Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 3/22 bl. 31
  • Wat steek in ’n naam?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat steek in ’n naam?
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Betheldiens—Meer vrywilligers is nodig
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Kan dit die beste loopbaan vir jou wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Kan jy jou beskikbaar stel?
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Wat steek in ’n naam?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 3/22 bl. 31

Wat steek in ’n naam?

WEET jy waarom jou ouers jou naam vir jou gegee het? In Bybeltye het mense se name dikwels geloof in God en sy beloftes weerspieël. Die naam Abraham, wat God hom gegee het, beteken byvoorbeeld “Vader van ’n menigte”. Ismael beteken “God hoor (luister)”. En Jesus beteken “Jehovah is redding”.

In Afrikalande weerspieël die gee van name vandag dikwels godsdiensopvattings en -waardes. Dit is beslis die geval met baie Getuies van Jehovah in Afrika.

In Nigerië vertel ’n jong vrou: “My pa het die Bybelwaarheid by Jehovah se Getuies geleer ’n jaar voordat ek gebore is. In daardie selfde jaar is die boek Die waarheid wat lei tot die ewige lewe in Engels uitgegee. Later, ongeveer die tyd toe ek gebore is, het die Waarheid-boek in ons taal, Joroeba, uitgekom. Daarom het my pa gedink dat dit gepas sou wees om my die naam Truth te gee.”

Nog ’n getuie van Jehovah, ’n man, sê: “My pa het in die jaar voordat ek gebore is ’n Getuie geword. Hy het by ’n plek gewerk wat deur stoere Katolieke bestuur is, en as gevolg van sy opvattings het hy sy werk verloor. Toe ek gebore is, het hy geen werk gehad nie en baie min geld. Maar hy was nie moedeloos nie. ‘Ek is werkloos omdat ek getrou is aan God se Koninkryk’, het hy gesê. Daarom het hy my Kingdom genoem.”

“My ouers het my Ifeanyichukwu genoem, ’n Ibo-naam”, het ’n ander jong man gesê. “Vir diegene wat nie Ibo praat nie, is dit ’n mondvol en daarom wou ek ’n makliker naam hê. Ek wou ook by Bethel [die plaaslike takkantoor van die Wagtoringgenootskap] dien en ek het ’n vriend met die naam Bethel gehad. Daarom het ek my ouers gevra of ek die naam ‘Bethel’ kan aanneem. Hulle het ingestem.”

“My ouers was pioniers [voltydse bedienaars]”, vertel nog ’n Nigeriese man. “My pa-hulle wou een van hulle kinders na hulle beroep vernoem. Dit is hoe ek die naam Pioneer gekry het. Hulle het gehoop dat ek ook die ryk seëninge van voltydse diens sou geniet.”

Toe ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies in Desember 1978 in Côte d’Ivoire was, het hy ’n suster ontmoet met ’n baba wat sy Victorious Faith (Seëvierende Geloof) genoem het omdat sy gebore is terwyl die ma die “Seëvierende Geloof”-Byeenkoms bygewoon het.

Truth, Kingdom, Bethel en Pioneer werk almal by die Wagtoringgenootskap se takkantoor in Nigerië. Getuies met name soos Bible, Wisdom, Christian, Love, Innocent, Genesis en Blessing dien ook daar. Al hierdie Christenbedienaars werk hard om ’n goeie reputasie, of naam, by Jehovah God te handhaaf, die een aan wie elke familie in die hemel en op die aarde sy naam te danke het.—Vergelyk Efesiërs 3:14, 15, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel