“’n Woord van dank”
Dit is wat ’n skoolkind in Japan geskryf het. Sy het verduidelik dat sy spesiale pryse by die skool ontvang het vir opstelle wat sy gebaseer het op artikels wat sy in die Ontwaak! gelees het.
“Vantevore”, het sy bygevoeg, “het ek die tydskrifte by die huis gebêre sonder om die inligting in my kop te bêre. Toe ek nagedink het oor hoe nuttig die tydskrifte vir my was, het ek vir myself gesê: ‘Dit is die tydskrifte wat ek nooit lees nie.’ Ek was bitter spyt daaroor. Sedertdien lees ek die tydskrifte soos ek moet.”
Uit waardering het hierdie leerling verder geskryf: “Die tydskrifte help my baie om al die toetse waarvoor ek by die skool te staan kom die hoof te bied. Dankie dat julle altyd sulke wonderlike artikels voorsien. Ek sal altyd daarna uitsien om hulle te ontvang.”
Daar is gereeld artikels in die Ontwaak! wat jongmense help om die probleme waarvoor hulle by die huis en op skool te staan kom die hoof te bied. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van die Ontwaak! kan ontvang of wil hê dat iemand jou tuis moet besoek en jou help om Bybelse antwoorde te vind op probleme wat jy dalk het, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.