‘Dit verruim ons lewensbeskouing’
Die hoof van die departement van vreemde tale by die Karakol-Bestuursinstituut in Kirgizstan, ’n voormalige republiek van die Sowjetunie, het die publikasies van Jehovah se Getuies geprys. Hy het die volgende in ’n brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Rusland geskryf:
“Julle boeke en brosjures help ons baie om mense Engels, Duits, Russies, Kirgisies en Turks te leer te midde van die hedendaagse maatskaplike en ekonomiese chaos. . . . Julle brosjures is baie gewild onder diegene wat vertaling in die praktyk bestudeer . . . Dankie vir die boeke Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?, Die geheim van gesinsgeluk en Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk.
“Ons het baie studente wat Jehovah se Getuies is. Hulle lees die Ontwaak!-artikels met belangstelling en gebruik dit wanneer hulle huiswerk kry.”
Die skrywer het veral die Ontwaak! geprys: “Dankie vir die interessante en leersame artikels. . . . Dit gee ons hoop en verruim ons algemene lewensbeskouing. . . . Ons almal geniet dit om ‘Ons beskou die wêreld’ in die Ontwaak! te lees.”
As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy die Ontwaak! kan ontvang of wil hê dat een van Jehovah se Getuies jou by jou huis moet besoek om die Bybel met jou te bespreek, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5.