Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 2/1 bl. 30
  • “Ek het nog nooit so iets gesien nie!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek het nog nooit so iets gesien nie!”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 2/1 bl. 30

“Ek het nog nooit so iets gesien nie!”

IN 1993 is die Wagtoringgenootskap se kantoor in Argentinië die geleentheid gegee om duisend afgevaardigdes na Santiago, Chili, vir die vierdaagse “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies te stuur. Dit was die eerste keer dat Argentynse Getuies die geleentheid gekry het om as ’n groot groep na ’n buitelandse byeenkoms te reis.a Wat was die reaksie? Meer as 8 500 aansoeke het ingestroom, waaruit 1 039 afgevaardigdes gekies is.

Altesaam 14 busse is gehuur om hierdie rit van 1 400 kilometer van Buenos Aires na Santiago te onderneem. Die 26 uur lange rit is deur skouspelagtige tonele veraangenaam. Toe die afgevaardigdes die Andesgebergte oorsteek, het hulle naby Aconcagua verbygery, wat met ’n hoogte van 6 960 meter die hoogste spits in die Westelike Halfrond is. Die steil, kronkelende rit af na Chili was besonder onvergeetlik. Die bestuurders het hartlike applous ontvang vir hulle behendige hantering van die uitdagende terrein!

Die heel mooiste toneel was egter by die byeenkoms self te vinde. In ’n wêreld vol nasionale twis en rassespanning, was dit voorwaar verkwikkend om ’n verenigde menigte van 80 000 uit 24 lande teenwoordig te sien—waarlik ’n internasionale broederskap! Nadat hulle die eenheid onder die byeenkomsgangers eerstehands waargeneem het, het sommige van die busbestuurders hulle belangstelling uitgespreek om meer van Jehovah se Getuies te wete te kom. “Ek het nog nooit so iets gesien nie!” het een van hulle uitgeroep.

[Voetnoot]

a Regeringsbeperkinge vanaf 1949 tot 1982 in Argentinië het so iets onmoontlik gemaak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel