’n Hemelse koning bring seëninge na die aarde
41 Jehovah het Jesus in die hemel Koning gemaak.—Jesaja 9:5; Daniël 7:13, 14; Handelinge 2:32-36
42 Hy gaan oor die hele aarde regeer.—Daniël 7:14; Mattheüs 28:18
43 Onthou jy wat met die slegte mense gaan gebeur?—Psalm 37:9, 10; Lukas 13:5
44 Onthou jy die naam van die eerste engel wat gesondig het? Jesus sal van hom en die ander slegte engele ontslae raak. Hulle afgode en beelde sal vernietig word.—Hebreërs 2:14; Openbaring 20:2, 10
45 Jesus gaan talle goeie dinge vir die gehoorsame mense doen.—Hebreërs 5:9
46 Niemand sal meer siek word nie.—Jesaja 33:24; Openbaring 22:1, 2
Onthou jy hoe Jesus siekes genees het?
47 Almal sal goeie dinge geniet.—Jesaja 65:17, 21-23
48 God onthou selfs mense wat gesterf het. Hy sal Jesus gebruik om hulle weer lewend te maak. Dit word die opstanding genoem.—Johannes 5:28, 29; 11:25
49 Nadat al die slegte mense doodgemaak is, sal niemand meer sterf nie. Selfs die wilde diere sal nie gevaarlik wees nie. Almal sal vir ewig gelukkig wees.—Openbaring 21:4; Jesaja 65:25; Psalm 37:11, 29