Job
4 Eʹlifas,+ die Temaniet, het toe gesê:
2 “Sal jy ongeduldig raak as iemand met jou probeer praat?
Want hoe kan ek stilbly?
3 Jy het baie mense reggehelp,
en jy het die swakkes versterk.
5 Maar noudat dit met jou gebeur het, is dit vir jou te veel.*
Noudat dit jou raak, is jy moedeloos.
6 Het jy dan nie vertroue weens jou diep respek vir God nie?
Het jy dan nie hoop omdat jy ’n weg van integriteit*+ volg nie?
7 Dink asseblief hieraan: Het enigiemand wat onskuldig is, al ooit gesterf?
Is die regverdiges al ooit vernietig?
9 God blaas op hulle en hulle verdwyn,
en deur sy woede sterf hulle.
11 Sonder prooi gaan leeus dood,
en hulle kleintjies dwaal oral rond.
12 Iets is in die geheim vir my gesê,
en dit is in my oor gefluister.
13 In die tyd wanneer mense diep slaap,
wanneer visioene van die nag ’n mens ontstel,
14 het ek verskriklik bang geword,
my hele liggaam het gebewe.
15 ’n Gees het voor my verbygegaan.
My hare het regop gestaan.
16 Die gees het toe stilgestaan,
maar ek kon nie uitmaak wat dit was nie.
Ek het iets voor my gesien.
Daar was ’n kalmte, en toe het ek ’n stem gehoor:
17 ‘Kan ’n sterflike mens regverdiger wees as God?
Kan ’n man reiner wees as sy Maker?’
19 Wat nog te sê van mense, wat soos huise van klei is,
en wie se fondament in die stof is,+
wat makliker doodgedruk word as ’n mot!
20 Hulle word van die oggend tot die aand doodgedruk.
Hulle verdwyn vir ewig sonder dat iemand dit eers agterkom.
21 Is hulle nie soos ’n tent waarvan die toue uitgeruk is nie?
Hulle sterf sonder wysheid.