Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 4/1 bl. 32
  • “Julle het volharding nodig”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Julle het volharding nodig”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 4/1 bl. 32

“Julle het volharding nodig”

ONS het “volharding nodig” as ons “die vervulling van die belofte” wil ontvang (Hebreërs 10:36). Een Bybelkenner verduidelik dat die Griekse woord vir “volharding” wat die apostel Paulus in hierdie teks gebruik het soms “die vermoë van ’n plant om onder moeilike en ongunstige toestande te lewe” beskryf het.

In die berge van Europa groei daar so ’n plant. Interessant genoeg word dit ’n kanniedood genoem. Hierdie Alpynse plant lewe natuurlik nie vir ewig nie, maar dit volhard wel jaar na jaar en dra elke somer pragtige blomme. The New Encyclopædia Britannica verduidelik dat die plant die naam kanniedood gegee is weens sy “gehardheid en bestandheid”. (Die wetenskaplike naam vir hierdie plante van die genus Sempervivum beteken “lewe-vir-ewig”.)

Wat hierdie geharde plant so merkwaardig maak, is die feit dat dit in die mees onherbergsame plekke groei. Dit kan gevind word hoog teen berghange wat die aanslae van wind moet trotseer en waar die temperatuur in net 24 uur met tot 35° C kan daal. Dit kan in ’n rotsskeur wortelskiet waar daar net ’n klein bietjie grond is. Wat is van die plant se geheime om sulke ongunstige toestande te oorleef?

Die kanniedood het sappige blare wat water versigtig opgaar. Dit stel die plant in staat om ten volle gebruik te maak van al die vog wat van reën of gesmelte sneeu af kom. Daarbenewens groei dit in groepies wat hulle kragte saamspan om hulle stewig te anker in die rotsagtige grond. Deur in skeure wortel te skiet, het dit ’n sekere mate van beskerming teen die elemente, al is daar maar min grond. Met ander woorde, dit floreer deur moeilike omstandighede ten beste te benut.

Geestelik gesproke kan ons ons in omstandighede bevind wat sal toets hoe sterk ons volharding is. Wat sal ons help om ondanks beproewinge te volhard? Soos die kanniedood-plant kan ons die lewegewende water van God se Woord opgaar en noue omgang met ware Christene hê vir ondersteuning en beskerming. Bowenal moet ons, soos die Alpynse blom, met volharding vasklou aan ons “rots”, Jehovah, sowel as aan sy Woord en sy organisasie.—2 Samuel 22:3.

Die kanniedood-plant is waarlik ’n aantreklike herinnering daaraan dat ons selfs in ’n ongunstige omgewing kan volhard as ons van die beskikbare voorsienings gebruik maak. Jehovah verseker ons dat sulke volharding daartoe sal lei dat ons “die beloftes beërf” wat letterlik sal beteken dat ons vir ewig sal lewe.—Hebreërs 6:12; Matteus 25:46.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel