‘Wat my seun se lewe gered het’
’n Ma in Kalifornië, VSA, het verduidelik dat dit dít was wat sy in Die Wagtoring en sy medetydskrif, die Ontwaak!, gelees het. Sy het geskryf:
“Ek en my seuntjie (vier jaar oud) is met ’n vuurwapen aangehou en gedwing om na my bank toe te ry. Die aanvaller het my beroof, maar ek kon daarin slaag om my seun te gryp en te ontsnap. Wat ek meen werklik my seun se lewe, sowel as my eie, gered het, was die praktiese wenke uit die Bybel wat in hierdie besonder waardevolle tydskrifte verskyn.”
Sy het verder verduidelik: “Ek het vroeër in een van die Ontwaak! se nommers gelees hoe om kalm te bly wanneer jy voor so ’n gevaarlike situasie te staan kom. Ek het dadelik tot Jehovah God gebid om my te help om kalm te wees. Ek kon ook die aanvaller kalm hou deur Bybeltekste aan te haal.”
Die doel van Die Wagtoring en die Ontwaak! is om te toon dat ons moeilike tye in die Bybel voorspel is. Hulle voorsien ook hulp aan mense om vandag se spanningsvolle toestande te verwerk. Maar die tydskrifte doen veel meer. Hulle vestig die aandag op die enigste blywende oplossing—God se Koninkryksregering waarvoor Jesus Christus sy volgelinge leer bid het (Mattheüs 6:9, 10). Jy sal gewis daarby baat vind om Die Wagtoring en die Ontwaak! gereeld te lees.
As jy graag meer inligting wil hê oor hoe eksemplare van Die Wagtoring en die Ontwaak! na jou huis gepos kan word, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.