Lied 125
Lojaal onderdanig aan teokratiese orde
Gedrukte weergawe
1. God se volk verkondig oral, wyd en syd,
Nuus van Gods regering en geregtigheid.
Almal onderdanig, ord’lik en lojaal,
Werk nou saam in eenheid, trou aan sy kanaal.
(REFREIN)
Ons ondersteuning bring God se seëning
Op ons lojaliteit.
Hy bied beskerming, tere ontferming;
Dien hom tot in ewigheid.
2. God voorsien sy gees en sy getroue kneg;
So ontvang ons leiding op ons Christenweg.
Ons wil altyd vasstaan en ons God behaag,
En as ons lojaal bly, sal ons daarin slaag!
(REFREIN)
Ons ondersteuning bring God se seëning
Op ons lojaliteit.
Hy bied beskerming, tere ontferming;
Dien hom tot in ewigheid.
(Sien ook Luk. 12:42; Heb. 13:7, 17.)