Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g00 11/8 bl. 32
  • ‘Julle betoon liefde aan almal’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Julle betoon liefde aan almal’
  • Ontwaak!—2000
Ontwaak!—2000
g00 11/8 bl. 32

‘Julle betoon liefde aan almal’

HIERDIE woorde van lof is aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Joego-Slawië geskryf, ’n land waar mense van verskillende etniese agtergronde al eeue lank teen mekaar veg. Die brief het gesê:

“Geagte Menere

Ek het al baie gehoor van julle Jehovah se Getuies in my tuisdorp, Sarajevo, maar ek het nooit belanggestel in wat julle glo nie tot verlede somer toe ek die geleentheid gehad het om julle streekbyeenkoms in Duitsland by te woon. Ek was diep beïndruk toe ek sien dat mense van Kroasië, Joego-Slawië en Bosnië vreedsaam bymekaarsit en dat hulle mekaar selfs broer en suster noem. Ek het nog nooit so iets gesien nie! Julle wedersydse liefde lewer oortuigende bewys dat politiek julle nie kan beïnvloed nie. Mag God julle seën vir die liefde wat julle aan almal betoon!”

Berigte soos hierdie van gebiede waar mense mekaar lank reeds haat, laat die vraag ontstaan: Sal daar ooit ’n wêreld sonder oorlog wees? Dit is die titel van ’n brosjure met 32 bladsye wat kragtige bewyse voorsien dat so ’n wêreld tot stand gebring sal word. Maar hoe? En wanneer?

Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Will There Ever Be a World Without War? by my af.

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel