Wat weet jy omtrent Jesus?
’n Vier-en-tagtigjarige vrou wat in die Verenigde State woon, het omtrent Die grootste mens wat nog geleef het, ’n geïllustreerde boek met 448 bladsye oor die lewe van Jesus Christus, gesê: “Ek het die Bybel al verskeie kere deurgelees, en die Grootste mens-boek het my gehelp om my Bybellees beter te verstaan.” Die boek laat die Bybelverslae oor Jesus se lewe vir haar lewendig word.
“Ek raak nooit moeg daarvan om die boek te lees nie”, het sy geskryf. “Ek het dit al sewe keer gelees en het dit nou weer begin lees. My hart word geraak deur Jesus se wonderlike eienskappe. Wanneer ek die hoofstukke oor Jesus se laaste week op aarde lees, voel ek hartseer oor hoe hy, veral gedurende sy laaste ure, mishandel is asook oor sy dood aan die folterpaal. Tog het hy ons hemelse Vader, Jehovah, verheerlik.”
In Die grootste mens wat nog geleef het is daar probeer om elke gebeurtenis in Jesus se aardse lewe wat in die vier Evangelies uiteengesit word te verhaal. Dit kan jou help om meer omtrent Jesus te leer. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar kan ontvang of as jy ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die gepaste adres op bladsy 5.