Nie net vir tieners nie
In ’n brief aan die administratiewe kantoor van Jehovah se Getuies in Pole het die 25-jarige Jolanta verduidelik dat sy terneergedruk was. Sy het ’n liggaamsgebrek wat maak dat sy nie kan loop nie, en binne ’n tydperk van ses maande is haar ma sowel as haar ouma oorlede. Maar toe het sy die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk begin lees. Sy het geskryf:
“Ek het gedink dat hierdie boek nuttig is vir tieners, maar nie vir my nie. Hoe verkeerd was ek tog! Toe ek hoofstukke 12 tot 16 van die boek bestudeer, het ek duidelike antwoorde gekry op my vrae: ‘Waarom raak ek so neerslagtig en eensaam?’ ‘Waarom hou ek nie van myself nie?’ en ‘Waarom treur ek so ná my geliefdes se dood?’”
Sy het verder gesê: “Twee punte op bladsy 130 het my hart geraak: ‘Die wete dat jou smart normaal is, kan jou baie help om dit te verwerk. Maar dit verleng bloot die smart as jy aanhou om die werklikheid te ontken.’ Toe ek hierdie woorde lees, is my hoop versterk om diegene weer te sien wat ek aan die dood afgestaan het, en dit het my lewe sinvoller gemaak.”
As jy jou negatiewe gevoelens wil oorkom en ’n sinvoller lewe wil hê, is ons seker dat jy baat sal vind by die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.