Job
36 Eliʹhu het verder gesê:
2 “Wees nog ’n rukkie geduldig met my terwyl ek verduidelik,
want daar is nog dinge wat ek namens God moet sê.
4 Wat ek sê, is beslis nie ’n leuen nie.
Dit kom van Hom wat volmaakte kennis het.+
5 Kyk! God is magtig+ en verwerp niemand nie.
Hy het baie insig.
7 Sy oë is altyd op die regverdiges.+
Hy laat hulle as konings op die troon sit,*+ en hulle word vir ewig geëer.
8 Maar as hulle met kettings gebind word
en in toue van lyding vasgevang word,
9 dan openbaar hy aan hulle wat hulle gedoen het,
hoe hulle oortree het weens hulle trots.
11 As hulle gehoorsaam is en hom dien,
sal die res van hulle lewe voorspoedig wees,
en hulle jare sal aangenaam wees.+
13 Die goddeloses* sal kwaad word.
Selfs wanneer hy hulle straf, roep hulle nie om hulp nie.
14 Hulle sterf terwyl hulle nog jonk is,+
en bring hulle lewe deur* saam met manlike tempelprostitute.+
15 Maar in moeilike tye red God dié wat ly.
Hy maak hulle ore oop wanneer hulle verdruk word.
17 Dan sal jy tevrede wees met die oordeel wat die goddeloses ontvang,+
wanneer hulle geoordeel word en geregtigheid hulle inhaal.
18 Maar pasop dat woede jou nie gemeen laat word nie,+
en moenie dat ’n groot omkoopgeskenk jou mislei nie.
20 Moenie na die nag verlang,
wanneer mense uit hulle plek verdwyn nie.
22 Kyk! God het groot mag.
Watter onderrigter is soos hy?
25 Die hele mensdom het dit gesien.
Mense kyk van ver af daarna.
26 Ja, ons kan nie begryp hoe groot God is nie.+
Ons kan nie verstaan hoe oud hy is nie.+
Hy gee hulle kos in oorvloed.+
33 Sy donderslae kondig hom aan.
Selfs die vee sê wie* op pad is.