Sy deel met ander wat sy geleer het
Verlede Augustus is die volgende brief ontvang van ’n vrou in Washington, D.C.:
“Geagte Heer:
“Onlangs het ek etlike eksemplare van ‘My boek met Bybelverhale’ by ’n vriend gekoop . . . Ek kon werklik nie hierdie uiters inspirerende, duidelike en pragtig geïllustreerde publikasie neersit nie. Ek kan nie uitgepraat raak oor hierdie Bybelverhale nie en vertel vir almal daarvan. Ek het hierdie verhale oor en oor gelees, en ek lees die stukke in die Bybel waarop hulle gebaseer is. Soos die meeste mense, lees ek nie my Bybel so dikwels as wat ek moet nie weens my talle bedrywighede en werk. Bowendien verstaan ek nie altyd wat dit sê nie. Hierdie boek, ‘My boek met Bybelverhale’, het my my Bybel meer laat lees en vir my groter begrip gegee.
“Gevolglik het ek besluit om ’n paar van hierdie boeke vir ander te koop, en ek het julle instansie gebel en is deur een van julle gawe personeellede meegedeel dat so iets moontlik is.
“Ek sluit eers net ’n tjek vir $120.00 in sodat sestig (60) boeke so gou moontlik aan my gestuur kan word. Indien nodig, kan julle met my in verbinding tree by . . . vir nadere inligting. Ek sien daarna uit om hierdie wonderlike boeke te ontvang.
“Mag God julle steeds steun in alles wat julle aanpak.”