“Iets spesiaals”
Nadat ’n 70-jarige vrou in Moskou, Rusland, die boek Die grootste mens wat nog geleef het gelees het, ’n boek wat probeer om van elke gebeurtenis in Jesus se aardse lewe te vertel wat in die vier Evangelies uiteengesit word, het sy uitgeroep: “Ek het nog nooit so ’n boek gelees nie. Ek wil meer weet van God en Jesus Christus, en ek wil selfs die Bybel bestudeer.”
Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Rusland ontvang dikwels sulke briewe oor Bybellektuur. ’n Soortgelyke brief is deur ’n vrou in Chelyabinsk gestuur, ’n stad met ver oor ’n miljoen inwoners wat ongeveer 1500 kilometer suidoos van Moskou geleë is.
Sy het die volgende gesê oor Die grootste mens wat nog geleef het: “Die boek is iets spesiaals. Dit gee mense hoop vir ’n gelukkige toekoms en help hulle om van eertydse geskiedenis te leer. Voordat ek hierdie boek gelees het, het ek nooit oor God gedink nie, en ek het glad nie in godsdiens belanggestel nie, maar nou wil ek gedoop word. Ek wil baie graag julle lektuur bestudeer. Ek wil my vriende, kennisse en familielede vertel van die dinge wat ek gelees het.”
Jy kan ook lektuur ontvang wat jou kan help om meer te leer van Jesus en die Bybelse hoop van lewe in ’n nuwe wêreld. As jy meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van die boek Die grootste mens wat nog geleef het kan ontvang of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om ’n gratis tuisbybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5.