Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 5/15 bl. 32
  • Ouers maak kapsie teen ’n onderwyser se vooroordeel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ouers maak kapsie teen ’n onderwyser se vooroordeel
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 5/15 bl. 32

Ouers maak kapsie teen ’n onderwyser se vooroordeel

’n Laerskoolonderwyser in Cassano Murge, Italië, het vir sy leerlinge plakkertjies gegee om huis toe te neem. Hulle moes hierdie plakkertjies, waarop die volgende kennisgewing gestaan het, op die voordeur plak: “Ons is Katolieke. Ons vra dat Jehovah se Getuies nie aan hierdie deur klop nie.”

Party van die leerlinge se ouers, wat self nie Jehovah se Getuies is nie, het hewig kapsie gemaak teen die onderwyser se optrede. Volgens die tydskrif Muoviti Muoviti voel die ouers dat ‘hierdie soort boodskap wat aan kinders oorgedra word daartoe bydra dat hulle enigiemand verwerp wat ’n ander sienswyse het of dat hulle iemand verstoot omdat hy op godsdienstige gebied “anders” is’. Een ouer wat aan die tydskrif geskryf het, het die plakkertjie “die saad van onkruid, die dogter van onkunde en dwaasheid” genoem.

Soos hierdie berig toon, is daar talle redelike mense wat besef watter gevare dit inhou om saadjies van vooroordeel te saai. Hulle respekteer ook die Christelike bediening wat Jehovah se Getuies in die hele Italië en ook in die hele wêreld verrig. Waarom vra jy nie die Getuies ‘om ’n rede te gee vir die hoop in hulle’ nie? Hulle sal dit met graagte met jou bespreek, en dit met “diep respek” doen.—1 Petrus 3:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel