Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 9/22 bl. 32
  • ‘Kry asseblief vir my 100 eksemplare’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Kry asseblief vir my 100 eksemplare’
  • Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1996
g96 9/22 bl. 32

‘Kry asseblief vir my 100 eksemplare’

Hildegard, een van Jehovah se Getuies wat in Duitsland woon, het ’n eksemplaar van die Ontwaak! van 22 Februarie 1995 vir haar ginekoloog gegee. Die tydskrif het ’n reeks artikels bevat met die titel “’n Beter begrip van die menopouse”.

Later, toe Hildegard se dogter dieselfde dokter besoek het, het sy uitgevind dat hy die artikels gelees het. Hy het haar versoek: “Vra jou ma asseblief of sy vir my honderd eksemplare kan kry.”

Toe sy die tydskrifte aflewer, het die dokter gesê: “Moenie dink dat ek een van Jehovah se Getuies word nie. Maar hierdie artikels oor die menopouse is op so ’n positiewe wyse geskryf dat my pasiënte dit behoort te lees.”

Kort daarna het Hildegard gehoor dat sy pasiënte gunstig op die tydskrif gereageer het. Trouens, een vrou het gesê dat sy nie net die artikels oor die menopouse geniet het nie, maar ook die ander artikels in die tydskrif. Hildegard het dus haar dokter se spreekkamer geskakel om te vra of hulle nog eksemplare wil hê. “Kan ons nog honderd kry?” het die assistente gevra.

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van die Ontwaak! kan ontvang of as jy ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel