Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 8/8 bl. 32
  • “Hulle was so opgewonde soos kinders”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hulle was so opgewonde soos kinders”
  • Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1997
g97 8/8 bl. 32

“Hulle was so opgewonde soos kinders”

Dit is hoe die 32-jarige Sergei, die vader van drie kinders, die reaksie van sy vriende beskryf het toe hy vir hulle die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? gewys het. Sergei, wat in Tatarstan, Rusland, woon, vertel wat gebeur het:

“Om mee te begin, het ons na die prente gekyk en die byskrifte gelees. Interessante besprekings het daarna gevolg. Al my vriende is jong vaders en moeders . . . Ons gaan almal kerk toe met Paasfees en wanneer daar ’n doop is, maar dit is hoe ver ons belangstelling strek.

“Aan die anderkant stel ons baie belang in julle lektuur! Die kleurvolle, pragtig ontwerpte buiteblad van die boek trek onmiddellik die aandag. Wanneer ’n mens begin lees, is dit moeilik om op te hou. Jy wil dit wat jy geleer het aan jou bure vertel. Wat meer is, jy voel bevredig en tevrede nadat jy die inligting gelees en bespreek het. Ons het uiteindelik iets aangenaams, intelligents en voordeligs gevind om oor te praat.

“Ons lewe inderdaad in ’n geestelike vakuum. Almal praat oor geld, probleme, bekommernisse en intrige. Hierdie dinge maak net die hart seer. Nadat jy daaroor gedink het, kan jy nie slaap nie, en in die oggend wil jy nie wakker word en in die vullishoop van die mens se probleme gedompel word nie.”

Jy voel moontlik ook so en sal dit dalk geniet om ’n eksemplaar te hê van hierdie interessante publikasie, wat uitgegee word deur Jehovah se Getuies, ’n internasionale organisasie van meer as vyfmiljoen Bybelstudente. As jy graag meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel