Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 1/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • “Soos in die hemel net so ook op die aarde”
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Psalm 37:4 – “Vind jou vreugde in die Here”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • “Die sagmoediges sal die aarde beërf”—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Wat gaan van die planeet Aarde word?
    Oorlewing tot in ’n nuwe aarde
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 1/1 bl. 31

Vrae van lesers

▪Psalm 37:29 word soms vertaal: “Die regverdiges sal die land besit en altyd daarin woon.” Beteken dit bloot dat Israel die Beloofde Land permanent sou bewoon?

Nee, daardie uitleg sou ’n ongegronde beperking van hierdie geïnspireerde belofte wees. Psalm 37 hou die vooruitsig aan regverdiges voor om vir ewig op ons aarde te lewe.

Bogenoemde weergawe van Psalm 37:29 kom uit die nuwe Afrikaanse vertaling. Soos talle ander vertalings gee dit die Hebreeuse ‘e’rets met “land” weer. ‘E’rets kan slaan op ’n bepaalde streek of op die gebied van ’n nasie, soos “die land Sinear” of “die land Egipte”.​—Genesis 10:10, 11; 21:21; Psalm 78:12; Jeremia 25:20.

Psalm 37:11, 29 kan dus daarop dui dat die Israeliete permanente bewoners van die Beloofde Land kon en moes gewees het. In ooreenstemming met God se verbond met Abraham kon hulle in daardie Godgegewe gebied gebly het, en geslag na geslag kon God se seëninge aldaar geniet het. Sake het egter nie so verloop nie, want die Israeliete het ontrou aan God geword.​—Genesis 15:18-21; 17:8; Deuteronomium 7:12-16, 22; 28:7-14; 31:7; Josua 21:43-45.

Maar daar is geen Skriftuurlike rede om ‘e’rets in Psalm 37:11, 29 te beperk tot net die land wat aan die Israeliete gegee is nie.

Volgens A Hebrew and English Lexicon of the Old Testament (Gesenius, Brown, Driver en Briggs; 1951) beteken ‘e’rets: “1. a. aarde, hele aarde ([in teenstelling] met ’n deel) . . . b. aarde, [in teenstelling] met hemel, lug . . . c. aarde=bewoners van aarde . . . 2. land=a. Staat, gebied . . . b. Streek, kontrei . . . 3. a. grond, oppervlak van aarde . . ., b. grond, as produktief.” Old Testament Word Studies deur William Wilson sê oor ‘e’rets: “Die aarde in die grootste sin, die bewoonbare sowel as onbewoonbare dele; saam met ’n beperkende woord word dit vir ’n deel van die aarde gebruik, ’n land of staat.” Die eerste en vernaamste betekenis van die Hebreeuse woord is dus ons planeet, die aarde.

Dit is betekenisvol dat toe Psalm 37:11, 29 in Grieks in die Septuaginta vertaal is ‘e’rets vertaal is met die Griekse ge, wat “slaan op aarde as beboubare grond”. Ge is die woord wat in Jesus se belangrike profesie in Mattheüs 5:5 gebruik is: “Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.”

Toe Jesus die belofte van Psalm 37:11 aangehaal het, het hy beslis nie net van die Beloofde Land gepraat nie. Sy gesalfde volgelinge sal saam met hom hemelse koningpriesters word om heerskappy uit te oefen oor die hele aardbol (Openbaring 5:10, NAV). Sagmoediges wat die ewige lewe as mense verkry, sal eweneens help om paradystoestande oor die hele aarde te herstel (Openbaring 21:4; Genesis 1:28). Ons kan almal dus uitsien na die wonderlike toekomstige vervulling van die belofte: “Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.”​—Psalm 37:29.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel