Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 5/15 bl. 32
  • Brand lei tot ’n bouprogram

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Brand lei tot ’n bouprogram
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 5/15 bl. 32

Brand lei tot ’n bouprogram

“BRAND! Brand! Die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies is aan die brand!” Daardie ontstellende uitroep het een Vrydagmiddag in Oktober 1989 in Heerenveen, ’n dorp in die noordelike deel van die Nederlande, weerklink.

Jehovah se Getuies het hierdie mooi Byeenkomssaal 11 jaar lank gebruik. Honderde mense het byna elke naweek daar bymekaargekom vir ’n tweedaagse kringbyeenkoms of vir ’n spesiale byeenkomsdag. Dit was ’n gerieflike plek vir Bybelonderrig.

Daar was ’n ongeluk terwyl daar aan die saal se dak gewerk is. Hierdie ongeluk het die saal feitlik binne minute in ’n smeulende puinhoop verander. Maar gelukkig het niemand seergekry nie.

Die Getuies het, hartseer oor die verlies maar nie ontmoedig nie, planne gemaak om ’n nuwe saal iewers anders te bou. Hulle het ’n geskikte plek by Swifterbant in die provinsie Flevoland gekry. Dit is ’n ontsaglike polder in wat vroeër deel was van die Zuider Zee, en dit is vyf meter onder die seespieël geleë.

Teen Januarie 1991 is daar bekend gemaak dat daar ’n nuwe Byeenkomssaal gebou gaan word. Dit sou tussen Mei en September 1991 gebou word. Honderde Getuies het onderneem om as vrywilligers op die perseel te werk, en party jong mans het die projek beskou as die eerste stap om Jehovah God voltyds te dien. Tientalle werkers het uit België en Engeland gekom.

Die eindresultaat was ’n mooi ontwerpte gebou. Sy ouditorium en kafeteria word deur ’n gang met ’n glasdak van mekaar geskei. Die hoofsaal het 1 008 sitplekke, en nog 230 mense kan die program op televisieskerms in ’n aangrensende saal sien.

Duisende sê vandag: ‘Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, dat Hy ons sy weë kan leer’ (Jesaja 2:2, 3). Hierdie nuwe Byeenkomssaal is net een van baie plekke waar sulke geestelike onderrig gegee word. Die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies is nog so ’n plek. Daar sal jy hartlik verwelkom word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel