Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g04 4/8 bl. 32
  • Ondersoek God se Woord!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ondersoek God se Woord!
  • Ontwaak!—2004
Ontwaak!—2004
g04 4/8 bl. 32

Ondersoek God se Woord!

Dit is wat die boek Aanbid die enigste ware God jou sal help om te doen. Hierdie publikasie is bedoel om Bybelstudente te help om die leringe van God se Woord in hulle lewe toe te pas. ’n Bybelonderrigter in Nigerië, Wes-Afrika, het gesê: “Ek het die meeste gehou van die gedagteprikkelende vrae in elke hoofstuk, wat die leser help om in te neem wat hy lees en daaroor te peins.”

’n Vrou wat al jare lank ’n Bybelonderrigter is, het gesê: “Hierdie boek is so eenvoudig geskryf! Dit is ’n ware genot om studies daarin te hou.”

Jy sal miskien net so oor hierdie boek voel wanneer jy hoofstukke ondersoek soos “Die geskil waarby ons almal betrokke is”, “Wat ons uit God se toelating van goddeloosheid leer”, “Die krag van die opstandingshoop” en “Luister na raad, aanvaar dissipline”. Jy kan hierdie sagtebandboek met 192 bladsye, Aanbid die enigste ware God, aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Aanbid die enigste ware God by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Voorblad van boek: U.S. Navy photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel