Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 11
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Konings

      • Atalia maak haarself koningin (1-3)

      • Joas in geheim koning gemaak (4-12)

      • Atalia doodgemaak (13-16)

      • Jojada bevorder ware aanbidding (17-21)

2 Konings 11:1

Voetnote

  • *

    Lett. “al die saad van die koninkryk”.

Kruisverwysings

  • +2Kn 8:26; 11:20; 2Kr 21:5, 6; 24:7
  • +2Kn 9:27
  • +2Kr 21:4; 22:10-12

2 Konings 11:2

Kruisverwysings

  • +2Kn 12:1

2 Konings 11:4

Voetnote

  • *

    Lett. “die hardlopers”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:27
  • +2Kr 23:1-3

2 Konings 11:5

Kruisverwysings

  • +1Kn 7:1; 2Kr 23:4-7

2 Konings 11:8

Voetnote

  • *

    Lett. “wanneer hy uitgaan en wanneer hy inkom”.

2 Konings 11:9

Kruisverwysings

  • +2Kn 11:4
  • +2Kr 23:8-11

2 Konings 11:11

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:27
  • +1Kn 8:22; 2Kr 4:1

2 Konings 11:12

Voetnote

  • *

    Moontlik ’n boekrol wat die Wet van God bevat het.

Kruisverwysings

  • +2Kn 11:2
  • +Eks 25:21; 31:18
  • +1Kn 1:39, 40

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1991/2/1, bl. 31

2 Konings 11:13

Kruisverwysings

  • +2Kr 23:12-15

2 Konings 11:14

Kruisverwysings

  • +2Kn 23:3
  • +2Kr 5:12

2 Konings 11:15

Kruisverwysings

  • +2Kn 11:4; 2Kr 23:9

2 Konings 11:16

Kruisverwysings

  • +1Kn 7:1

2 Konings 11:17

Kruisverwysings

  • +1Sa 10:25; 2Sa 5:3
  • +2Kr 23:16, 17

2 Konings 11:18

Voetnote

  • *

    Lett. “volk van die land”.

Kruisverwysings

  • +De 12:3
  • +De 7:25
  • +De 13:5
  • +2Kr 23:18-21

2 Konings 11:19

Kruisverwysings

  • +2Kn 11:4, 15
  • +1Kn 14:27
  • +2Sa 7:8, 16

2 Konings 11:21

Kruisverwysings

  • +2Kn 11:2
  • +2Kr 24:1

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Kon. 11:12Kn 8:26; 11:20; 2Kr 21:5, 6; 24:7
2 Kon. 11:12Kn 9:27
2 Kon. 11:12Kr 21:4; 22:10-12
2 Kon. 11:22Kn 12:1
2 Kon. 11:41Kn 14:27
2 Kon. 11:42Kr 23:1-3
2 Kon. 11:51Kn 7:1; 2Kr 23:4-7
2 Kon. 11:92Kn 11:4
2 Kon. 11:92Kr 23:8-11
2 Kon. 11:111Kn 14:27
2 Kon. 11:111Kn 8:22; 2Kr 4:1
2 Kon. 11:122Kn 11:2
2 Kon. 11:12Eks 25:21; 31:18
2 Kon. 11:121Kn 1:39, 40
2 Kon. 11:132Kr 23:12-15
2 Kon. 11:142Kn 23:3
2 Kon. 11:142Kr 5:12
2 Kon. 11:152Kn 11:4; 2Kr 23:9
2 Kon. 11:161Kn 7:1
2 Kon. 11:171Sa 10:25; 2Sa 5:3
2 Kon. 11:172Kr 23:16, 17
2 Kon. 11:18De 12:3
2 Kon. 11:18De 7:25
2 Kon. 11:18De 13:5
2 Kon. 11:182Kr 23:18-21
2 Kon. 11:192Kn 11:4, 15
2 Kon. 11:191Kn 14:27
2 Kon. 11:192Sa 7:8, 16
2 Kon. 11:212Kn 11:2
2 Kon. 11:212Kr 24:1
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Konings 11:1-21

Die tweede boek van Konings

11 Toe Ataʹlia,+ Ahaʹsia se ma, sien dat haar seun dood is,+ het sy besluit om die hele koninklike geslagslyn* uit te roei.+ 2 Maar Joseʹba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahaʹsia, het Joas,+ Ahaʹsia se seun, weggevat tussen die seuns van die koning wat doodgemaak sou word, en sy het hom en sy oppasser in ’n binneste slaapkamer gehou. Hulle het dit reggekry om hom vir Ataʹlia weg te steek, en daarom is hy nie doodgemaak nie. 3 Hy is ses jaar lank by haar in die huis van Jehovah weggesteek, terwyl Ataʹlia oor die land regeer het.

4 In die sewende jaar het Jojaʹda die hoofde oor 100 van die Kariese lyfwag en van die paleiswagte*+ laat roep om na hom toe te kom by die huis van Jehovah. Hy het ’n verbond met hulle gemaak en hulle in die huis van Jehovah laat sweer dat hulle daarby sal bly, en daarna het hy vir hulle die koning se seun gewys.+ 5 Hy het vir hulle gesê: “Dít is wat julle moet doen: ’n Derde van julle moet op die Sabbat aan diens wees en moet wag hou oor die koning se paleis,+ 6 ’n derde moet by die Fondamentpoort staan en ’n derde moet by die poort agter die paleiswagte staan. Julle moet beurte neem om oor die huis wag te hou. 7 Die twee afdelings wat veronderstel is om op die Sabbat van diens af te wees, moet wag hou oor die huis van Jehovah om die koning te beskerm. 8 Julle moet die koning omring, elkeen met sy wapens in sy hand. Enigiemand wat deur die rye soldate probeer kom, moet doodgemaak word. Bly by die koning waar hy ook al gaan.”*

9 Die hoofde oor 100+ het presies gedoen wat die priester Jojaʹda beveel het. Elkeen het sy manne bymekaargeroep – dié wat op die Sabbat aan diens was, sowel as dié wat nie op die Sabbat aan diens was nie – en hulle het na die priester Jojaʹda+ gegaan. 10 Die priester het toe vir die hoofde oor 100 die spiese en die ronde skilde gegee wat aan koning Dawid behoort het en wat in die huis van Jehovah was. 11 En die paleiswagte+ het hulle plekke reg rondom die koning, naby die altaar+ en die huis, ingeneem. Hulle het met hulle wapens in hulle hande gestaan, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis. 12 Toe het Jojaʹda die koning se seun+ uitgebring en die kroon en die Getuienis*+ op hom gesit, en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf. Hulle het begin hande klap en gesê: “Lank lewe die koning!”+

13 Toe Ataʹlia die mense hoor hardloop, het sy dadelik na die mense toe gegaan by die huis van Jehovah.+ 14 Sy het die koning by die pilaar sien staan, soos dit die gebruik was.+ En die hoofde en die trompetblasers+ was by die koning, en al die mense van die land was vreugdevol en het op die trompette geblaas. Ataʹlia het toe haar klere geskeur en uitgeroep: “’n Sameswering! ’n Sameswering!” 15 Maar die priester Jojaʹda het vir die hoofde oor 100,+ dié wat oor die leërmag aangestel was, gesê: “Neem haar tussen die rye soldate uit, en maak enigeen wat haar volg, met die swaard dood! Moet haar nie in die huis van Jehovah doodmaak nie.” 16 Hulle het haar gegryp, en toe hulle by die plek kom waar die perde by die koning se paleis+ ingaan, het hulle haar daar doodgemaak.

17 Toe het Jojaʹda ’n verbond gemaak tussen Jehovah en die koning en die volk.+ Hulle het belowe dat hulle sal voortgaan om die volk van Jehovah te wees. Hy het ook ’n verbond gemaak tussen die koning en die volk.+ 18 Daarna het die hele volk* na die tempel van Baäl gegaan en sy altare afgebreek,+ sy beelde heeltemal stukkend geslaan+ en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgemaak.+

Toe het die priester opsieners oor die huis van Jehovah aangestel.+ 19 Hy het ook die hoofde oor 100,+ die Kariese lyfwag, die paleiswagte+ en die hele volk gekry om die koning van die huis van Jehovah af deur die poort van die paleiswagte na die koning se paleis te neem. Hy het toe op die troon van die konings gaan sit.+ 20 Al die mense van die land was bly en daar was vrede in die stad, want hulle het Ataʹlia by die koning se paleis met die swaard doodgemaak.

21 Joas+ was sewe jaar oud toe hy koning geword het.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel