Jou voorbeeld het ’n uitwerking op ander
IEDEREEN oefen die een of ander soort invloed op ander uit, óf ten goede óf ten kwade. ’n Meisie van Nigerië het verlede November geskryf:
“Ek kan nie langer uitstel nie. Nadat ek gelees het watter uitwerking Wyndham se geloof op baie jongmense soos ek gehad het (die artikel “Wyndham se geloof—Die uitwerking wat dit op ander gehad het” in die Ontwaak! van 22 Oktober 1992), het ek geweet dat ek net moet skryf. My oë was vol trane. Ek dink so baie aan Wyndham, asof ek hom geken het.
“Ek was daardie einste week ernstig siek en het op die punt gestaan om hospitaal toe te gaan. Ek het tot Jehovah God gebid dat, as die dokter ’n bloedoortapping sou voorstel, Hy my sal versterk en my die krag sal gee om, selfs as ek moet sterf, by my oortuiging te bly soos Wyndham Cook gedoen het.
“Terwyl ek hier skryf, het ek nog nie ten volle herstel nie, maar dankie dat julle so ’n versterkende en bemoedigende artikel voorsien het.”
Die Ontwaak! doen baie meer as om lesers te help om probleme die hoof te bied. Dit bou ook vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld. As jy graag meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, skryf gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.