Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 6/22 bl. 32
  • Dit het sy belangstelling in die Bybel gewek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het sy belangstelling in die Bybel gewek
  • Ontwaak!—2005
Ontwaak!—2005
g05 6/22 bl. 32

Dit het sy belangstelling in die Bybel gewek

Toe Rusland onder Kommunistiese diktatorskap was, is mense afgeraai om die Bybel te lees. Maar in onlangse jare is miljoene Bybels in daardie land versprei. ’n Brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Rusland gee ’n rede waarom daar weer eens belangstelling in die Bybel is. Sergei, ’n getroude man en vader in Wolgograd—’n groot stad wat dekades lank bekend gestaan het as Stalingrad, vernoem na die Sowjet-diktator Joseph Stalin—verduidelik:

“Mense van julle organisasie het onlangs na my huis toe gekom. Hulle het my beleefd gevra of ek aan God glo. Ek het gesê dat elke mens, ten minste in sekere mate, aan God glo. Toe ek sê dat ek ’n vrou en ’n seun het, het een van die besoekers die boek Die geheim van gesinsgeluk uit sy sak gehaal en dit vir my gegee.”

Sergei het uiteindelik die boek begin lees. “Ek het dit werklik geniet”, sê hy. “Dit is duidelik dat die boek deur intelligente, toegewyde mense geskryf is. Ek is oor die algemeen skepties teenoor godsdiensorganisasies, maar ek dink dat julle eerlike mense is. Agterin die boek het ek julle adres gekry.” Sergei het dus na daardie adres geskryf en ’n Bybel aangevra.

Die beginsels wat mense help om gesinsgeluk te geniet, soos uiteengesit in die Gesinsgeluk-boek, is op Bybelleringe gegrond. Van die boek se leersame hoofstukke is “Voed jou kind van kleins af op”, “Beskerm jou gesin teen verderflike invloede” en “Handhaaf vrede in julle huisgesin”.

Jy kan ’n eksemplaar van Die geheim van gesinsgeluk aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Die geheim van gesinsgeluk by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel