Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 7/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie is God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Die allergrootste naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Vrae van lesers
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Bybelboek nommer 20—Spreuke
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 7/15 bl. 31

Vrae van lesers

◼ Praat Spreuke 30:4 van Jehovah en Jesus waar dit vra: “Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun?”

Hierdie vers toon duidelik hoe beperk die mens in vergelyking met die Allerhoogste is. Die retoriese vrae in hierdie vers kan aangaande enige mens gestel word, maar hierdie vrae behoort ’n verstandige persoon na die Skepper te lei.

Die skrywer Agur het gevra: “Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in ’n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun—as jy dit weet?”—Spreuke 30:1, 4.

Geen onvolmaakte mens het na die hemel opgegaan en alwetend teruggekeer nie; en geen mens kan die wind, die seë of die geologiese kragte wat die aarde vorm, beheers nie. Agur het dus in werklikheid gevra: ‘Ken jy die naam of geslagslyn van enige man wat dit gedoen het?’ Ons moet nee antwoord.—Job 38:1–42:3; Jesaja 40:12-14; Jeremia 23:18; 1 Korinthiërs 2:16.

Ons moet dus buite die mensesfeer soek na iemand wat die bomenslike mag het om natuurkragte te beheers. Maar ons hoef nie van hom te leer alleenlik deur sy werke waar te neem nie (Romeine 1:20). Dit is omdat hy as ’t ware met inligting oor homself en sy handelinge neergedaal het. Hy het spesifieke inligting voorsien. Hy het dit byvoorbeeld gedoen toe hy ‘neergedaal het’ om die Wet op die berg Sinai aan Moses te gee (Exodus 19:20; Hebreërs 2:2). Hy het sy knegte ook gehelp om sy betekenisvolle naam, Jehovah, te waardeer (Exodus 3:13, 14; 6:3, NW). Later het hy sy Seun geïdentifiseer, wat Jesus genoem is en wat letterlik uit die hemel neergedaal het met bykomende inligting oor die Skepper.—Johannes 1:1-3, 14, 18.

Dit behoort ons almal te help om sekere gevolgtrekkings te maak: Soos Agur kan ons nie op ons eie ware wysheid verkry nie (Spreuke 30:2, 3). En ons kan geen mens uitwys wat buitengewone kragte of kennis het nie. Ons moet gevolglik nederig vertrou op die Een wat die wysheid wat ons nodig het, kan voorsien. Dit is die Allerhoogste, wie se naam ons kan ken en wie se Seun gesterf het sodat ons vrygekoop kan word en die ewige lewe kan verkry.—Mattheüs 20:28.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel