Sal hierdie wêreld bly voortbestaan?
Hierdie treffende vraag is die titel van ’n traktaat wat deur Jehovah se Getuies versprei word. Verlede jaar het ’n inwoner van Washington, DC, hierdie traktaat ontvang en gesê dat dit hom aangegryp het. Hy het geskryf:
“Dit is vir iemand wat in ons land se hoofstad woon duidelik dat die wêreld inderdaad sy einde nader. Noordelike Ierland, die eertydse Joego-Slawië en die eertydse republieke van die Sowjetunie getuig almal van die duisternis en twis wat hierdie wêreld vandag teister. Oorvol tronke, nuwe epidemies van tuberkulose en van die Swart Plaag, alles staaf die punt wat julle in julle traktaat maak.” Die man het gevra: “Stuur asseblief vir my verdere inligting aangaande julle unieke standpunt en die gratis tuisbybelstudie wat julle aanbied.”
Jehovah se Getuies rig mense na wat die Bybel oor die mensdom se toekoms sê. As jy ’n eksemplaar van die bogenoemde traktaat of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.