Jy kan vir ewig op die aarde lewe!
Hierdie brosjure is gedruk om jou te help om te weet wie die aarde en al die dinge daarop gemaak het. Jy gaan leer dat God, wat die aarde gemaak het, ’n naam het. Ons gaan hierin ook verduidelik waarom God die mens gemaak het en hoe jy vir ewig op die aarde kan lewe.
Ons hoop dat die baie prente jou sal help om jou hierdie dinge beter voor te stel. Om die meeste baat daarby te vind, moet jy die Bybeltekste lees wat langs die meeste prente aangegee word. So sal jy self van die goeie beloftes van God in die Bybel kan lees, asook wat God sê jy moet doen om die vervulling van hierdie beloftes te beleef.
Jy wil moontlik ook hierdie brosjure gebruik om ander mense te help. As jy kinders het, kan jy dit gebruik om hulle te help om van God te leer. As jy in ’n land woon waar baie volwassenes nie kan lees nie, kan jy die prente gebruik om hulle te help om God se voornemens te verstaan sodat hulle weer hulle bure kan help.
Dit is ons opregte hoop dat ’n studie van hierdie informasie jou sal help om baie seëninge te ontvang, en jou selfs sal help om vir ander te toon hoe hulle vir ewig hier op aarde kan lewe.