NEHEMIA
1 Hier volg die woorde van Nehemiʹa,*+ die seun van Hagalʹja: In die maand Kislef,* in die 20ste jaar, was ek in die paleis* Susan.*+ 2 Hanaʹni,+ een van my broers, het daar aangekom saam met ander manne uit Juda, en ek het hulle gevra oor die oorblywende Jode wat uit die gevangenskap vrygelaat is,+ en ook oor Jerusalem. 3 Hulle het geantwoord: “Dit gaan baie sleg met dié wat nog daar in die provinsie* is en wat die gevangenskap oorleef het, en almal spot met hulle.+ Die mure van Jerusalem is afgebreek,+ en sy poorte is met vuur verbrand.”+
4 Toe ek hierdie woorde hoor, het ek dadelik gaan sit en begin huil en dae lank getreur, en ek het die hele tyd voor die God van die hemel gevas+ en gebid. 5 Ek het gesê: “O Jehovah, die God van die hemel, u is die groot en ontsagwekkende God wat u verbond hou en wat lojale liefde betoon aan almal wat u liefhet en u gebooie gehoorsaam.+ 6 Moet asseblief nie u ore en oë sluit vir die gebed wat u kneg nou dag en nag tot u bid+ oor u knegte, die Israeliete, nie. Ek het die hele tyd die sondes bely wat u volk Israel teen u gepleeg het. Ons het gesondig, ek sowel as die huis van my vader.+ 7 Ons het beslis goddeloos teen u opgetree+ deur nie gehoorsaam te wees aan die gebooie, die wetsvoorskrifte en die regterlike bevele wat u aan u kneg Moses gegee het nie.+
8 “Dink asseblief aan wat u vir u kneg Moses gesê het: ‘As julle ontrou is, sal ek julle onder die volke verstrooi.+ 9 Maar as julle na my terugkeer en my gebooie onderhou en gehoorsaam, sal ek julle bymekaarmaak,+ al is julle tot aan die einde van die hemel verstrooi, en ek sal julle na die plek toe bring wat ek vir my naam uitgekies het.’+ 10 Hulle is u knegte en u volk, wat u deur u groot krag en deur u sterk hand gered het.+ 11 Ag, Jehovah, luister asseblief na die gebed van u kneg en na die gebed van u knegte wat vreugde daarin vind om u naam te vrees. Laat u kneg vandag asseblief suksesvol wees, en mag hierdie man medelye* aan my betoon.”+
Ek was op daardie stadium die koning se skinker.+
2 In die maand Nisan,* in die 20ste jaar+ van koning Artasasʹta,+ is wyn voor hom neergesit, en ek het soos gewoonlik die wyn geneem en dit vir die koning gegee.+ Maar ek was nog nooit tevore hartseer in sy teenwoordigheid nie. 2 Daarom het die koning vir my gesê: “Hoekom lyk jy so hartseer? Jy is mos nie siek nie. Ek kan sien dat jy bekommerd is oor iets.” Toe hy dit sê, het ek baie bang geword.
3 Toe het ek vir die koning gesê: “Lank lewe die koning! Hoekom sou ek nie hartseer lyk as die stad, die plek waar my voorvaders begrawe is, verwoes is en sy poorte deur vuur vernietig is nie?”+ 4 Die koning het my toe gevra: “Wat wil jy graag hê?” Ek het dadelik tot die God van die hemel gebid.+ 5 Ek het toe vir die koning gesê: “As dit goed is in die koning se oë en as u kneg u goedkeuring het, stuur my na Juda, na die stad waar my voorvaders begrawe is, sodat ek dit kan herbou.”+ 6 Toe het die koning, terwyl die koningin langs hom gesit het, vir my gevra: “Hoe lank sal jou reis wees, en wanneer sal jy terugkom?” Die koning het toe vir my toestemming gegee om te gaan,+ en ek het vir hom gesê hoe lank ek weg sal wees.+
7 Ek het toe vir die koning gesê: “As dit goed is in die koning se oë, gee dan vir my briewe vir die goewerneurs van die gebied anderkant die Rivier,*+ sodat ek veilig deur hulle gebied mag reis op pad na Juda toe, 8 sowel as ’n brief aan Asaf die opsigter van die koning se woud,* sodat hy vir my hout sal gee vir balke vir die poorte van die Vesting+ van die Tempel,* vir die mure van die stad+ en vir die huis waar ek sal bly.” Die koning het dit dus vir my gegee,+ want die goeie hand van my God was met my.+
9 Uiteindelik het ek by die goewerneurs van die gebied anderkant die Rivier gekom en die koning se briewe vir hulle gegee. Die koning het ook hoofde van die leërmag en perderuiters saam met my gestuur. 10 Toe Sanbalʹlat,+ die Horoniet, en Tobiʹa,+ die Ammonitiese+ amptenaar,* daarvan hoor, was hulle baie ontevrede dat iemand gekom het om iets goeds vir die Israeliete te doen.
11 Uiteindelik het ek in Jerusalem aangekom, en ek het drie dae daar gebly. 12 Ek het in die nag opgestaan, ek en ’n paar manne saam met my, en ek het niemand vertel wat my God in my hart gesit het om vir Jerusalem te doen nie, en behalwe die dier waarop ek gery het, was daar geen ander diere by my nie. 13 En ek het in die nag deur die Valleipoort+ uitgegaan en voor die Fontein van die Groot Slang verbygegaan na die Aspoort,+ en ek het die mure van Jerusalem ondersoek wat afgebreek is, sowel as die poorte wat deur vuur vernietig is.+ 14 Ek het verder gegaan na die Fonteinpoort+ en na die Koning se Dam, en daar was nie genoeg plek vir die dier waarop ek gery het, om daar verby te kom nie. 15 Maar in die nag het ek verder in die vallei*+ opgeklim en aangehou om die muur te ondersoek. Daarna het ek weer deur die Valleipoort ingekom en huis toe gegaan.
16 Die amptenare+ het nie geweet waarheen ek gegaan het en waarmee ek besig was nie, want ek het nog niks vir die Jode, die priesters, die leiers, die amptenare en die res van die werkers gesê nie. 17 Uiteindelik het ek vir hulle gesê: “Julle kan sien hoe sleg dit met ons gaan, hoe Jerusalem verwoes is en sy poorte met vuur verbrand is. Kom, laat ons die mure van Jerusalem herbou, sodat hierdie skandelike situasie tot ’n einde kan kom.” 18 Toe het ek hulle vertel van hoe die goeie hand van my God met my was,+ en ook van wat die koning vir my gesê het.+ Hulle het geantwoord: “Kom ons bou.” En hulle het hulle gereedgemaak* vir die goeie werk.+
19 Toe Sanbalʹlat, die Horoniet, Tobiʹa,+ die Ammonitiese+ amptenaar,* en Gesem, die Arabier,+ dit hoor, het hulle ons begin uitlag+ en ons gespot en gevra: “Wat doen julle? Kom julle in opstand teen die koning?”+ 20 Maar ek het geantwoord: “Die God van die hemel sal ons suksesvol laat wees,+ en ons, sy knegte, sal opstaan en bou, maar julle het geen aandeel of reg in Jerusalem nie, en julle is geen deel van die stad se geskiedenis nie.”*+
3 Die hoëpriester Eljaʹsib+ en sy broers, die priesters, het opgestaan om die Skaappoort+ te bou. Hulle het dit geheilig*+ en die deure ingesit. Hulle het dit tot by die Mea-toring+ en tot by die Hanaʹnel-toring+ geheilig. 2 Langs hulle het die manne van Jeʹrigo+ gebou, en langs hulle het Sakkur, die seun van Imri, gebou.
3 Die seuns van Hasseʹnaä het die Vispoort+ gebou. Hulle het die balke ingesit,+ en toe die deure, die sluitbalke en die grendels. 4 Langs hulle het Meʹremot,+ die seun van Uriʹa, die seun van Hakkos, herstelwerk gedoen, en langs hulle het Mesulʹlam,+ die seun van Beregʹja, die seun van Mesesaʹbel, herstelwerk gedoen, en langs hulle het Sadok, die seun van Baäna, herstelwerk gedoen. 5 En langs hulle het die Tekoïete+ herstelwerk gedoen, maar die belangrike manne onder hulle wou hulle nie verneder* om werk vir hulle meesters te doen nie.
6 Jojaʹda, die seun van Paseʹag, en Mesulʹlam, die seun van Besodʹja, het die Poort van die Ou Stad+ reggemaak. Hulle het die balke ingesit, en toe die deure, die sluitbalke en die grendels. 7 Langs hulle het Melatʹja, die Gibeoniet,+ en Jadon, die Meronotiet, herstelwerk gedoen, manne van Giʹbeon en Mispa+ wat onder die gesag was* van die goewerneur van die gebied anderkant die Rivier.*+ 8 Langs hulle het Usʹsiël, die seun van Harhaʹja, een van die goudsmede, herstelwerk gedoen, en langs hom het Hananʹja, een van die salfmengers,* herstelwerk gedoen, en hulle het plaveiklippe in Jerusalem gelê tot by die Breë Muur.+ 9 En langs hulle het Refaʹja, die seun van Hur, ’n leier van die helfte van die Jerusalem-distrik, herstelwerk gedoen. 10 Langs hulle het Jedaʹja, die seun van Haruʹmaf, herstelwerk oorkant sy eie huis gedoen, en langs hom het Hattus, die seun van Hasabneʹja, herstelwerk gedoen.
11 Malkiʹa, die seun van Harim,+ en Hassub, die seun van Pahat-Moab,+ het ’n ander deel* reggemaak, sowel as die Oondtoring.+ 12 En langs hulle het Sallum, die seun van Halloʹhes, ’n leier van die helfte van die Jerusalem-distrik, herstelwerk gedoen, hy en sy dogters.
13 Hanun en die inwoners van Sanoʹag+ het die Valleipoort+ reggemaak. Hulle het dit gebou en toe die deure, die sluitbalke en die grendels ingesit, en hulle het 1 000 el* van die muur tot by die Aspoort+ reggemaak. 14 Malkiʹa, die seun van Regab, ’n leier van die distrik Bet-Hakkeʹrem,+ het die Aspoort reggemaak. Hy het dit gebou en die deure, die sluitbalke en die grendels ingesit.
15 Sallun, die seun van Kolhoseʹ, ’n leier van die distrik Mispa,+ het die Fonteinpoort+ reggemaak. Hy het die poort en die dak gebou, en hy het die deure, die sluitbalke en die grendels ingesit. Hy het ook die muur van die Kanaaldam+ by die Koningstuin+ reggemaak tot by die Trap+ wat van die Stad van Dawid+ afloop.
16 Langs hom het Nehemiʹa, die seun van Asbuk, ’n leier van die helfte van die distrik Bet-Sur,+ herstelwerk gedoen van oorkant die Grafte van Dawid+ af tot by die dam+ wat gebou is en tot by die Huis van die Vegters.
17 Langs hom het die Leviete herstelwerk gedoen: Rehum, die seun van Bani, en langs hom het Hasabʹja, ’n leier van die helfte van die distrik Kehiʹla,+ herstelwerk vir sy distrik gedoen. 18 Langs hom het hulle broers herstelwerk gedoen: Bawwai, die seun van Heʹnadad, ’n leier van die helfte van die distrik Kehiʹla.
19 En langs hom het Eser, die seun van Jeʹsua,+ ’n leier van Mispa, ’n ander deel reggemaak oorkant die plek waar ’n mens opgaan na die Wapenhuis by die Steunmuur.+
20 Langs hom het Barug, die seun van Sabbai,+ ywerig gewerk en ’n ander deel reggemaak, van die Steunmuur af tot by die ingang van die huis van die hoëpriester Eljaʹsib.+
21 Langs hom het Meʹremot,+ die seun van Uriʹa, die seun van Hakkos, ’n ander deel reggemaak, van die een kant van Eljaʹsib se huis af, waar die ingang was, tot by die ander kant van die huis.
22 En langs hom het die priesters, manne van die Jordaandistrik,*+ herstelwerk gedoen. 23 Langs hulle het Benjamin en Hassub herstelwerk oorkant hulle eie huis gedoen. Langs hulle het Asarʹja, die seun van Maäseʹja, die seun van Ananʹja, herstelwerk naby sy eie huis gedoen. 24 Langs hom het Binʹnuï, die seun van Heʹnadad, ’n ander deel reggemaak, van die huis van Asarʹja af tot by die Steunmuur+ en tot by die hoek.
25 Langs hom het Palal die seun van Usai herstelwerk gedoen oorkant die Steunmuur en die toring wat van die Paleis van die Koning+ uitsteek, die boonste toring wat by die Voorhof van die Wagte+ is. Langs hom was Pedaʹja, die seun van Paros.+
26 En die tempelknegte*+ wat in Ofel gewoon het,+ het herstelwerk gedoen tot oorkant die Waterpoort+ aan die oostekant en tot by die toring wat uitsteek.
27 Langs hulle het die Tekoïete+ ’n ander deel reggemaak, van oorkant die groot toring wat uitsteek tot by die Ofel-muur.
28 Die priesters het bokant die Perdepoort+ herstelwerk gedoen, elkeen oorkant sy eie huis.
29 Langs hulle het Sadok,+ die seun van Immer, herstelwerk oorkant sy eie huis gedoen.
En langs hom het Semaʹja, die seun van Seganʹja, die opsigter van die Oospoort,+ herstelwerk gedoen.
30 Langs hom het Hananʹja, die seun van Selemʹja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, ’n ander deel reggemaak.
Langs hom het Mesulʹlam,+ die seun van Beregʹja, herstelwerk oorkant sy eie saal gedoen.
31 Langs hom het Malkiʹa, ’n goudsmid,* herstelwerk gedoen tot by die huis van die tempelknegte*+ en die handelaars, oorkant die Inspeksiepoort en tot by die dakvertrek van die hoek.
32 En tussen die dakvertrek van die hoek en die Skaappoort+ het die goudsmede en die handelaars herstelwerk gedoen.
4 Toe Sanbalʹlat+ hoor dat ons die muur herbou, het hy kwaad geword en hom baie vererg, en hy het die Jode bly spot. 2 Hy het voor sy broers en die leërmag van Samariʹa gevra: “Wat maak hierdie magtelose Jode? Gaan hulle dit op hulle eie doen? Gaan hulle offerandes bring? Gaan hulle binne ’n dag klaarmaak? Gaan hulle die swartgebrande klippe lewend maak wat op die stowwerige hope rommel lê?”+
3 En Tobiʹa,+ die Ammoniet,+ het langs hom gestaan en het gesê: “Selfs as ’n jakkals op hulle klipmuur klim, sal hy dit laat omval.”
4 Hoor, o ons God, want ons word gespot, en laat hulle beledigings+ op hulle eie koppe terugkom,+ en laat hulle as gevangenes weggeneem word na ’n ander land. 5 En moenie hulle skuld bedek of hulle sonde voor u uitvee nie,+ want hulle het die bouers beledig.
6 Ons het aangehou om die muur te bou, en ons het al die gapings toegemaak en die hele muur tot op die helfte van sy hoogte herbou, en die volk het aangehou om met hulle hele hart te werk.
7 Toe Sanbalʹlat, Tobiʹa,+ die Arabiere,+ die Ammoniete en die Asdodiete+ hoor dat die herstelwerk aan die mure van Jerusalem vorder en dat die gapings toegemaak word, het hulle baie kwaad geword. 8 Hulle het planne beraam om teen Jerusalem te kom veg en om ’n versteuring te kom veroorsaak. 9 Maar ons het tot ons God gebid, en ons het wagte geplaas om ons dag en nag teen hulle te beskerm.
10 Die mense van Juda het egter gesê: “Die werkers* het moeg geword, en daar is soveel rommel wat verwyder moet word. Ons sal nooit die muur kan bou nie.”
11 En ons vyande het bly sê: “Voordat hulle hulle oë uitvee, sal ons tussen hulle inkom en hulle doodmaak en die werk stopsit.”
12 Wanneer die Jode wat naby ons vyande gewoon het, ingekom het, het hulle oor en oor* vir ons gesê: “Hulle sal ons uit alle rigtings aanval.”
13 Daarom het ek manne geplaas op die laagste dele van die plek agter die muur, die dele wat maklik aangeval kon word, en ek het hulle volgens families geplaas met hulle swaarde, hulle spiese en hulle boë. 14 Toe ek sien hoe bang hulle is, het ek onmiddellik opgestaan en vir die leiers,+ die amptenare en die res van die volk gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie.+ Dink aan Jehovah, wat groot en ontsagwekkend is.+ Veg vir julle broers, julle seuns en dogters, julle vrouens en huise.”
15 Nadat ons vyande gehoor het dat ons uitgevind het wat hulle doen en dat die ware God hulle plan laat misluk het, het ons almal weer aan die muur begin werk. 16 Van daardie dag af het die helfte van my manne die werk gedoen,+ en die ander helfte van hulle het die spiese, die skilde, die boë en die pantsers* vasgehou. En die leiers+ het hulle ondersteuning gegee aan* die hele huis van Juda 17 wat die muur gebou het. Die werkers wat die vragte gedra het, het die werk met een hand gedoen terwyl hulle ’n wapen* met die ander hand vasgehou het. 18 Elke bouer het ’n swaard aan sy heup gehad terwyl hy gebou het, en die een wat die horing moes blaas,+ het langs my gestaan.
19 Ek het toe vir die leiers, die amptenare en die res van die volk gesê: “Die werk is groot en uitgebreid, en ons is ver van mekaar af al langs die muur versprei. 20 Wanneer julle die geluid van die horing hoor, moet julle by ons bymekaarkom. Ons God sal vir ons veg.”+
21 Ons het dus aangehou werk terwyl die ander helfte die spiese vasgehou het, van dagbreek af totdat die sterre uitgekom het. 22 Ek het toe vir die volk gesê: “Laat die manne, elkeen met sy dienaar, in Jerusalem oornag. In die nag sal hulle ons beskerm, en gedurende die dag sal hulle werk.” 23 Ek, my broers, my dienaars+ en die wagte wat my gevolg het, het nooit ons klere uitgetrek nie, en elkeen van ons het sy wapen in sy regterhand vasgehou.
5 Maar daar was ’n groot gekla onder die mans en hulle vrouens teen hulle Joodse broers.+ 2 Party het gesê: “Ons het baie seuns en dogters. Ons moet graan in die hande kry sodat ons kan eet en bly lewe.” 3 Ander het gesê: “Ons gee ons landerye en ons wingerde en ons huise as waarborg sodat ons gedurende die voedseltekort graan kan kry.” 4 Nog ander het gesê: “Ons het ons landerye en ons wingerde as waarborg gegee sodat ons geld kan leen vir die koning se skatting.*+ 5 Ons is van dieselfde vlees en bloed as ons broers,* en ons kinders is net soos hulle kinders. En tog moet ons ons seuns en dogters as slawe verkoop, en van ons dogters is alreeds slavinne.+ Maar ons kan niks doen om dit te keer nie, want ons landerye en ons wingerde behoort aan ander mense.”
6 Ek het baie kwaad geword toe ek hoor hoe hulle kla en wat hulle sê. 7 Toe het ek in my hart hieroor nagedink, en ek het dit met die leiers en die amptenare bespreek en vir hulle gesê: “Elkeen van julle vra rente van sy eie broer.”*+
Daarna het ek as gevolg van hulle ’n groot vergadering gereël. 8 En ek het vir hulle gesê: “Ons het alles gedoen wat ons kon om ons Joodse broers wat aan die nasies verkoop was, terug te koop. Maar gaan julle nou julle eie broers verkoop,+ en gaan hulle weer aan ons verkoop word?” Toe hulle dit hoor, het hulle stilgebly, en hulle het niks gehad om te sê nie. 9 Toe het ek gesê: “Wat julle doen, is nie goed nie. Behoort julle nie ons God te vrees in alles wat julle doen,*+ sodat die nasies, ons vyande, ons nie kan bespot nie? 10 Wat meer is, ek, my broers en my dienaars leen vir hulle geld en graan. Laat ons asseblief ophou om uit te leen en rente te vra.+ 11 Gee asseblief vandag nog hulle landerye,+ hulle wingerde, hulle olyfboorde en hulle huise terug, sowel as die honderdste* van die geld, die graan, die nuwe wyn en die olie wat julle as rente van hulle vra.”
12 Toe het hulle gesê: “Ons sal hierdie dinge vir hulle teruggee en niks terugvra nie. Ons sal presies doen wat u sê.” Toe het ek die priesters geroep en daardie manne laat sweer om hierdie belofte te hou. 13 En ek het die voue van my kleed uitgeskud* en gesê: “Mag die ware God elke man wat nie hierdie belofte hou nie, so van sy huis en van sy besittings uitskud, en mag hy so uitgeskud en leeggemaak word.” Toe het die hele gemeente gesê: “Amen!”* En hulle het Jehovah geloof, en die volk het hulle belofte nagekom.
14 Wat meer is, van die dag af dat die koning my as hulle goewerneur+ in die land van Juda aangestel het, van die 20ste jaar+ af tot die 32ste jaar+ van koning Artasasʹta,+ 12 jaar lank, het nie ek of my broers die kos geëet wat die goewerneur die reg gehad het om te ontvang nie.+ 15 Maar die vorige goewerneurs het dit moeilik gemaak vir die volk en het elke dag 40 sikkels* silwer by hulle geneem vir brood en wyn. En hulle dienaars het die volk onderdruk. Maar ek het dit nie gedoen nie+ omdat ek God gevrees het.+
16 Wat meer is, ek het gehelp werk aan hierdie muur, en ons het nie ’n stuk grond verkry nie.+ Al my dienaars is daar bymekaargebring vir die werk. 17 Daar was 150 Jode en amptenare aan my tafel, sowel as die mense wat uit die nasies na ons toe gekom het. 18 Elke dag is een bul, ses van die beste skape en voëls op my onkoste* voorberei, en een keer elke tien dae het ons allerhande soorte wyn in oorvloed gehad. Ten spyte hiervan het ek nie aangedring op die kostoelaag wat die goewerneur die reg gehad het om te ontvang nie, want die werk was alreeds ’n swaar las op die volk. 19 Dink tog aan my en seën my, o my God, vir alles wat ek vir hierdie volk gedoen het.+
6 Net toe daar vir Sanbalʹlat en Tobiʹa+ en Gesem, die Arabier,+ en die res van ons vyande vertel is dat ek die muur herbou het+ en dat daar nie meer gapings in die muur was nie (al het ek tot op daardie tyd nog nie die deure in die poorte ingesit nie),+ 2 het Sanbalʹlat en Gesem onmiddellik die volgende boodskap aan my gestuur: “Kom, en laat ons afspreek om in die dorpies van die Valleivlakte van Ono+ te ontmoet.” Maar hulle het planne beraam om iets slegs aan my te doen. 3 Ek het dus boodskappers na hulle toe gestuur om te sê: “Ek is besig met ’n groot werk, en ek kan nie kom nie. Die werk sal stilstaan as ek dit los om na julle toe te kom.” 4 Hulle het dieselfde boodskap vier keer na my toe gestuur, en ek het hulle elke keer dieselfde antwoord gegee.
5 Toe het Sanbalʹlat ’n vyfde keer sy dienaar met dieselfde boodskap na my toe gestuur, met ’n oop brief in sy hand. 6 Dit het gesê: “Daar word onder die nasies gesê, en Gesem+ sê dit ook, dat jy en die Jode planne beraam om in opstand te kom.+ Dit is hoekom jy die muur bou, en volgens hierdie stories gaan jy hulle koning word. 7 Jy het ook profete aangestel om in die hele Jerusalem aan te kondig dat jy ’n koning in Juda is. En nou sal hierdie dinge vir die koning vertel word. Kom dan nou, en laat ons dit saam bespreek.”
8 Maar ek het die volgende antwoord aan hom gestuur: “Nie een van die dinge wat jy gesê het, het gebeur nie. Jy het dit self* opgemaak.” 9 Want hulle almal het ons probeer bang maak en het gesê: “Hulle hande sal slap word in die werk, en dit sal nie gedoen word nie.”+ Maar nou bid ek: Versterk asseblief my hande.+
10 Toe het ek na die huis van Semaʹja, die seun van Delaʹja, die seun van Mehetaʹbel, gegaan terwyl hy hom daar toegesluit het. Hy het gesê: “Laat ons ’n tyd vasstel om te ontmoet by die huis van die ware God, in die tempel, en laat ons die deure van die tempel toemaak, want hulle kom om u dood te maak. Hulle kom om u in die nag dood te maak.” 11 Maar ek het gesê: “Moet ’n man soos ek vlug? Kan ’n man soos ek in die tempel ingaan en bly lewe?+ Ek sal nie ingaan nie!” 12 Toe het ek besef dat God hom nie gestuur het nie, maar dat Tobiʹa en Sanbalʹlat+ hom gehuur het om hierdie profesie teen my uit te spreek. 13 Hy is gehuur om my bang te maak en om my te laat sondig, want dan sou hulle my ’n slegte reputasie kon gee, sodat hulle my kon bespot.
14 O my God, dink aan Tobiʹa+ en Sanbalʹlat en aan wat hulle gedoen het en ook aan die profetes Noadʹja en die res van die profete wat my die hele tyd probeer bang maak het.
15 Die muur is voltooi op die 25ste dag van Elul,* in 52 dae.
16 Toe al ons vyande dit hoor en al die nasies om ons dit sien, het hulle baie vernederd gevoel,*+ en hulle het besef dat hierdie werk met ons God se hulp gedoen is. 17 In daardie dae het die leiers+ van Juda baie briewe aan Tobiʹa gestuur, en Tobiʹa het dit beantwoord. 18 Baie in Juda het belowe om aan sy kant te wees, want hy was ’n skoonseun van Seganʹja, die seun van Arag,+ en sy seun Johaʹnan het met die dogter van Mesulʹlam,+ die seun van Beregʹja, getrou. 19 Hulle het ook die hele tyd vir my goeie dinge van hom vertel en dan vir hom gaan vertel wat ek gesê het. Dan het Tobiʹa briewe gestuur om my bang te maak.+
7 Toe die muur herbou is,+ het ek die deure ingesit.+ Toe is die poortwagters,+ die sangers+ en die Leviete+ aangestel. 2 Ek het toe my broer Hanaʹni+ oor Jerusalem aangestel, asook Hananʹja die hoof van die Vesting,+ want hy was ’n baie betroubare man en het die ware God meer gevrees+ as baie ander mense. 3 Toe het ek vir hulle gesê: “Die poorte van Jerusalem moenie oopgemaak word voordat die son op sy warmste is nie, en terwyl hulle wag hou, moet hulle die deure met die sluitbalke toemaak. En stel die inwoners van Jerusalem as wagte aan, elkeen op sy eie wagpos en elkeen voor sy eie huis.” 4 Die stad was groot, met min mense daarin,+ en die huise is nog nie herbou nie.
5 Maar my God het dit in my hart gesit om die leiers en die amptenare en die volk bymekaar te bring, sodat hulle name in die geslagsregisters opgeteken kan word.+ Toe het ek die boek gevind van die geslagsregister van die mense wat eerste opgetrek het, en dit het gesê:
6 Hier volg ’n lys van die mense van die provinsie* wat uit die gevangenskap van die ballinge gekom het. Dit was die mense wat in ballingskap weggeneem is+ deur koning Nebukadneʹsar+ van Babilon en wat later na Jerusalem en Juda teruggekeer het, elkeen na sy eie stad,+ 7 die mense wat saam met Serubbaʹbel,+ Jeʹsua,+ Nehemiʹa, Asarʹja, Raämʹja, Nahamaʹni, Morʹdegai, Bilsan, Mispeʹret, Bigwai, Nehum en Baäna gekom het.
Die getal Israelitiese manne het die volgende ingesluit:+ 8 die kinders van Paros: 2 172. 9 Die kinders van Sefatʹja: 372. 10 Die kinders van Arag:+ 652. 11 Die kinders van Pahat-Moab,+ van die kinders van Jeʹsua en Joab:+ 2 818. 12 Die kinders van Elam:+ 1 254. 13 Die kinders van Sattu: 845. 14 Die kinders van Sakkai: 760. 15 Die kinders van Binʹnuï: 648. 16 Die kinders van Bebai: 628. 17 Die kinders van Asgad: 2 322. 18 Die kinders van Adoniʹkam: 667. 19 Die kinders van Bigwai: 2 067. 20 Die kinders van Adin: 655. 21 Die kinders van Ater, van Hiskiʹa: 98. 22 Die kinders van Hasum: 328. 23 Die kinders van Besaï: 324. 24 Die kinders van Harif: 112. 25 Die kinders van Giʹbeon:+ 95. 26 Die manne van Betlehem en Netoʹfa: 188. 27 Die manne van Aʹnatot:+ 128. 28 Die manne van Bet-Asmaʹwet: 42. 29 Die manne van Kirʹjat-Jeaʹrim,+ Kefiʹra en Beʹërot:+ 743. 30 Die manne van Rama en Geba:+ 621. 31 Die manne van Migmas:+ 122. 32 Die manne van Bet-El+ en Ai:+ 123. 33 Die manne van die ander Nebo: 52. 34 Die kinders van die ander Elam: 1 254. 35 Die kinders van Harim: 320. 36 Die kinders van Jeʹrigo: 345. 37 Die kinders van Lod, Hadid en Ono:+ 721. 38 Die kinders van Seʹnaä: 3 930.
39 Die priesters:+ die kinders van Jedaʹja, van die huis van Jeʹsua: 973. 40 Die kinders van Immer: 1 052. 41 Die kinders van Pasgur:+ 1 247. 42 Die kinders van Harim:+ 1 017.
43 Die Leviete:+ die kinders van Jeʹsua, van Kadʹmiël,+ van die kinders van Hodeʹwa: 74. 44 Die sangers:+ die kinders van Asaf:+ 148. 45 Die poortwagters:+ die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub,+ die kinders van Hatiʹta, die kinders van Sobai: 138.
46 Die tempelknegte:*+ die kinders van Siha, die kinders van Hasuʹfa, die kinders van Tabʹbaot, 47 die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon, 48 die kinders van Lebaʹna, die kinders van Hagaʹba, die kinders van Salmai, 49 die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar, 50 die kinders van Reaʹja, die kinders van Resin, die kinders van Nekoʹda, 51 die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paseʹag, 52 die kinders van Besai, die kinders van Meünim, die kinders van Nefuʹsesim, 53 die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakuʹfa, die kinders van Harhur, 54 die kinders van Baslit, die kinders van Mehiʹda, die kinders van Harsa, 55 die kinders van Barkos, die kinders van Siʹsera, die kinders van Temag, 56 die kinders van Nesiʹag, die kinders van Hatiʹfa.
57 Die kinders van die knegte van Salomo:+ die kinders van Sotai, die kinders van Sofeʹret, die kinders van Periʹda, 58 die kinders van Jaʹäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel, 59 die kinders van Sefatʹja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogeʹret-Hassebaʹim, die kinders van Amon. 60 Al die tempelknegte*+ en die kinders van die knegte van Salomo was 392.
61 En hier volg ’n lys van die mense wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar omdat hulle nie hulle vaderhuis en oorsprong kon bevestig nie, kon hulle nie bewys dat hulle Israeliete is nie:+ 62 die kinders van Delaʹja, die kinders van Tobiʹa, die kinders van Nekoʹda: 642. 63 En van die priesters: die kinders van Habaʹja, die kinders van Hakkos,+ die kinders van Barsilʹlai,+ wat ’n vrou uit die dogters van Barsilʹlai, die Gileadiet, geneem het en na hom vernoem is. 64 Hulle het na hulle name in die registers gesoek om te bevestig van wie hulle afstam, maar hulle name kon nie gevind word nie, en daarom is hulle nie toegelaat om as priesters te dien nie.*+ 65 Die goewerneur*+ het vir hulle gesê dat hulle nie van die besonder heilige dinge+ mag eet voordat ’n priester die saak met die Urim en Tummim kon bevestig nie.+
66 Daar was altesaam 42 360 in die gemeente,+ 67 maar dit het nie hulle 7 337 slawe en slavinne+ ingesluit nie. Daar was ook 245 sangers en sangeresse.+ 68 Hulle het 736 perde gehad, asook 245 muile, 69 435 kamele en 6 720 donkies.
70 Party van die hoofde van die vaderhuise het bydraes gegee vir die werk.+ Die goewerneur* het 1 000 goue dragmas,* 50 bakke en 530 stelle priesterlike klere tot die fonds* bygedra.+ 71 En party van die hoofde van die vaderhuise het 20 000 goue dragmas en 2 200 silwerminas* tot die fonds* vir die projek bygedra. 72 Die res van die volk het 20 000 goue dragmas, 2 000 silwerminas en 67 stelle priesterlike klere gegee.
73 Die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers,+ party van die volk, die tempelknegte* en die res van Israel* het in hulle stede gaan woon.+ Teen die sewende maand+ het die Israeliete reeds in hulle stede gewoon.+
8 Die hele volk het toe soos een man bymekaargekom op die openbare plein wat voor die Waterpoort+ was, en hulle het vir Esra+ die kopiis* gesê om die boek van die Wet van Moses,+ wat Jehovah aan Israel gegee het, te bring.+ 2 Toe het die priester Esra op die eerste dag van die sewende maand+ die Wet gebring voor die gemeente+ van mans, vrouens en almal wat kon luister en verstaan. 3 En hy het van dagbreek af tot die middag toe voor die openbare plein wat voor die Waterpoort was, daaruit voorgelees+ vir die mans, die vrouens en almal wat kon verstaan, en die volk het aandagtig na die Wetboek geluister.+ 4 En Esra die kopiis* het op ’n houtverhoog gestaan wat vir die geleentheid gemaak is. Aan sy regterkant het Mattitʹja, Sema, Anaʹja, Uriʹa, Hilkiʹa en Maäseʹja gestaan, en aan sy linkerkant het Pedaʹja, Miʹsael, Malkiʹa,+ Hasum, Has-Baddaʹna, Sagariʹa en Mesulʹlam gestaan.
5 Die hele volk het gesien toe Esra die boek oopmaak, want hy het hoër as die hele volk gestaan. Toe hy dit oopgemaak het, het die hele volk opgestaan. 6 Daarna het Esra Jehovah, die ware God, die groot God, geloof. Die hele volk het geantwoord: “Amen! Amen!”*+ en hulle het hulle hande opgelig. Toe het hulle op hulle knieë gegaan en met hulle gesigte na die grond toe voor Jehovah neergebuig. 7 En Jeʹsua, Bani, Serebʹja,+ Jamin, Akkub, Sabʹbetai, Hodiʹa, Maäseʹja, Keliʹta, Asarʹja, Joʹsabad,+ Hanan en Pelaʹja, wat Leviete was, het die Wet aan die volk verduidelik+ terwyl die volk bly staan het. 8 Hulle het bly voorlees uit die boek, uit die Wet van die ware God, en het mooi verduidelik wat dit beteken. Hulle het die volk dus gehelp om te verstaan wat voorgelees word.*+
9 En Nehemiʹa, wat toe die goewerneur* was, Esra,+ wat ’n priester en kopiis* was, en die Leviete wat die volk onderrig het, het vir die hele volk gesê: “Hierdie dag is heilig vir Jehovah julle God.+ Moenie treur of huil nie.” Want die hele volk het gehuil toe hulle die woorde van die Wet hoor. 10 Hy het vir hulle gesê: “Gaan, eet die beste kos* en drink wat soet is, en stuur kos+ aan die mense wat niks het nie, want hierdie dag is heilig vir ons Here, en moenie hartseer wees nie, want die vreugde van Jehovah is julle vesting.”* 11 En die Leviete het die hele volk gekalmeer en gesê: “Moenie huil nie, want hierdie dag is heilig, en moenie hartseer wees nie.” 12 Toe het die hele volk weggegaan om te eet en te drink en kos uit te stuur en fees te vier,+ want hulle het die woorde verstaan wat aan hulle bekend gemaak is.+
13 En op die tweede dag het die hoofde van die vaderhuise van die hele volk, die priesters en die Leviete by Esra die kopiis* bymekaargekom om nog meer uit die woorde van die Wet te leer. 14 Toe het hulle gesien dat daar in die Wet wat Jehovah deur middel van Moses gegee het, geskryf is dat die Israeliete gedurende die fees in die sewende maand in hutte* moet woon+ 15 en dat hulle in al hulle stede en in die hele Jerusalem die volgende aankondiging moet maak:+ “Gaan uit na die bergstreek en bring takke met blare van olyfbome, dennebome, mirtebome, palmbome en ander bome. Gebruik dit om hutte te maak, volgens wat geskryf is.”
16 Die volk het dus uitgegaan en takke ingebring om vir hulle hutte te maak, elkeen op sy dak, sowel as in hulle binnehowe, in die voorhowe van die huis van die ware God,+ op die openbare plein van die Waterpoort+ en op die openbare plein van die Eʹfraim-poort.+ 17 So het die hele gemeente van dié wat uit die gevangenskap teruggekom het, hutte gemaak en in die hutte gaan woon, want die Israeliete het dit nie op hierdie manier gedoen van die dae van Josua,+ die seun van Nun, af tot op daardie dag nie. Die hele volk het vreugdevol feesgevier.+ 18 En dag ná dag is daar uit die Wetboek van die ware God voorgelees,+ van die eerste dag tot die laaste dag. Hulle het die fees sewe dae lank gehou, en op die agtste dag was daar ’n heilige vergadering, soos die Wet vereis het.+
9 Op die 24ste dag van hierdie maand het die Israeliete bymekaargekom. Hulle het gevas terwyl hulle saklinne aangehad het en daar stof op hulle was.+ 2 Dié van Israelitiese herkoms het hulle toe van al die uitlanders afgesonder,+ en hulle het gestaan en hulle eie sondes sowel as die oortredings van hulle vaders bely.+ 3 Toe het hulle van hulle plek opgestaan en gedurende ’n kwart van die dag* uit die Wetboek+ van Jehovah hulle God voorgelees, en gedurende nog ’n kwart van die dag het hulle hulle sondes bely en voor Jehovah hulle God neergebuig.
4 Jeʹsua, Bani, Kadʹmiël, Sebanʹja, Bunni, Serebʹja,+ Bani en Kenaʹni het op die verhoog+ van die Leviete gestaan, en hulle het met ’n harde stem tot Jehovah hulle God uitgeroep. 5 En die Leviete Jeʹsua, Kadʹmiël, Bani, Hasabneʹja, Serebʹja, Hodiʹa, Sebanʹja en Petagʹja het gesê: “Staan op en loof Jehovah julle God tot in alle ewigheid.*+ En laat hulle u glorieryke naam loof, wat groter is as al die seën en lof wat mense kan gee.
6 “U alleen is Jehovah,+ en u het die hemel gemaak, selfs die hoogste hemele en die hele leërmag daarvan, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is. En u hou dit alles aan die lewe, en die leërmag van die hemel buig voor u neer. 7 U is Jehovah, die ware God, wat Abram uitgekies het+ en hom uit Ur+ van die Galdeërs uitgelei het en hom die naam Abraham gegee het.+ 8 U het gesien dat sy hart getrou is voor u,+ en daarom het u ’n verbond met hom gemaak om die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete, die Perissiete, die Jebusiete en die Girgasiete aan hom en aan sy nakomelinge* te gee.+ En u het u beloftes gehou omdat u regverdig is.
9 “U het gesien hoe ons voorvaders in Egipte swaargekry het,+ en u het hulle uitroepe by die Rooisee gehoor. 10 Toe het u tekens en wonderwerke teen Farao en al sy knegte en die hele volk van sy land gedoen,+ want u het geweet dat hulle u volk onderdruk* het.+ U het vir u ’n naam gemaak wat tot vandag toe onthou word.+ 11 U het die see voor hulle verdeel, sodat hulle op droë grond deur die see gegaan het,+ en u het hulle agtervolgers in die dieptes gegooi, soos ’n klip in onstuimige water gegooi word.+ 12 U het hulle gedurende die dag met ’n wolkkolom gelei, en gedurende die nag met ’n vuurkolom, om vir hulle die pad te verlig waarlangs hulle moes trek.+ 13 En u het op die berg Siʹnai neergedaal+ en uit die hemel met hulle gepraat+ en vir hulle regverdige oordele, wette van waarheid,* goeie wetsvoorskrifte en gebooie gegee.+ 14 U het u heilige Sabbat aan hulle bekend gemaak,+ en u het vir hulle gebooie, wetsvoorskrifte en ’n wet deur middel van u kneg Moses gegee. 15 U het vir hulle brood uit die hemel gegee wanneer hulle honger was,+ en u het vir hulle water uit die groot rots gegee wanneer hulle dors was,+ en u het vir hulle gesê om in die land in te gaan wat u met ’n eed aan hulle belowe het* en om dit in besit te neem.
16 “Maar hulle, ons voorvaders, was vermetel*+ en hardkoppig,*+ en hulle wou nie na u gebooie luister nie. 17 Hulle het geweier om te luister+ en het nie gedink aan u buitengewone dade wat u onder hulle gedoen het nie. Hulle het egter hardkoppig geword* en ’n leier aangestel sodat hulle weer slawe in Egipte kon word.+ Maar u is ’n God wat vryelik vergewe,* wat medelye* en genade betoon, wat nie gou kwaad word nie en wat vol lojale liefde* is,+ en u het hulle nie verlaat nie.+ 18 Selfs toe hulle vir hulle ’n metaalbeeld van ’n kalf gemaak het en gesê het: ‘Dit is julle God wat julle uit Egipte gelei het,’+ en hulle baie disrespekvol teenoor u opgetree het, 19 was u selfs in daardie tyd baie genadig teenoor hulle en het u hulle nie in die wildernis verlaat nie.+ Gedurende die dag was die wolkkolom altyd daar om hulle op die pad te lei, en gedurende die nag was die vuurkolom altyd daar om die pad te verlig waarlangs hulle moes trek.+ 20 U het u goeie gees gegee om hulle insig te gee,+ en u het nie u manna van hulle teruggehou nie,+ en u het vir hulle water gegee wanneer hulle dors was.+ 21 En 40 jaar lank het u hulle in die wildernis van kos voorsien.+ Hulle het niks kortgekom nie. Hulle klere het nie stukkend geword nie,+ en hulle voete het nie geswel nie.
22 “U het koninkryke en volke aan hulle gegee en dit stuk vir stuk uitgedeel,+ sodat hulle die land van Sihon,+ dit wil sê die land van die koning van Hesbon,+ sowel as die land van koning Og+ van Basan in besit geneem het. 23 U het hulle kinders so baie soos die sterre van die hemel gemaak.+ Toe het u hulle in die land ingebring wat hulle voorvaders volgens u belofte sou binnegaan en sou besit.+ 24 Hulle kinders het ingegaan en die land in besit geneem,+ en u het die Kanaäniete,+ wat in die land gewoon het, voor hulle onderwerp. U het die konings en die volke van die land in hulle hand gegee, sodat die Israeliete met hulle kon doen net wat hulle wou. 25 Hulle het versterkte stede+ en ’n vrugbare* land+ ingeneem, en hulle het huise vol allerhande goeie dinge in besit geneem, reënputte wat reeds uitgegrawe was, wingerde, olyfboorde+ en ’n oorvloed vrugtebome. Hulle het geëet en het versadig en vet geword, en hulle het die dinge geniet wat u vir hulle uit u groot goedheid gegee het.
26 “Maar hulle het ongehoorsaam geword en teen u in opstand gekom+ en hulle rug op u Wet gedraai.* Hulle het u profete doodgemaak wat hulle gewaarsku het om na u toe terug te keer, en hulle het baie disrespekvol teenoor u opgetree.+ 27 Daarom het u hulle in die hand van hulle teenstanders gegee,+ wat heeltyd vir hulle moeilikheid veroorsaak het.+ Maar hulle het tot u uitgeroep wanneer hulle swaargekry het, en u het vanuit die hemel gehoor, en as gevolg van u groot genade het u vir hulle redders gegee om hulle uit die hand van hulle teenstanders te red.+
28 “Maar sodra hulle verligting gehad het, het hulle weer gedoen wat sleg is voor u,+ en u het hulle in die hand gegee van hulle vyande, wat hulle oorheers* het.+ Dan het hulle teruggekeer en tot u om hulp geroep,+ en u het vanuit die hemel gehoor en hulle keer op keer gered as gevolg van u groot genade.+ 29 U het hulle gewaarsku sodat hulle na u Wet kon terugkeer, maar hulle was vermetel* en het geweier om na u gebooie te luister,+ en hulle het gesondig teen u wetsvoorskrifte, wat lewe beteken vir die een wat dit gehoorsaam.+ Hulle het hulle rug op u gedraai en was hardkoppig,* en hulle het geweier om te luister. 30 U was baie jare lank geduldig met hulle,+ en u het hulle bly waarsku deur u gees, deur middel van u profete, maar hulle het geweier om te luister. Uiteindelik het u hulle in die hand van die volke van die lande gegee.+ 31 Maar in u groot genade het u hulle nie vernietig+ of verlaat nie, want u is ’n God wat medelye* en genade betoon.+
32 “En nou, o ons God, die groot, magtige en ontsagwekkende God, wat sy verbond gehou het en lojale liefde betoon het,+ moenie al die teëspoed ligtelik opneem wat van die dae van die konings van Assiʹrië+ af tot vandag toe oor ons, ons konings, ons leiers,+ ons priesters,+ ons profete,+ ons voorvaders en u hele volk gekom het nie. 33 U was regverdig in alles wat oor ons gekom het, want u het getrou gebly, maar ons het goddelose dinge gedoen.+ 34 Ons konings, ons leiers, ons priesters en ons voorvaders het nie u Wet gehoorsaam nie. Hulle het nie aandag geskenk aan u gebooie of aan u herinneringe* waarmee u hulle gewaarsku het nie. 35 Selfs toe hulle in hulle koninkryk was en die oorvloedige goeie dinge geniet het wat u hulle gegee het en hulle in die uitgestrekte en vrugbare* land was wat u aan hulle gegee het, het hulle u nie gedien nie+ en het hulle nie opgehou om slegte dinge te doen nie. 36 Daarom is ons vandag slawe+ – ja, slawe in die land wat u aan ons voorvaders gegee het en waarvan hulle die opbrengs en die goeie dinge kon eet. 37 Die oorvloedige opbrengs daarvan behoort nou aan die konings wat u as gevolg van ons sondes oor ons aangestel het.+ Hulle doen met ons en ons vee net wat hulle wil, en ons kry baie swaar.
38 “Op grond van dit alles maak ons ’n belofte+ wat ons op skrif stel, en dit word bevestig deur die seël van ons leiers, ons Leviete en ons priesters.”+
10 Die persone wat dit bevestig het deur hulle seël daarop te sit,+ was:
Nehemiʹa, die goewerneur,* die seun van Hagalʹja,
en Sedekiʹa, 2 Seraʹja, Asarʹja, Jeremia, 3 Pasgur, Amarʹja, Malkiʹa, 4 Hattus, Sebanʹja, Mallug, 5 Harim,+ Meʹremot, Obadʹja, 6 Daniël,+ Ginʹneton, Barug, 7 Mesulʹlam, Abiʹa, Mijaʹmin, 8 Maäsʹja, Bilgai en Semaʹja. Hulle is die priesters.
9 Ook die Leviete: Jeʹsua, die seun van Asanʹja, Binʹnuï van die seuns van Heʹnadad, Kadʹmiël+ 10 en hulle broers Sebanʹja, Hodiʹa, Keliʹta, Pelaʹja, Hanan, 11 Miga, Rehob, Hasabʹja, 12 Sakkur, Serebʹja,+ Sebanʹja, 13 Hodiʹa, Bani en Beniʹnu.
14 Die hoofde van die volk: Paros, Pahat-Moab,+ Elam, Sattu, Bani, 15 Bunni, Asgad, Bebai, 16 Adoʹnia, Bigwai, Adin, 17 Ater, Hiskiʹa, Assur, 18 Hodiʹa, Hasum, Besaï, 19 Harif, Aʹnatot, Nebai, 20 Magpiʹas, Mesulʹlam, Hesir, 21 Mesesaʹbel, Sadok, Jadʹdua, 22 Pelatʹja, Hanan, Anaʹja, 23 Hoseʹa, Hananʹja, Hassub, 24 Halloʹhes, Pilha, Sobek, 25 Rehum, Hasabʹna, Maäseʹja, 26 Ahiʹa, Hanan, Anan, 27 Mallug, Harim en Baäna.
28 Die res van die volk het die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers en die tempelknegte* ingesluit, sowel as elkeen wat hom van die volke van die lande afgesonder het om die Wet van die ware God te volg,+ saam met hulle vrouens, hulle seuns en hulle dogters, almal wat kennis en begrip gehad het.* 29 Hulle het aangesluit by hulle broers, hulle belangrike manne, en hulle het hulleself onder ’n vloek en ’n eed geplaas. So het hulle belowe om te bly by die Wet van die ware God, wat deur middel van Moses, die kneg van die ware God, gegee is en om al die gebooie, oordele en wetsvoorskrifte van Jehovah ons Here noukeurig te gehoorsaam. 30 Ons sal nie ons dogters aan die volke van die land gee nie, en ons sal nie hulle dogters vir ons seuns neem nie.+
31 As die volke van die land hulle handelsware en allerhande soorte graan inbring om op die Sabbatdag te verkoop, sal ons niks op die Sabbat+ of op ’n heilige dag+ by hulle koop nie. Ons sal ook in die sewende jaar+ nie die grond bewerk nie, en ons sal enige uitstaande skuld kanselleer.+
32 Ons het onsself ook verplig om elke jaar ’n derde van ’n sikkel* te gee vir die diens van die huis* van ons God,+ 33 vir die stapelbrode,*+ vir die gereelde graanoffer,+ vir die gereelde brandoffer van die Sabbatte+ en die nuwemane+ en vir die vasgestelde feeste,+ vir die heilige dinge, vir die sonde-offers+ om vir Israel versoening te doen en vir al die werk van die huis van ons God.
34 Ons het ook die lot gewerp om te bepaal op watter vasgestelde tye van die jaar elke familie van die priesters, die Leviete en die volk hout na die huis van ons God moet bring sodat dit op die altaar van Jehovah ons God gebrand kan word, volgens wat in die Wet geskryf is.+ 35 Ons sal ook die eerste opbrengs van ons land en die eerste ryp vrugte van elke soort vrugteboom jaar ná jaar na die huis van Jehovah bring,+ 36 sowel as die eersgeborenes van ons seuns en ons vee+ – volgens wat in die Wet geskryf is – en die eersgeborenes van ons beeste en ons kleinvee. Ons sal hulle na die huis van ons God bring, na die priesters wat in die huis van ons God dien.+ 37 Ons sal ook die eerste* van ons growwe meel,+ ons bydraes, die vrugte van elke soort boom,+ nuwe wyn en olie+ na die priesters bring, na die stoorkamers* van die huis van ons God.+ Ons sal ook die tiende van ons land na die Leviete bring,+ want dit is die Leviete wat die tiendes in al ons landboustede insamel.
38 En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete wees wanneer die Leviete die tiende insamel, en die Leviete moet ’n tiende van die tiende na die huis van ons God bring,+ na die kamers* van die pakhuis. 39 Want die Israeliete en die kinders van die Leviete moet die bydrae+ van die graan, die nuwe wyn en die olie+ na die stoorkamers* bring, en dit is waar die voorwerpe van die heiligdom is, sowel as die priesters wat diens doen, die poortwagters en die sangers. Ons sal nie die huis van ons God verwaarloos nie.+
11 Die leiers van die volk het in Jerusalem gewoon,+ maar die res van die volk het die lot gewerp+ om een uit elke tien in te bring om in Jerusalem, die heilige stad, te woon, terwyl die ander nege in ander stede gewoon het. 2 En die volk het al die manne geseën wat vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.
3 En hier volg die name van die hoofde van die provinsie* wat in Jerusalem gewoon het. (Die res van Israel, die priesters, die Leviete, die tempelknegte*+ en die seuns van die knegte van Salomo+ het in die ander stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie grond in sy eie stad.+
4 Party van die mense van Juda en van Benjamin het ook in Jerusalem gewoon.) Van die mense van Juda was Ataʹja, die seun van Ussiʹa, die seun van Sagariʹa, die seun van Amarʹja, die seun van Sefatʹja, die seun van Mahalaʹlel van die seuns van Peres+ 5 en Maäseʹja, die seun van Barug, die seun van Kolhoseʹ, die seun van Hasaʹja, die seun van Adaʹja, die seun van Jojaʹrib, die seun van Sagariʹa, die seun van die Selaniet. 6 Al die seuns van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was 468 bekwame manne.
7 En hier volg die name van die mense van Benjamin: Sallu,+ die seun van Mesulʹlam, die seun van Joëd, die seun van Pedaʹja, die seun van Kolaʹja, die seun van Maäseʹja, die seun van Iʹtiël, die seun van Jesaja 8 en ná hom Gabbai en Sallai, 928. 9 Joël, die seun van Sigri, was hulle opsiener, en Juda, die seun van Hassenuʹa, was die onderopsiener van die stad.
10 Van die priesters was daar Jedaʹja, die seun van Jojaʹrib, Jagin,+ 11 Seraʹja, die seun van Hilkiʹa, die seun van Mesulʹlam, die seun van Sadok, die seun van Meʹrajot, die seun van Ahiʹtub,+ ’n leier van die huis* van die ware God, 12 en hulle broers wat die werk in die tempel gedoen het, 822. Adaʹja, die seun van Jeroʹham, die seun van Pelalʹja, die seun van Amsi, die seun van Sagariʹa, die seun van Pasgur,+ die seun van Malkiʹa, 13 en sy broers, hoofde van vaderhuise, 242. Amasʹsai, die seun van Asaʹreël, die seun van Agsai, die seun van Mesilʹlemot, die seun van Immer 14 en hulle broers wat sterk, dapper manne was, 128. Hulle opsiener was Sabʹdiël, ’n lid van ’n vooraanstaande familie.
15 Van die Leviete was daar Semaʹja,+ die seun van Hassub, die seun van Asriʹkam, die seun van Hasabʹja, die seun van Bunni 16 en Sabʹbetai+ en Joʹsabad,+ van die hoofde van die Leviete, wat in beheer was oor die sake buite die huis van die ware God, 17 en Mattanʹja,+ die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf,+ die leier van die sangers, wat die lofprysing gedurende die gebed gelei het,+ en Bakbukʹja, die tweede onder sy broers, en Abda, die seun van Samʹmua, die seun van Galal, die seun van Jeduʹtun.+ 18 Al die Leviete in die heilige stad was 284.
19 Die poortwagters was Akkub, Talmon+ en hulle broers wat wag gehou het in die poorte, 172.
20 Die res van Israel, die priesters en die Leviete was in al die ander stede van Juda, elkeen in die eiendom wat hy geërf het.* 21 Die tempelknegte*+ het in Ofel gewoon,+ en Siha en Gispa het toesig gehou oor die tempelknegte.*
22 Die opsiener van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasabʹja, die seun van Mattanʹja,+ die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers. Ussi het toesig gehou oor die werk in die huis van die ware God. 23 Want daar was ’n bevel van die koning wat ingesluit het dat daar ’n vaste reëling moet wees om die sangers elke dag te gee wat hulle nodig het.+ 24 En Petagʹja, die seun van Mesesaʹbel, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was die koning se raadgewer* vir al die sake van die volk.
25 Wat die woonplekke en hulle velde betref, party van die mense van Juda het in Kirjat-Arba+ en sy afhanklike* dorpe gewoon, in Dibon en sy afhanklike dorpe, in Jekabʹseël+ en sy dorpies, 26 in Jeʹsua, in Moʹlada,+ in Bet-Pelet,+ 27 in Hasar-Sual,+ in Berseʹba en sy afhanklike* dorpe, 28 in Siklag,+ in Megoʹna en sy afhanklike* dorpe, 29 in En-Rimmon,+ in Sora+ en in Jarmut, 30 in Sanoʹag,+ in Adulʹlam en hulle dorpies, in Lagis+ en sy velde en in Aseʹka+ en sy afhanklike* dorpe. Hulle het van Berseʹba af tot by die Hinnom-vallei+ gaan woon.*
31 En die mense van Benjamin was in Geba,+ Migmas, Aja, Bet-El+ en sy afhanklike* dorpe, 32 Aʹnatot,+ Nob,+ Ananʹja, 33 Hasor, Rama,+ Gittaʹim, 34 Hadid, Seboʹïm, Nebalʹlat, 35 Lod en Ono,+ die vallei van die ambagsmanne. 36 En party afdelings van die Leviete van Juda is aangewys om in die gebied van Benjamin te gaan woon.
12 Hier volg die name van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël,+ en Jeʹsua+ gegaan het: Seraʹja, Jeremia, Esra, 2 Amarʹja, Mallug, Hattus, 3 Seganʹja, Rehum, Meʹremot, 4 Iddo, Ginʹnetoi, Abiʹa, 5 Mijaʹmin, Maädʹja, Bilga, 6 Semaʹja, Jojaʹrib, Jedaʹja, 7 Sallu, Amok, Hilkiʹa en Jedaʹja. Dit was die hoofde van die priesters en hulle broers in Jeʹsua se tyd.
8 Die Leviete was Jeʹsua, Binʹnuï, Kadʹmiël,+ Serebʹja, Juda en Mattanʹja,+ wat saam met sy broers die leiding geneem het wanneer dankliedere gesing is. 9 En Bakbukʹja en Unni hulle broers het oorkant hulle gestaan om wagdiens te doen.* 10 Jeʹsua het die vader van Jojaʹkim geword, en Jojaʹkim het die vader van Eljaʹsib+ geword, en Eljaʹsib het die vader van Jojaʹda+ geword. 11 En Jojaʹda het die vader van Joʹnatan geword, en Joʹnatan het die vader van Jadʹdua geword.
12 In Jojaʹkim se tyd was die volgende manne die priesters, die hoofde van die vaderhuise: Meraʹja van die familie van Seraʹja,+ Hananʹja van Jeremia, 13 Mesulʹlam van Esra,+ Johaʹnan van Amarʹja, 14 Joʹnatan van Malluʹgi, Josef van Sebanʹja, 15 Adna van Harim,+ Helkai van Meʹrajot, 16 Sagariʹa van Iddo, Mesulʹlam van Ginʹneton, 17 Sigri van Abiʹa,+ . . .* van Minʹjamin, Piltai van Moadʹja, 18 Samʹmua van Bilga,+ Joʹnatan van Semaʹja, 19 Matʹtenai van Jojaʹrib, Ussi van Jedaʹja,+ 20 Kallai van Sallai, Eber van Amok, 21 Hasabʹja van Hilkiʹa, Netaʹnel van Jedaʹja.
22 Die name van die hoofde van die vaderhuise van die Leviete en die name van die priesters is opgeteken in die tyd van Eljaʹsib, Jojaʹda, Johaʹnan en Jadʹdua,+ dit wil sê tot die koningskap van Darius die Pers.
23 Die name van die Leviete wat die hoofde van die vaderhuise was, is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae, tot die dae van Johaʹnan, die seun van Eljaʹsib. 24 Die hoofde van die Leviete was Hasabʹja, Serebʹja en Jeʹsua,+ die seun van Kadʹmiël.+ Hulle broers het oorkant hulle gestaan om God te loof en te dank volgens die instruksies van Dawid,+ die man van die ware God, waggroep langs waggroep. 25 Mattanʹja,+ Bakbukʹja, Obadʹja, Mesulʹlam, Talmon en Akkub+ was poortwagters.+ Hulle het by die stoorkamers naby die poorte wag gehou. 26 Hulle het gedien in die tyd van Jojaʹkim, die seun van Jeʹsua,+ die seun van Joʹsadak, en in die dae van Nehemiʹa, die goewerneur, en Esra,+ die priester en kopiis.*
27 By die inwyding van die mure van Jerusalem het hulle na die Leviete gesoek en hulle uit al die plekke waar hulle gebly het, na Jerusalem gebring om die inwyding met blydskap, met dankliedere+ en met simbale, snaarinstrumente en harpe te vier. 28 Die seuns van die sangers* het bymekaargekom uit die distrik,* uit die omgewing rondom Jerusalem, uit die dorpies van die Netofatiete,+ 29 uit Bet-Gilgal+ en uit die velde van Geba+ en Asmaʹwet,+ want die sangers het vir hulle dorpies rondom Jerusalem gebou. 30 En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, en hulle het die volk, die poorte+ en die muur+ gereinig.+
31 Toe het ek die leiers van Juda op die muur laat klim. Ek het ook twee groot kore opgestel wat dankliedere gesing het, en elke koor is deur ’n groep mense gevolg. Die een groep het na regs op die muur na die Aspoort+ geloop. 32 Hosaʹja en die helfte van die leiers van Juda het agter hulle geloop, 33 saam met Asarʹja, Esra, Mesulʹlam, 34 Juda, Benjamin, Semaʹja en Jeremia. 35 By hulle was party van die seuns van die priesters met die trompette:+ Sagariʹa, die seun van Joʹnatan, die seun van Semaʹja, die seun van Mattanʹja, die seun van Migaʹja, die seun van Sakkur, die seun van Asaf+ 36 en sy broers Semaʹja, Asaʹreël, Miʹlalai, Giʹlalai, Maäi, Netaʹnel, Juda en Hanaʹni, met die musiekinstrumente van Dawid,+ die man van die ware God. En Esra,+ die kopiis,* het voor hulle geloop. 37 By die Fonteinpoort+ het hulle reguit gegaan, op teen die Trap+ van die Stad van Dawid+ waar die muur opgaan bokant die Huis van Dawid, en hulle het verder gegaan tot by die Waterpoort+ aan die oostekant.
38 Die ander koor wat dankliedere gesing het, het in die teenoorgestelde rigting* geloop, en ek en die helfte van die volk het hulle gevolg op die muur verby die Oondtoring+ en tot by die Breë Muur+ 39 en oor die Eʹfraim-poort+ en tot by die Poort van die Ou Stad+ en tot by die Vispoort,+ die Hanaʹnel-toring,+ die Mea-toring en tot by die Skaappoort,+ en hulle het by die Wagpoort gaan stilstaan.
40 Uiteindelik het die twee kore wat dankliedere gesing het, voor die huis van die ware God gaan staan. Ek en die helfte van die amptenare by my het ook daar gaan staan, 41 sowel as die priesters Eljaʹkim, Maäseʹja, Minʹjamin, Migaʹja, Eljoënai, Sagariʹa en Hananʹja, met die trompette, 42 en Maäseʹja, Semaʹja, Eleaʹsar, Ussi, Johaʹnan, Malkiʹa, Elam en Eser. En die sangers het hard gesing onder die toesig van Jisragʹja.
43 Op daardie dag het hulle groot offerandes gebring en was hulle vrolik,+ want die ware God het hulle baie vreugdevol gemaak. Die vrouens en die kinders was ook vrolik,+ en die blydskap van Jerusalem kon van ver af gehoor word.+
44 Op daardie dag is manne aangestel oor die stoorkamers+ vir die bydraes,+ die eerste opbrengs*+ en die tiendes.+ Hulle moes die dele van die landerye van die stede wat die priesters en die Leviete+ volgens die Wet+ moes ontvang, daarin bymekaarmaak, want daar was blydskap in Juda omdat daar priesters en Leviete was wat diens gedoen het. 45 En die priesters en die Leviete het die pligte teenoor hulle God en die pligte in verband met die reiniging begin nakom. Die sangers en die poortwagters het ook die instruksies van Dawid en sy seun Salomo gevolg. 46 Want lank gelede, in die tyd van Dawid en Asaf, was daar leiers* vir die sangers en vir die sing van lofliedere en dankliedere aan God.+ 47 En in Serubbaʹbel+ se tyd en in Nehemiʹa se tyd het die hele Israel vir die sangers+ en die poortwagters+ gegee wat hulle elke dag nodig gehad het. Hulle het ook ’n deel vir die Leviete opsygesit,+ en die Leviete het ’n deel vir die nakomelinge van Aäron opsygesit.
13 Op daardie dag is die boek van Moses in die teenwoordigheid van die volk gelees,+ en dit het gesê dat geen Ammoniet of Moabiet+ ooit in die gemeente van die ware God mag ingaan nie,+ 2 want hulle het nie vir die Israeliete brood en water gegee nie. Hulle het eerder vir Biʹleam gehuur om ’n vloek oor hulle uit te spreek.+ Maar ons God het die vloek in ’n seën verander.+ 3 Toe hulle hoor wat die Wet sê, het hulle begin om al die uitlanders* van die Israeliete te skei.+
4 Voordat dit gebeur het, het die priester Eljaʹsib,+ ’n familielid van Tobiʹa,+ toesig gehou oor die stoorkamers* van die huis* van ons God.+ 5 Hy het vir Tobiʹa ’n groot stoorkamer* ingerig. Die graanoffer, die wierook en die voorwerpe vir die tempeldiens was voorheen daarin gestoor, asook die tiendes van die graan, die nuwe wyn en die olie,+ waarop die Leviete,+ die sangers en die poortwagters geregtig was, sowel as die bydrae vir die priesters.+
6 En gedurende hierdie hele tyd was ek nie in Jerusalem nie, want ek het in die 32ste jaar+ van koning Artasasʹta+ van Babilon na die koning toe gegaan, en ’n ruk later het ek verlof van die koning gevra. 7 Toe het ek na Jerusalem gekom en gesien watter verskriklike ding Eljaʹsib+ gedoen het deur vir Tobiʹa+ ’n stoorkamer in die voorhof van die huis van die ware God in te rig. 8 Ek was baie ontevrede hieroor, en ek het al Tobiʹa se besittings uit die stoorkamer* uitgegooi. 9 Daarna het ek beveel dat hulle die stoorkamers* moet reinig, en ek het die voorwerpe van die huis van die ware God+ teruggesit, saam met die graanoffer en die wierook.+
10 Ek het ook uitgevind dat die Leviete+ se porsies nie aan hulle gegee is nie,+ en daarom het die Leviete en die sangers wat die werk gedoen het, weggegaan, elkeen na sy eie stuk grond.+ 11 Ek het die amptenare dus tereggewys+ en gevra: “Hoekom is die huis van die ware God verwaarloos?”+ Toe het ek hulle bymekaar laat kom en hulle teruggestuur na hulle poste toe. 12 En die hele Juda het die tiendes+ van die graan, die nuwe wyn en die olie na die stoorkamers gebring.+ 13 Toe het ek Selemʹja, die priester, Sadok, die kopiis,* en Pedaʹja, van die Leviete, oor die stoorkamers aangestel, en Hanan, die seun van Sakkur, die seun van Mattanʹja, was hulle assistent, want hulle is as betroubare manne beskou. Dit was hulle verantwoordelikheid om die porsies aan hulle broers uit te deel.
14 Dink tog aan my,+ o my God, en moenie my dade van lojale liefde vergeet wat ek gedoen het vir die huis van my God en vir die persone wat die dienste daar verrig het nie.*+
15 In daardie dae het ek gesien dat mense in Juda op die Sabbat+ wynperse trap en graanhope inbring en dit op donkies laai, en hulle het wyn, druiwe en vye en allerhande vragte op die Sabbatdag in Jerusalem ingebring.+ Ek het hulle dus gewaarsku dat hulle nie op daardie dag kos moet verkoop nie.* 16 Die Tiriërs wat in die stad gewoon het, het vis en allerhande handelsware ingebring en dit op die Sabbat aan die mense van Juda en in Jerusalem verkoop.+ 17 Daarom het ek die leiers van Juda tereggewys en vir hulle gesê: “Wat is hierdie slegte ding wat julle doen, deur selfs die Sabbatdag te ontheilig? 18 Is dit nie wat julle voorvaders gedoen het nie, en is dit nie hoekom ons God al hierdie rampe oor ons en ook oor hierdie stad gebring het nie? Nou maak julle God nog kwater vir Israel deur die Sabbat te ontheilig.”+
19 Ek het beveel dat die poorte van Jerusalem toegemaak moet word voordat dit donker word, dit wil sê voordat die Sabbat begin. Ek het ook gesê dat hulle dit eers ná die Sabbat mag oopmaak, en ek het van my eie dienaars by die poorte geplaas sodat geen vragte op die Sabbatdag ingebring sou word nie. 20 Daarom het die handelaars en die verkopers van allerhande handelsware een of twee keer buite Jerusalem oornag. 21 Toe het ek hulle gewaarsku en vir hulle gesê: “Hoekom oornag julle voor die muur? As julle dit weer doen, gaan ek julle met geweld hier verwyder.” Van toe af het hulle nie op die Sabbat gekom nie.
22 Ek het vir die Leviete gesê dat hulle hulle gereeld moet reinig en die poorte moet kom bewaak om die Sabbatdag heilig te hou.+ O my God, dink tog aan my en seën my ook hiervoor, en betoon genade aan my, want u is vol lojale liefde.+
23 In daardie dae het ek ook gesien dat Jode met Asdodiese,+ Ammonitiese en Moabitiese+ vrouens getrou het.*+ 24 Die helfte van hulle kinders het Asdodies gepraat en die helfte het die tale van die verskillende volke gepraat, maar nie een van hulle kon die taal van die Jode praat nie. 25 Daarom het ek hulle tereggewys en ’n vloek oor hulle uitgespreek en party van die manne geslaan+ en hulle hare uitgetrek en hulle by God laat sweer: “Julle mag nie julle dogters aan hulle seuns gee nie, en julle mag nie een van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself aanvaar nie.+ 26 Was dit nie weens hulle dat koning Salomo van Israel gesondig het nie? Daar was geen koning soos hy onder die baie nasies nie,+ en sy God was lief vir hom,+ en daarom het God hom koning oor die hele Israel gemaak. Maar die uitlandse vrouens het selfs hom laat sondig.+ 27 Hoe kon julle selfs daaraan dink om hierdie groot sonde te pleeg deur ontrou teen ons God op te tree en met uitlandse vrouens te trou?”+
28 Een van die seuns van Jojaʹda,+ die seun van die hoëpriester Eljaʹsib,+ het ’n skoonseun van Sanbalʹlat+ die Horoniet geword. Daarom het ek hom van my af weggejaag.
29 O my God, moenie vergeet dat hulle die priesterskap en die verbond van die priesterskap+ en die Leviete+ onrein gemaak het nie.
30 En ek het hulle gereinig deur hulle te bevry van elke slegte invloed van die uitlanders, en ek het pligte aan die priesters en aan die Leviete toegewys, elkeen in sy eie diens,+ 31 en ek het ook gereël dat daar hout+ op vasgestelde tye moet wees en dat die eerste opbrengste gebring moet word.
O my God, dink tog aan my+ en seën my.
Beteken “Jah vertroos”.
Sien Aanh. B15.
Of “vesting”.
Of “Susa”.
Of “regsgebied”.
Sien Woordelys.
Sien Aanh. B15.
Of “die goewerneurs van die Trans-Eufraat”.
Of “die koninklike park”.
Lett. “Huis”.
Lett. “kneg”.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Lett. “hulle hande versterk”.
Lett. “kneg”.
Of “en julle het geen historiese aanspraak op die stad nie”.
Of “toegewy”.
Of “wou nie hulle nek buig”.
Lett. “wat behoort het aan die troon”.
Of “die goewerneur van die Trans-Eufraat”.
Of “parfuummakers”.
Of “afgemete deel”.
Omtrent 445 m. Sien Aanh. B14.
Of moontlik “die nabygeleë distrik”.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Of “’n lid van die gilde van die goudsmede”.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Of “lasdraers”.
Lett. “tien keer”.
’n Pantser is ’n beskermende kledingstuk wat deur ’n vegter gedra is.
Lett. “het gestaan agter”.
Of “spies”.
Sien Woordelys.
Lett. “Soos die vlees van ons broers is ons vlees”.
Of “buit sy eie broer uit”.
Lett. “te wandel in die vrees van ons God”.
Of “1 persent”, d.w.s. maandeliks.
Lett. “ek het my boesem uitgeskud”.
Of “Laat dit so wees!”
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Lett. “vir my”.
Lett. “uit jou hart”.
Sien Aanh. B15.
Lett. “het hulle grootliks in hulle eie oë geval”.
Of “regsgebied”.
Of “Die Netinim”. Lett. “Die gegewenes”.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Of “is hulle as onrein uit die priesterskap uitgesluit”.
Of “Die Tirsata”, ’n Persiese titel vir ’n goewerneur van ’n provinsie.
Of “Die Tirsata”, ’n Persiese titel vir ’n goewerneur van ’n provinsie.
Oor die algemeen gelykgestel aan die Persiese goue dariek met ’n gewig van 8,4 g. Nie die dragma wat in die Griekse Geskrifte genoem word nie. Sien Aanh. B14.
Of “skat”.
’n Mina in die Hebreeuse Geskrifte was gelyk aan 570 g. Sien Aanh. B14.
Of “skat”.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Lett. “die hele Israel”.
Of “oorskrywer”.
Of “oorskrywer”.
Of “Laat dit so wees! Laat dit so wees!”
Of “Hulle het dus betekenis aan die voorlesing gegee”.
Of “die Tirsata”, ’n Persiese titel vir ’n goewerneur van ’n provinsie.
Of “oorskrywer”.
Lett. “die vettighede”.
Of “krag”.
Of “oorskrywer”.
Of “tydelike skuilings”.
Of “drie uur lank”.
Of “van ewigheid tot ewigheid”.
Lett. “saad”.
Of “dat hulle vermetel teen u volk opgetree”.
Of “betroubare wette”.
Lett. “[waaroor] u u hand opgelig het om aan hulle te gee”.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Lett. “het hulle nek verhard”.
Lett. “hulle nek verhard”.
Of “’n God van dade van vergifnis”.
Sien Woordelys.
Of “liefderyke goedhartigheid”.
Of “ryk”.
Lett. “en u Wet agter hulle rug gegooi”.
Of “stukkend getrap”.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Lett. “het hulle nek verhard”.
Sien Woordelys.
Of “waarskuwings”.
Of “ryk”.
Of “die Tirsata”, ’n Persiese titel vir ’n goewerneur van ’n provinsie.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Of moontlik “almal wat oud genoeg was om te verstaan”.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “tempel”.
D.w.s. die offerbrode.
Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.
Of “eetsale”.
Of “eetsale”.
Of “eetsale”.
Of “regsgebied”.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Of “tempel”.
Of “sy eie erfdeel”.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Lett. “was aan die koning se hand”.
Of “omliggende”.
Of “omliggende”.
Of “omliggende”.
Of “omliggende”.
Of “kamp opgeslaan”.
Of “omliggende”.
Of moontlik “gedurende die diens”.
Die Hebreeuse teks laat blykbaar ’n naam hier weg.
Of “oorskrywer”.
Of “En die opgeleide sangers”.
D.w.s. die distrik rondom die Jordaanrivier.
Of “oorskrywer”.
Of “het voor”.
Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.
Lett. “hoofde”.
Of “dié van gemengde afkoms”.
Of “eetsale”.
Of “tempel”.
Of “eetsaal”.
Of “eetsaal”.
Of “eetsale”.
Of “oorskrywer”.
Of “en vir die bewaking daarvan nie”.
Of moontlik “op daardie dag gewaarsku om nie kos te verkoop nie”.
Of “dat Jode . . . in hulle huise geneem het”.