Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 1/1 bl. 8-9
  • Aan die kaak gestel deur wingerdgelykenisse

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aan die kaak gestel deur wingerdgelykenisse
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Aan die kaak gestel deur wingerdgelykenisse
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Twee illustrasies oor wingerde
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Wee die ontroue wingerd!
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
  • Die illustrasie van die werkers in die wingerd
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 1/1 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Aan die kaak gestel deur wingerdgelykenisse

JESUS is by die tempel. Hy het so pas die godsdiensleiers wat daarop aangedring het om te weet deur wie se gesag hy dinge doen verbluf laat staan. Voor hulle van hulle verwarring herstel, vra Jesus: “Wat dink julle?” En dan toon hy deur middel van ’n gelykenis aan hulle watter soort mense hulle werklik is.

“’n Man het twee kinders gehad”, vertel Jesus. “En hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd. En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan. Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie. Wie van die twee het die wil van die vader gedoen?” vra Jesus.

“Die eerste”, antwoord sy teenstanders.

Jesus verduidelik dus: “Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.” Die tollenaars en die hoere het in werklikheid aanvanklik geweier om God te dien. Maar toe het hulle, soos die eerste kind, berou gehad en hom wel gedien. Aan die ander kant het die godsdiensleiers, soos die tweede kind, beweer dat hulle God dien, maar, soos Jesus sê: “Johannes [die Doper] het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.”

Jesus toon vervolgens dat hierdie godsdiensleiers se oortreding nie net hulle versuim was om God te dien nie. Nee, maar hulle is in werklikheid bose, goddelose manne. Jesus vertel: “Daar was ’n sekere huisheer wat ’n wingerd geplant het; en hy het ’n heining daarom gesit en ’n parskuip daarin gegrawe en ’n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan. En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ’n ander een doodgemaak en ’n ander een gestenig. Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak.”

Die “diensknegte” is die profete wat die “huisheer”, Jehovah God, na “die landbouers” van sy “wingerd” gestuur het. Hierdie landbouers is vooraanstaande verteenwoordigers van die nasie Israel, die nasie wat in die Bybel as God se “wingerd” geïdentifiseer word.

Aangesien “die landbouers” die “diensknegte” mishandel en doodmaak, verduidelik Jesus: “Oplaas het [die eienaar van die wingerd] sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien. Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem. En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.”

Nou vra Jesus die godsdiensleiers: “Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?”

“Die slegte mense”, antwoord hulle, “hy sal hulle ’n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat die vrugte op die regte tyd sal gee.”

Die godsdiensleiers spreek dus onwetend oordeel oor hulleself uit, want hulle tel onder die Israelitiese “landbouers” van Jehovah se “wingerd”, die nasie Israel. Die vrug wat Jehovah van sulke landbouers verwag, is geloof in sy Seun, die ware Messias. Omdat hulle nie sulke vrug gedra het nie, waarsku Jesus: “Het julle nooit in die Skrifte [in Psalm 118:22, 23] gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom sê ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n volk gegee word wat die vrug daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.”

Die skrifgeleerdes en owerpriesters besef nou dat Jesus van hulle praat, en hulle wil hom, die regmatige “erfgenaam”, doodmaak. Die voorreg om heersers in God se Koninkryk te wees sal dus van hulle as nasie weggeneem word, en ’n nuwe nasie van ‘landbouers van die wingerd’ sal geskep word, ’n nasie wat gepaste vrugte sal dra.

Omdat die godsdiensleiers bang is vir die skare, wat Jesus as ’n profeet beskou, probeer hulle hom nie op hierdie geleentheid doodmaak nie. Mattheüs 21:28-46; Markus 12:1-12; Lukas 20:9-19; Jesaja 5:1-7.

◆ Wie word deur die twee kinders in Jesus se eerste gelykenis afgebeeld?

◆ Wie word deur die “huisheer”, die “wingerd”, die “landbouers”, die “diensknegte” en “die erfgenaam” in die tweede gelykenis afgebeeld?

◆ Wat sal van die ‘landbouers van die wingerd’ word, en deur wie sal hulle vervang word?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel