“Trane het oor my wange gerol”
“Ek het nou net my Ontwaak! van 8 Maart 1995 oopgemaak en die artikel op die agterblad gelees wat die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf aanbied. Die artikel se titel was ‘Dit was baie moeilik om sonder hom groot te word’. Trane het oor my wange gerol toe ek die opmerkings van die jong man in Oostenryk gelees het wat sy vader tien jaar gelede verloor het. Ek is 50 jaar oud, en ek het my vader verloor toe ek 7 was. Hy het op die ouderdom van 39 aan kanker gesterf. Ek het eers oor sy dood begin treur toe ek ses jaar gelede vir ernstige depressie in die hospitaal opgeneem is. Ek ontvang die afgelope vyf jaar al terapie en moes leer hoe om ’n paar baie moeilike sake te verwerk.
“Totdat ek hierdie brief uit Oostenryk gelees het, het ek geglo dat daar iets drasties met my of met my geloof skort. Ek het gedink dat ek die enigste mens is wat hierdie ontsaglike leemte binne my het en wat ontsettend eensaam is weens verlange na my vader. Dit is so bemoedigend om te weet dat ek nie alleen is nie en dat daar ander is wat net soos ek voel.
“Ek het die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf deurgelees. Na my mening is dit die beste publikasie wat nog vir my behoeftes geskryf is.”—Mev. A. G., Connecticut, VSA.
Het jy ’n geliefde aan die dood afgestaan? Wil jy graag die ware vertroosting ontvang wat die Bybel gee? Dan kan jy gerus inligting aanvra oor hoe om ’n eksemplaar van hierdie brosjure met 32 bladsye te ontvang deur te skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.