Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 12/8 bl. 32
  • Dankbaar vir Ontwaak!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dankbaar vir Ontwaak!
  • Ontwaak!—1992
Ontwaak!—1992
g92 12/8 bl. 32

Dankbaar vir Ontwaak!

AL HOE meer lesers van hierdie tydskrif is dankbaar vir die inligting wat hulle oor soveel onderwerpe ontvang. In Suid-Frankryk het ’n man en sy vrou, wat Getuies van Jehovah is, die volgende brief van ’n man ontvang by wie hulle ’n Ontwaak! gelaat het.

“Geagte Meneer en Mevrou:

“Ek is deeglik bewus van die feit dat God ander dinge het om te doen as om sy dade aan te pas by ons snaakse gewoontetjies om sy ingryping in elke moontlike situasie in te lees. Hoewel ek nie met so ’n sienswyse saamstem nie, is ek oortuig dat julle besoek toe ek op die punt was om van die huis af te vertrek, meer as net toeval was. Ek het net genoeg tyd gehad om die Ontwaak! van 8 Augustus 1990 by julle te neem. Wat ’n jammerte sou dit tog gewees het as ek dit misgeloop het!

“Die skerpsinnige ontleding in die reeks ‘Menseheerskappy in die weegskaal’ het my belangstelling gaande gemaak en my werklik verstom. Ek hou van die manier waarop hierdie reeks aangebied word . . . Kan ek julle gevolglik vra om te reël dat ek die volgende nommers van die Ontwaak! ontvang? Ek sou nie graag enige in díe reeks wil mis nie.”

Jehovah se Getuies is ’n internasionale organisasie van oor die viermiljoen Bybelstudente wat hulle daartoe verbind om mense te help om meer omtrent die wêreld rondom hulle en meer omtrent God se Woord en die vervulling wat dit ondergaan te leer. As jy graag meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, skryf dan gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel