Waarom soveel gelowe?
’n Vrou het na die takkantoor van Jehovah se Getuies in Guatemala geskryf en vertel van die gesprek wat sy tydens ’n busrit met ’n Getuie gehad het. “Ons het gepraat oor waarom daar soveel gelowe is”, het die vrou verduidelik. Sy het gesê dat die Getuie toe die brosjure Wat vereis God van ons? uitgehaal en na die onderwerp “Hoe kan jy die ware godsdiens vind?” geblaai het. “Die onderwerp het my verras”, het die vrou geskryf. “Ek het toe eers besef dat daar net een groep ware aanbidders moet wees.”
Toe sy die geleentheid gekry het om die brosjure te lees, is sy diep geraak. Sy het dus verduidelik: “Ek skryf om te hoor of julle my kan help om die Bybel met behulp van hierdie brosjure te bestudeer, want ek is seker dat wat dit bevat, die waarheid is.”
Die brosjure met 32 bladsye, Wat vereis God van ons?, is so groot soos hierdie tydskrif. Buiten die onderwerp wat hierbo genoem word, beantwoord die brosjure vrae soos:
◼ Wie is God?
◼ Wat is God se voorneme met die aarde?
◼ Wat is die Koninkryk van God?
◼ Hoe kan jy ’n gelukkige gesinslewe geniet?
Jy sal ook daarby baat vind as jy Wat vereis God van ons? lees. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.