 Toe het Job begin praat en die dag vervloek waarop hy gebore is.*+ 2 Job het gesê:
3 “Die dag waarop ek gebore is,+ moes nooit aangebreek het nie,
ook nie die nag toe iemand gesê het: ‘’n Seuntjie is gebore!’ nie.
4 Daardie dag moes donker gebly het.
God daar bo moes hom nie daaraan gesteur het nie.
Geen lig moes daarop geskyn het nie.
5 Mag die diepste donkerte* dit terugeis.
Mag ’n reënwolk daaroor hang.
Mag ’n verskriklike donkerte daaroor kom.
6 Mag donkerheid daardie nag wegneem.+
Mag dit nie onder die dae van die jaar getel word
en een van die dae van die maande wees nie.
7 Ja! Mag daardie nag onvrugbaar word.
Mag geen vreugdevolle uitroep daarin gehoor word nie.
9 Mag die sterre van sy skemer donker word.
Mag dit tevergeefs op die daglig wag
en nie die strale van die dagbreek sien nie.
11 Hoekom het ek nie by geboorte gesterf nie?
Hoekom het ek nie gesterf toe ek uit die baarmoeder gekom het nie?+
12 Hoekom was daar knieë om my op neer te sit
en borste om my te voed?
13 Want anders sou ek in vrede gelê het+
en rustig geslaap het+
14 saam met konings van die aarde en hulle raadgewers,
wat vir hulle plekke gebou het wat nou verwoes is,*
15 of saam met prinse wat goud besit het,
wie se huise vol silwer was.
16 Of hoekom was ek nie soos ’n doodgebore baba nie,
soos kinders wat nooit die lig gesien het nie?
18 Daar geniet al die gevangenes vrede.
Hulle hoor nie die stem van die een wat hulle dwing om te werk nie.
21 Hoekom kan mense wat smag na die dood, nie net doodgaan nie?+
Hulle soek daarna, meer as na versteekte skatte.
22 Hulle is vol vreugde
en is bly wanneer hulle die graf vind.
23 Hoekom gee God lig aan ’n man wat geen uitweg kan sien nie,
aan ’n man wat deur God vasgekeer is?+
25 Want wat ek gevrees het, het oor my gekom,
en die dinge waarvoor ek bang was, het my getref.
26 Ek het geen vrede, geen stilte, geen rus nie,
maar die probleme word net meer.”