Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 32
  • Wat is geoorloof op die Sabbat?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is geoorloof op die Sabbat?
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is geoorloof op die Sabbat?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wat mag op die Sabbat gedoen word?
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die dissipels pluk graan op die Sabbat
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Are pluk op die Sabbat
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 32

Hoofstuk 32

Wat is geoorloof op die Sabbat?

OP ’N ander Sabbat besoek Jesus ’n sinagoge naby die See van Galilea. Daar is ’n man met ’n verdorde regterhand. Die skrifgeleerdes en die Fariseërs hou Jesus stip dop om te sien of hy hom sal genees. Uiteindelik vra hulle: “Is dit geoorloof om op die sabbat gesond te maak?”

Die Joodse godsdiensleiers glo dat genesing op die Sabbat slegs geoorloof is wanneer ’n lewe in gevaar verkeer. Hulle leer byvoorbeeld dat dit nie geoorloof is om op die Sabbat ’n been te spalk of ’n verstuiting te verbind nie. Daarom stel die skrifgeleerdes en die Fariseërs hierdie vraag aan Jesus in ’n poging om ’n aanklag teen hom te vind.

Maar Jesus ken hulle gedagtes. Hy besef terselfdertyd dat hulle ’n uiterste, onskriftuurlike beskouing huldig oor wat ’n skending van die Sabbatsverbod op werk behels. Jesus lok dus ’n dramatiese konfrontasie uit deur vir die man met die verdorde hand te sê: “Staan op in hul midde.”

Jesus wend hom nou tot die skrifgeleerdes en die Fariseërs en sê: “Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in ’n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?” Aangesien ’n skaap ’n finansiële belegging is, sou hulle hom nie tot die volgende dag in die sloot los waar hy kan siek word en hulle ’n verlies kan ly nie. Die Skrif sê boonop: “Die regverdige sorg vir die siel van sy huisdier.”—NW.

Jesus trek ’n parallel en sê voorts: “Hoeveel meer is ’n mens dan nie werd as ’n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen.” Die godsdiensleiers kan nie sulke logiese, medelydende redenering weerlê nie, en hulle bly stil.

Verontwaardig sowel as bedroef oor hulle hardnekkige dwaasheid kyk Jesus rond. Toe sê hy vir die man: “Steek jou hand uit!” En hy steek dit uit, en die hand is genees.

Pleks dat die Fariseërs bly is omdat die man se hand genees is, gaan hulle uit en sweer op die plek saam met die Herodiane om Jesus dood te maak. Hierdie politieke party sluit blykbaar lede van die godsdienstige Sadduseërs in. Gewoonlik is hierdie politieke party en die Fariseërs openlik teen mekaar gekant, maar hulle staan soos een man saam in hulle teenstand teen Jesus. Mattheüs 12:9-14; Markus 3:1-6; Lukas 6:6-11; Spreuke 12:10; Exodus 20:8-10.

▪ Wat lok ’n dramatiese konfrontasie tussen Jesus en die Joodse godsdiensleiers uit?

▪ Wat glo hierdie Joodse godsdiensleiers oor genesing op die Sabbat?

▪ Watter illustrasie gebruik Jesus om hulle verkeerde beskouings te weerlê?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel