Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 80 bl. 188-bl. 189 par. 1
  • Jesus kies twaalf apostels

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus kies twaalf apostels
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus kies twaalf apostels
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Hy kies sy apostels
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Hy kies sy apostels
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus leer mense tydens sy Bergpredikasie
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 80 bl. 188-bl. 189 par. 1
Jesus en sy 12 apostels

LES 80

Jesus kies twaalf apostels

Nadat Jesus omtrent een en ’n half jaar lank gepreek het, moes hy ’n belangrike besluit neem. Wie sou hy kies om saam met hom te werk? Wie sou hy oplei om die leiding te neem in die Christengemeente? Jesus wou hê dat Jehovah hom moes help om hierdie besluite te maak. Daarom het hy na ’n berg toe gegaan waar hy alleen kon wees en die hele nag lank gebid. Die volgende oggend het Jesus party van sy dissipels bymekaargeroep en sy 12 apostels gekies. Kan jy party van hulle name onthou? Hulle name was Petrus, Andreas, Jakobus, Johannes, Filippus, Bartolomeus, Tomas, Matteus, Jakobus die seun van Alfeus, Taddeus, Simon en Judas Iskariot.

Andreas, Petrus, Filippus, Jakobus

Andreas, Petrus, Filippus, Jakobus

Die Twaalf sou oral saam met Jesus gaan. Nadat hy hulle opgelei het, is hulle uitgestuur om op hulle eie te gaan preek. Jehovah het hulle krag gegee om demone uit te dryf en om siek mense gesond te maak.

Johannes, Matteus, Bartolomeus, Tomas

Johannes, Matteus, Bartolomeus, Tomas

Jesus het die Twaalf sy vriende genoem en hy het hulle vertrou. Die Fariseërs het gedink dat die apostels net gewone mense was wat nie geleerd is nie. Maar Jesus het hulle vir hulle werk opgelei. Hulle was saam met Jesus gedurende die belangrikste tye van sy lewe. Byvoorbeeld, hulle was saam met hom kort voor sy dood en ná sy opstanding. Soos Jesus, was die meeste van die Twaalf van Galilea. Party van hulle was getroud.

Jakobus die seun van Alfeus, Judas Iskariot, Taddeus, Simon

Jakobus die seun van Alfeus, Judas Iskariot, Taddeus, Simon

Die apostels was onvolmaakte manne wat foute gemaak het. Partykeer het hulle gepraat sonder om te dink en nie goeie besluite geneem nie. Ander kere was hulle ongeduldig. Hulle het selfs gestry oor wie die belangrikste is. Maar hulle was goeie mense wat lief was vir Jehovah. Nadat Jesus weggegaan het, sou hulle die eerste lede van die Christengemeente word.

“Ek noem julle vriende, want ek het julle alles vertel wat ek by my Vader gehoor het.” – Johannes 15:15

Vrae: Wie het Jesus as sy 12 apostels gekies? Watter werk wou Jesus hê moes sy apostels doen?

Matteus 10:1-10; Markus 3:13-19; 10:35-40; Lukas 6:12-16; Johannes 15:15; 20:24, 25; Handelinge 2:7; 4:13; 1 Korintiërs 9:5; Efesiërs 2:20-22

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel