Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 4/8 bl. 32
  • Bestaan God werklik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bestaan God werklik?
  • Ontwaak!—2001
Ontwaak!—2001
g01 4/8 bl. 32

Bestaan God werklik?

’n Jong man in Thailand het gesê dat hy gebid het: “God, as u werklik bestaan, help my tog om u weë te leer.” Die man het later verduidelik:

“Een van Jehovah se Getuies het my tuis besoek, maar ek was nie daar nie. Hy het ’n traktaat en ’n uitnodiging met ’n kaart van waar die vergaderplek was by my huis gelos.” Die man het die aanwysings gevolg wat hy gekry het. Hy het gesê: “Die saal was so skoon en beskeie, en die mense was baie hartlik en vriendelik.

“Iets anders wat my opgeval het, was dat elkeen hulle eie Bybel gehad het en dit oopgemaak het om saam met die spreker daarin te volg. Dit is presies hoe ek gevoel het ’n mens die Bybel moet studeer om tot die kern van ware godsdiensleerstellings deur te dring. Ek is verder verbaas oor die manier waarop jong kinders gedurende die studie kon volg en ook antwoorde kon gee. Ek het dit nog nooit vantevore gesien nie.”

Een van die Bybelpublikasies wat by die vergaderinge van Jehovah se Getuies gebruik word, is die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Jy kan hierdie sagtebandboek met 192 bladsye ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? by my af. Dui taalvoorkeur aan.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

“Pillars of Creation” op die voorblad van die boek: J. Hester en P. Scowen (AZ State Univ.), NASA

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel