Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 1/22 bl. 32
  • Dit het haar laat bid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het haar laat bid
  • Ontwaak!—1994
Ontwaak!—1994
g94 1/22 bl. 32

Dit het haar laat bid

Karen, een van Jehovah se Getuies in die staat New York, het gesê dat sy die boek Luister na die Groot Onderwyser vir haar ma gestuur het. “Ek het die boek vir my ma gegee”, het Karen geskryf, “sodat my negejarige susterskind, Jamie, dit saans kon lees.” Karen het verduidelik: “Ek het ’n brief aan Jamie geskryf en gesê dat sy die boek elke aand by haar ouma se huis moet lees, en dan sal sy aan goeie dinge dink voordat sy aan die slaap raak.”

Karen se ma, wat nie een van Jehovah se Getuies is nie, het later vir Karen vertel dat Jamie die boek begin lees het toe sy bed toe is. Die volgende oggend het sy gesê dat sy vir haar jonger boetie (wat ’n operasie sou ondergaan) gebid het voordat sy gaan slaap het. Karen se ma was nogal ontroer hierdeur omdat sy nie gedink het dat Jamie al ooit vantevore gebid het nie.

Karen het geskryf: “Dis ’n baie kragtige boek as dit ’n negejarige kan beweeg om te bid nadat sy net ’n klein gedeelte daarvan gelees het. Dit het my weer eens laat besef hoe kragtig hierdie lektuur is. Ek dink dit het selfs my ma beïndruk, want sy het gesê sy het opgemerk dat die boek baie vrae stel en klaarblyklik sedelesse bevat en nie net stories nie.”

As jy graag ’n eksemplaar van die boek Luister na die Groot Onderwyser of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel