Waarom die siniese kommentare?
’n Leser van Ontwaak! in Engeland het gewonder waarom party mense sulke siniese kommentare daaroor maak en het verduidelik:
“Hoewel ek nie tot julle geloof behoort nie, beïndruk die insig en duidelikheid van julle tydskrif my voortdurend.
“Ek is dikwels verbaas oor die siniese kommentare wat besoekers aan my huis maak wanneer hulle ’n eksemplaar sien rondlê. Kan dit wees dat Ontwaak! te veel ‘harde waarhede’ oor onsself bevat?
“Ek was verlede jaar veral geïnteresseerd in julle artikels oor alkohol en die Bybelaanhaling oor drank wat ‘soos ’n slang’ word, bevestig weer eens vir my, as ’n voormalige dronkaard, die wysheid van daardie boek.”
Ontwaak! sal jou ook beïndruk. Dit delf dieper as die oppervlak. En daar dit nie gekortwiek word deur adverteerders wat nie te na gekom moet word nie, is dit vry om feite te publiseer. Jy sal ook hierdie tydskrif geniet wat in 53 tale gepubliseer en deur miljoene mense gelees word.
Stuur Ontwaak! asseblief ’n jaar lank aan my. Ek sluit R6,50 vir 24 uitgawes van hierdie tydskrif (2 eksemplare per maand) in.