Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 12/15 bl. 25
  • Hedendaagse “rowerspelonk”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hedendaagse “rowerspelonk”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 12/15 bl. 25

Hedendaagse “rowerspelonk”

IN DIE tydskrif Natural History het Colin Turnbull, professor in antropologie, van sy wedervaringe as toeris in Jerusalem vertel. Hy het gesê dat die “Kersstemming” wat hy begin voel het “gou gedemp is” toe hy die stad se winkels “vol minderwaardige goed [sien] wat teen buitensporige pryse verkoop word aan die Kerswinkelbesoekers (toeriste) wat ’n verterende koopkoors aan die dag gelê het”.

Van sy “Kersstemming” het Turnbull gesê: “[Dit is] nog verder verdryf in die één plek wat ek gedink het [dit] moontlik weer sal laat opvlam—die grafkelder van die Heilige Graf.” (Hierbo van binne gesien.) Daar het die gedrag van medetoeriste “wat blykbaar nie ’n greintjie eerbied vir die gewyde gehad het nie” hom ontmoedig omdat hulle “op ’n baie onchristelike manier gestamp en gestoot het en hulle skouers en elmboë gebruik het om ’n pad oop te beur deur die smal ingang na die graf self. Kort-kort was daar ’n ligte skermutseling wat gepaard gegaan het met vloekwoorde en gebare wat allesbehalwe heilig was.”

Die geestelikes het nie “’n gewyde atmosfeer herstel” nie, het Turnbull gesê, maar hulle het eerder “enige sweem van heiligheid verdryf deur self die voorbeeld vir aggressiewe gedrag te stel”. Hy het vertel hoe “een Raspoetin-figuur, in ’n bruin gewaad en met ’n swaar monnikskap op sy kop, gewone toeriste gebiedend van die graf se ingang af teruggedryf het wanneer daar ’n groep hoogsbetalende, kersdraende toeriste (genaamd pelgrims) onder aanvoering van nog ’n ander Raspoetin op die toneel verskyn het”. Die gevolg, het die opvoedkundige gesê, was “vyandigheid tussen die nie-kersdraendes en die kersdraendes, asook tussen die verskillende geestelikes, aangesien daar ’n oënskynlik eindelose streep wedywerende sektegroepe was wat met mekaar om tyd en ruimte meegeding het”.

Professor Turnbull se metgesel was “’n paar [meters] treë verder aan die agterkant van die graftombe, op sy hande en knieë, half verskuil binne-in ’n gat in die muur”. Turnbull het vertel: “Terwyl ek gestaan en toekyk het, het sy regterhand uitgekom en wild na geld in sy sak gesoek, maar sy ander arm het in die gat gebly, uitgestrek asof dit vasgehou word. Nadat hy die geld binne-in die gat geplaas het, is sy linkerarm egter gelos en het my vriend opgestaan . . . In sy linkerhand het hy ’n piepklein houtkruisie gehou, nat waar dit so pas met sogenaamde heilige water besprinkel is deur die monnik wat daardie konsessie gehad het en wat op sy hurke in die grotjie geskuil en sy prooi ingewag het.”

Jesus Christus het gesien hoe invloedrykes by die tempel hulle aan soortgelyke gedrag skuldig gemaak het en hy het aan hulle gesê dat hulle die tempel in “’n rowerspelonk” verander het (Lukas 19:45, 46). In ons tyd is sulke ‘rowerspelonke’ natuurlik geensins net tot Jerusalem beperk nie.

[Foto-erkenning op bladsy 25]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel