Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 8/22 bl. 32
  • “Voorwaar uitstekende inligting!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Voorwaar uitstekende inligting!”
  • Ontwaak!—1999
Ontwaak!—1999
g99 8/22 bl. 32

“Voorwaar uitstekende inligting!”

Hoe kan jongmense ’n doel in die lewe vind, hulleself verstaan of leer om goed met hulle ouers oor die weg te kom? Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Spanje het onlangs ’n brief ontvang wat gedeeltelik soos volg gelui het:

“Ek skryf om julle hartlik geluk te wens met die goeie werk wat julle doen deur wonderlike boeke uit te gee, soos Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk. Dit bevat voorwaar uitstekende inligting! Ek wil die skrywers en uitgewers, wat die drome van duisende jongmense vervul het, hiermee gelukwens.

“Ek is ’n 21-jarige meisie wat in die verlede die Bybel geraadpleeg en bestudeer het. . . . Ek het heel toevallig die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk by ’n vriend gekry.

“Ek het eers gedink dat dit my nie sou help nie, maar namate ek dit gelees het, het my belangstelling toegeneem. Dit het my oor baie dinge laat nadink, soos wat ek met my lewe moet doen, en geleidelik het dit my vrae beantwoord. Met hierdie skat tot my beskikking het ek geleer om my ouers te verstaan, hoe om ander te vergewe en hoe om ’n vrou te wees en my soos een te gedra.”

As jy graag by die inligting in die Jongmense vra-boek wil baat vind, kan jy ’n eksemplaar ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek ’n eksemplaar van die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk kan kry.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel