Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 20
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Konings

      • Hiskia word siek en herstel (1-11)

      • Boodskappers van Babilon (12-19)

      • Hiskia sterf (20, 21)

2 Konings 20:1

Kruisverwysings

  • +2Kr 32:24
  • +Jes 38:1-3

2 Konings 20:3

Kruisverwysings

  • +2Kr 31:20, 21; Ps 25:7; 119:49

2 Konings 20:4

Kruisverwysings

  • +Jes 38:4-6

2 Konings 20:5

Kruisverwysings

  • +Ps 39:12
  • +De 32:39; Ps 41:3; 103:3; 147:3
  • +Ps 66:13; 116:12-14

2 Konings 20:6

Voetnote

  • *

    Lett. “dae”.

Kruisverwysings

  • +2Kr 32:22; Jes 10:24
  • +2Kn 19:34; Jes 37:35

2 Konings 20:7

Kruisverwysings

  • +Jes 38:21, 22

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2003/5/15, bl. 25

2 Konings 20:8

Kruisverwysings

  • +Rig 6:17; Jes 7:11

2 Konings 20:9

Voetnote

  • *

    Hierdie trappe is moontlik gebruik om te bepaal hoe laat dit is, soos ’n sonwyser.

Kruisverwysings

  • +Jes 38:7, 8

2 Konings 20:11

Kruisverwysings

  • +Jos 10:12; 2Kr 32:31

2 Konings 20:12

Kruisverwysings

  • +Jes 39:1, 2

2 Konings 20:13

Voetnote

  • *

    Of “na hulle geluister”.

Kruisverwysings

  • +2Kr 32:27

2 Konings 20:14

Kruisverwysings

  • +Jes 39:3, 4

2 Konings 20:16

Kruisverwysings

  • +Jes 39:5-7

2 Konings 20:17

Kruisverwysings

  • +2Kn 24:12, 13; 25:13; 2Kr 36:7, 18; Jer 27:21, 22; Da 1:2

2 Konings 20:18

Kruisverwysings

  • +2Kn 24:12
  • +Da 1:19; 2:49

2 Konings 20:19

Voetnote

  • *

    Of “waarheid”.

Kruisverwysings

  • +Ps 141:5
  • +Jes 39:8

2 Konings 20:20

Kruisverwysings

  • +Joh 9:11
  • +2Kr 32:30

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/5/1, bl. 27

    1997/6/15, bl. 9-10

    1996/8/15, bl. 5-6

    Ontwaak!,

    1996/6/8, bl. 29

    Skepping, bl. 213-214

2 Konings 20:21

Voetnote

  • *

    Lett. “is by sy vaders neergelê”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 2:10
  • +2Kn 21:16; 23:26; 2Kr 33:11-13
  • +2Kr 32:33

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Kon. 20:12Kr 32:24
2 Kon. 20:1Jes 38:1-3
2 Kon. 20:32Kr 31:20, 21; Ps 25:7; 119:49
2 Kon. 20:4Jes 38:4-6
2 Kon. 20:5Ps 39:12
2 Kon. 20:5De 32:39; Ps 41:3; 103:3; 147:3
2 Kon. 20:5Ps 66:13; 116:12-14
2 Kon. 20:62Kr 32:22; Jes 10:24
2 Kon. 20:62Kn 19:34; Jes 37:35
2 Kon. 20:7Jes 38:21, 22
2 Kon. 20:8Rig 6:17; Jes 7:11
2 Kon. 20:9Jes 38:7, 8
2 Kon. 20:11Jos 10:12; 2Kr 32:31
2 Kon. 20:12Jes 39:1, 2
2 Kon. 20:132Kr 32:27
2 Kon. 20:14Jes 39:3, 4
2 Kon. 20:16Jes 39:5-7
2 Kon. 20:172Kn 24:12, 13; 25:13; 2Kr 36:7, 18; Jer 27:21, 22; Da 1:2
2 Kon. 20:182Kn 24:12
2 Kon. 20:18Da 1:19; 2:49
2 Kon. 20:19Ps 141:5
2 Kon. 20:19Jes 39:8
2 Kon. 20:20Joh 9:11
2 Kon. 20:202Kr 32:30
2 Kon. 20:211Kn 2:10
2 Kon. 20:212Kn 21:16; 23:26; 2Kr 33:11-13
2 Kon. 20:212Kr 32:33
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Konings 20:1-21

Die tweede boek van Konings

20 In daardie dae het Hiskiʹa dodelik siek geword.+ Die profeet Jesaja, die seun van Amos, het vir hom gaan sê: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Gee instruksies aan jou huisgesin, want jy gaan sterf. Jy sal nie gesond word nie.’”+ 2 Toe het Hiskiʹa sy gesig na die muur gedraai en tot Jehovah begin bid en gesê: 3 “Ek smeek u, o Jehovah, onthou asseblief hoe ek u getrou en met my hele hart gedien het, en ek het gedoen wat goed is in u oë.”+ En Hiskiʹa het bitterlik begin huil.

4 Nog voordat Jesaja by die middelste voorhof gekom het, het Jehovah vir hom gesê:+ 5 “Gaan terug en sê vir Hiskiʹa, die leier van my volk: ‘Dít is wat Jehovah, die God van jou voorvader Dawid, sê: “Ek het jou gebed gehoor. Ek het jou trane gesien.+ En ek gaan jou gesond maak.+ Op die derde dag sal jy na die huis van Jehovah gaan.+ 6 Ek sal 15 jaar by jou lewe* voeg, en ek sal jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assiʹrië+ red, en ek sal hierdie stad om my onthalwe en ter wille van my kneg Dawid verdedig.”’”+

7 Jesaja het toe gesê: “Gaan haal ’n koek van saamgeperste droëvye.” Toe het hulle dit gaan haal en dit op die sweer gesit. Daarna het hy geleidelik gesond geword.+

8 Hiskiʹa het vroeër vir Jesaja gevra: “Wat is die teken+ dat Jehovah my gesond sal maak en dat ek op die derde dag na die huis van Jehovah sal gaan?” 9 Jesaja het geantwoord: “Dít is die teken van Jehovah om te bewys dat Jehovah sal vervul wat hy gesê het: Wil jy hê dat die skaduwee op die trap* tien trappies vorentoe moet gaan of tien trappies agtertoe?”+ 10 Hiskiʹa het gesê: “Dit is maklik vir die skaduwee om tien trappies vorentoe te gaan, maar nie om tien trappies agtertoe te gaan nie.” 11 Daarna het die profeet Jesaja tot Jehovah begin roep, en Hy het die skaduwee op die trap van Agas tien trappies laat teruggaan nadat dit reeds vorentoe gegaan het.+

12 In daardie tyd het die koning van Babilon, Beroʹdag-Baʹladan, die seun van Baʹladan, briewe en ’n geskenk aan Hiskiʹa gestuur, want hy het gehoor dat Hiskiʹa siek was.+ 13 Hiskiʹa het hulle verwelkom* en vir hulle sy hele skathuis+ gewys – die silwer, die goud, die balsemolie en ander kosbare olie, sy wapenhuis en alles wat in sy skatkamers was. Daar was niks in sy paleis en in sy hele ryk wat Hiskiʹa nie vir hulle gewys het nie.

14 Daarna het die profeet Jesaja na koning Hiskiʹa gegaan en vir hom gevra: “Wat het hierdie manne gesê, en waarvandaan het hulle gekom?” Toe het Hiskiʹa gesê: “Hulle het van ’n ver land gekom, van Babilon.”+ 15 Hy het toe gevra: “Wat het hulle in jou paleis gesien?” Hiskiʹa het gesê: “Hulle het alles in my paleis gesien. Daar was niks in my skatkamers wat ek nie vir hulle gewys het nie.”

16 Jesaja het toe vir Hiskiʹa gesê: “Hoor die woord van Jehovah:+ 17 ‘Die tyd kom wanneer alles in jou paleis en alles wat jou voorvaders tot vandag toe opgegaar het, na Babilon weggedra sal word.+ Daar sal niks oorbly nie,’ sê Jehovah. 18 ‘En party van jou seuns wat nog gebore sal word, sal weggeneem word+ en sal hofbeamptes in die paleis van die koning van Babilon word.’”+

19 Toe het Hiskiʹa vir Jesaja gesê: “Die woord van Jehovah wat u oorgedra het, is goed.”+ Hy het bygevoeg: “Dit is goed as daar vrede en stabiliteit* in my leeftyd sal wees.”+

20 Wat die res van die geskiedenis van Hiskiʹa betref, al sy magtige dade en hoe hy die dam+ en die kanaal gemaak en die water in die stad ingebring het,+ dit is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Juda. 21 Hiskiʹa het gesterf,*+ en sy seun Manasʹse+ het in sy plek koning geword.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel