Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 7/8 bl. 32
  • “Hulle is uitstekend geskryf”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hulle is uitstekend geskryf”
  • Ontwaak!—1994
Ontwaak!—1994
g94 7/8 bl. 32

“Hulle is uitstekend geskryf”

Die Wagtoringgenootskap het ’n brief van waardering van ’n leser in Kalifornië, VSA, ontvang, waarin sy gesê het:

“Nadat ek die Ontwaak! oor ‘Eensaamheid—Wat jy daaromtrent kan doen’ (22 September 1993) gelees het, moes ek eenvoudig skryf om te sê hoeveel ek die tydskrifte in die laaste tyd geniet. Hulle is uitstekend geskryf en die artikels oor eensaamheid was veral goed geskryf en poëties. Ek het ook die eerlikheid waardeer waarmee die artikels die verantwoordelikheid vir eensaamheid op die eensame persoon geplaas het. Die artikels getuig werklik van Jehovah se innige liefde en besorgdheid vir sy knegte.”

Die Wagtoring en die Ontwaak! word wêreldwyd deur Jehovah se Getuies versprei. Die eersgenoemde, wat Bybelse besprekings van aktuele sake bevat, word in 115 tale uitgegee, met ’n gemiddelde oplaag van meer as 16 miljoen tydskrifte per nommer. Die laasgenoemde, wat opvoedkundige inligting oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe bied, is in 73 tale beskikbaar en het ’n gemiddelde oplaag van byna 13 miljoen.

As jy hierdie tydskrifte graag wil ontvang, kan jy gerus met Jehovah se Getuies by ’n Koninkryksaal in jou omgewing in aanraking kom of na die gepaste adres op bladsy 5 skryf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel