Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 10/15 bl. 3
  • Glo alle geestelikes wat hulle ander leer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Glo alle geestelikes wat hulle ander leer?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Deel 4—Wanneer en hoe het die Drie-eenheidsleer ontwikkel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Glo Jehovah se Getuies in Jesus?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Waarom glo jy wat jy glo?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 10/15 bl. 3

Glo alle geestelikes wat hulle ander leer?

DIE vrou se man is kort tevore oorlede. Haar priester verduidelik dat haar man nie goed genoeg was om direk hemel toe te gaan nie, maar ook nie sleg genoeg om aan die helse vuur oorgelewer te word nie. Volgens die priester ondergaan hy dus straf totdat hy vir die hemel kwalifiseer. Sy betaal die priester om gebede te doen sodat haar man gouer uit hierdie plek van loutering vrygelaat kan word. Die weduwee is tevrede hiermee, aangesien sy voel dat die priester haar opregte oortuigings deel.

Dink jy dat die weduwee teleurgesteld sal wees as sy uitvind dat haar priester nie werklik glo dat mense ná die dood gestraf word nie? Baie mense is ontsteld wanneer hulle uitvind dat talle geestelikes self nie baie van die dinge glo wat hulle ander leer nie. Die National Catholic Reporter het ’n kwessie aangeroer wat hulle “’n ernstiger probleem vir die kerk as seksuele wangedrag” noem en gesê: “Onder die geestelikes oor die algemeen is daar so baie wat nie meer in die bestaan van God of in die leerstelling van belonings en straf of die opstanding glo nie . . . dat hierdie ongelowigheid ’n deel geword het van die atmosfeer in die kultuur van die geestelikes, amper soos besoedeling.”

Ander kerke het met ’n soortgelyke dilemma te kampe. ’n Opname onder predikante van die Anglikaanse Kerk het aan die lig gebring dat baie “nie in die grondbeginsels van die tradisionele Christelike geloof, soos die maagdelike geboorte, Jesus se wonderwerke en die tweede koms van die Messias, glo nie”, berig Australië se Canberra Times.

Godsdiensskrywer George R. Plagenz het gevra hoe ’n predikant met ’n skoon gewete ’n geloofsbelydenis kan aflê waarin hy self nie glo nie. Een predikant het gesê dat hy bloot die belydenis se openingswoorde “Ek glo” verander het. Hy het gesê: “Ek begin die belydenis deur te sê: ‘HULLE glo in God die Vader, die Almagtige . . . ’” Plagenz het sulke skynheiligheid “die grootste bedrogspul in die land” genoem.

Ongelukkig word baie mense as gevolg van sulke ongelowigheid en onopregtheid teleurgestel deur godsdiens in die geheel. Maar dit is nie die enigste ontstellende aspek van godsdiens vandag nie. Die meeste kerkgangers is geleer dat die Bybel die Woord van God is. Sal hulle verbaas wees as hulle uitvind dat party kerkleerstellings wat al lank aanvaar word nie Bybels is nie? Die volgende artikel sal een voorbeeld bespreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel