Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 3/1 bl. 29
  • Dokters, regters en Jehovah se Getuies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dokters, regters en Jehovah se Getuies
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 3/1 bl. 29

Dokters, regters en Jehovah se Getuies

IN Maart 1995 het Jehovah se Getuies twee seminare in Brasilië gereël. Met watter doel? Om die samewerking van mediese en regspersoneel te probeer verkry wanneer ’n hospitaalpasiënt een van Jehovah se Getuies is en nie ’n bloedoortapping kan aanvaar nie.—Handelinge 15:29.

Ongelukkig het dokters in sommige gevalle die wense van Getuiepasiënte geïgnoreer en hofbevele probeer kry om ’n bloedoortapping op hulle af te dwing. In sulke situasies het die Getuies alle beskikbare regsmiddele gebruik om hulle te beskerm. Maar hulle het samewerking bo konfrontasie verkies. Die seminare het dus beklemtoon dat daar baie vorme van behandeling is wat in die plek van homoloë bloedoortappings gebruik kan word en dat Jehovah se Getuies dit met graagte aanvaar.a

’n Vergadering van die Streekmedisyneraad van Sao Paulo het reeds die Getuies se standpunt ondersteun. In Januarie 1995 het hulle besluit dat die pasiënt wat ’n beswaar het teen ’n dokter se aanbevole behandeling die reg het om dit van die hand te wys en om ’n ander dokter te kies.

Dit is prysenswaardig dat daar nou honderde in Brasilië se mediese gemeenskap is wat bereid is om bloedlose behandeling te gee aan hulle pasiënte wat dit versoek. Sedert die seminare in Maart 1995 was daar ’n merkwaardige verbetering in die samewerking tussen dokters, regters en Jehovah se Getuies in Brasilië. In 1997 het die Brasiliaanse mediese tydskrif Âmbito Hospitalar ’n artikel gepubliseer wat daarop aangedring het dat Jehovah se Getuies die reg het om te verwag dat hulle standpunt ten opsigte van die bloedkwessie gerespekteer word. Volgens die Streekmedisynerade vir die state Rio de Janeiro en Sao Paulo word daar nou algemeen aanvaar dat “die dokter se plig om sy pasiënt se lewe te beskerm nie swaarder moet weeg as sy plig om die pasiënt se keusevryheid te verdedig nie”.

[Voetnoot]

a Sien die brosjure Hoe kan bloed jou lewe red?, uitgegee deur die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania, vir verdere inligting.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel