’n ‘Uitsonderlike’ byeenkoms word geprys
’N RADIO-OMROEPER in Lima, Peru, het ernstige bedenkinge oor Jehovah se Getuies gehad. Maar nadat hy een van hulle streekbyeenkomste bygewoon het, het sy gesindheid heeltemal verander. Trouens, hy was so beïndruk dat hy ’n paar gunstige opmerkings oor die radio gemaak het. Die volgende is uittreksels uit wat hy gesê het:
“Die byeenkoms was eenvoudig uitsonderlik. Daar was nie ’n enkele papiertjie op die grond of ’n verkoper in die omtrek nie. Daar was geen verkeersknope nie. Vyfduisend-tweehonderd mense het op hulle eie onkoste na die stadion gegaan, elkeen gewapen met emmer, lap, stoffer, skoppie, besem, handborsel, handskoene en reinigingsmiddel om die plek te was en te skrop. Waar verf nodig was, het hulle geverf. En wie betaal daarvoor? Hulle betaal self daarvoor! Wanneer hulle hoor van iets wat gedoen moet word, steek hulle almal onmiddellik die hand in die sak om by te dra. Een ding is seker, die Katolieke Kerk is vas aan die slaap waar dit by sulke sake kom. Ek wil Jehovah se Getuies en die organiseerders van hierdie geleentheid gelukwens. En ek wil uit die diepte van my hart vir hulle sê: Mag God julle help en julle seën.”
In stede regoor die wêreld sal Jehovah se Getuies vanjaar die “Goddelike lewenswyse”-streekbyeenkoms geniet. Sal jy daar wees?
[Lokteks op bladsy 32]
‘Daar was nie ’n enkele papiertjie op die grond nie’